Nóg uitstel vir SAL-sakereddingsplan

(Argieffoto: flysaa/Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingspraktisyns het nóg ʼn verlenging gekry vir die vrystel van sy plan vir die sukkelende nasionale redery.

Sakreddingspraktisyns Siviwe Dongwana en Les Matuson het Donderdag gesê hulle het toestemming van die SAL se krediteure gekry om dit nou tot 29 Mei uit te stel.

Dit is die sakeredders se tweede uitstelfase.

Die plan moes aanvanklik op 28 Februarie voorgelê word, maar die sperdatum is daarna tot 31 Maart verleng.

Die SAL het in Desember in vrywillige sakeredding gegaan. ʼn Hele stel maatreëls word bespreek om sake by die staatslugdiens te probeer beredder. Dit sluit grootskaalse afleggings in – ʼn voorstel wat allermins deur vakbonde verwelkom is. Die regering het ook sy neus opgetrek vir ʼn voorstel dat roetes verminder word in ʼn poging om geld te bespaar.

Die sakereddingspraktisyns het in Januarie sowat R3,5 miljard in finansiering by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika bekom.

Die SAL het weens ʼn lae aanvraag in kaartjiebesprekings in Januarie al sommige vlugte begin kanselleer of dit saamgevoeg. Woensdag het die lugdiens ook aangekondig dat hy weens die uitbreking van Covid-19 en die staat van inperking wat afgekondig is, nou álle vlugte kanselleer.

Vlugte gaan na verwagting op 16 April, ná die 21 dae lange afsonderingstydperk, hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanncb ·

En na die Algehele Inperking vra hulle vir nog kapitaal!

Pieter J ·

Hulle is besig met kat en muis speletjies. Hulle weet SAA kan nie meer gered word nie en probeer tyd wen vir die ANC regering wat nie wil afstand doen van SAA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.