Nog tyd vir kommentaar oor wysigings aan vuurwapenwet

ammunisie-vuurwapenwet-vuurwapens

(Argieffoto: David Levêque/Unsplash)

Die spertyd om kommentaar te lewer oor die omstrede voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer is met 21 dae verleng.

“Ons bevestig dat ons opdrag gekry het om jou in te lig dat die minister van polisie [Bheki Cele] toestemming gegee het vir ʼn verlenging van 21 werksdae vir kommentaar om ingedien te word,” lui ʼn brief van die staatsprokureur se kantoor aan die prokureur Martin Hood.

Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, het bevestig dat die spertyd verleng is.

Sy het gesê meer inligting sal binnekort bekend gemaak word.

Daar was die afgelope ruk groot teenkanting teen die voorgestelde wysigings wat onder meer selfverdediging as rede vir die besit van ʼn vuurwapen sal skrap. Die wysigings sal ook ʼn groot uitwerking op sportskuts en jagters hê.

Sommige organisasies het selfs die voorgestelde wetsontwerp in die geheel verwerp.

Hood sê op Facebook sy kantoor het vroeër namens die Suid-Afrikaanse vereniging vir wapen- en ammunisiehandelaars (​SAAADA) en die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa) ʼn dringende aansoek op Cele en die burgerlike sekretariaat vir polisie beteken waarin hulle vra vir ʼn verlenging van die spertyd omdat daar tot dusver nie gereageer is op aansoeke wat ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien is nie.

Die verlenging is na beraadslaging tussen die partye toegestaan.

Hood sê hy hoop die regering sal die kwessie nou ernstig opneem en betekenisvol gesprekke voer oor die voorstelle en hoe die wetgewing reggestel kan word.

Die oorspronklike spertyd vir kommentaar sou aanvanklik vandeesweek verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie sogenaamde ondeurdagte plan van die regering om redes wat net aan hulle komunistiese ideologie voldoen sal faal net soos hulle tol pad fiasko.

Werner ·

Natuurlik moet die wet in sy geheel verwerp word dit is n klomp twak.Die wet gaan net meer konflik veroorsaak as wat die land kan bekostig.

Pieter ·

Ons sit met menisters wat net graad een op skool klaar gemaak het. Dit gaan orals in afrika so hulle kan en sal nooit n land kan best nie. Die anc best die land as of dit n spaza shop is.

SomeOne ·

die groep wat die vuurwapenwet wil verander moet na hul skole teruggaan en die onderwysers om verskoning vra dat hulle hul tyd gemors het

SomeOne ·

om aknee of ‘n pitsweer skoon te kry , moet jy van die ‘pit” ontslae raak,
pit gespel cele

Persheks Adri ·

Jy maak my dag SomeOne! Lekker lag ek nou vir jou pit opmerking jou legende!

Persheks Adri ·

Ek verwerp ook die wet in totaal! Geen regdenkende mens kan dat ons sonder wapens loop in die land nie. Ons weet klaar wat hulle plan is so NEE!

Die Boerepompie ·

Kan nie vir staan hoelom nou juis jou spord wapens en jag wapens maar die wat gevang word met onwettige wapens kom los hoe dink die

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.