Nog uitstel vir Zondo oor laaste verslag

Hoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die Pretoriase hooggeregshof het uitstel van nog ses weke aan die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van hoofregter Raymond Zondo, toegestaan. Die aanvanklike spertyd was 30 April.

Die kommissie het vroeër ʼn dringende hofaansoek ingedien vir nog tyd om sy uitstaande verslag te finaliseer. Die nuwe spertyd vir die afhandeling van die vyfde en laaste aflewering is nou 15 Junie nadat die hof die onbestrede aansoek toegestaan het.

Die vierde gedeelte van die verslag sal na verwagting Vrydag aan die presidensie oorhandig word. Luidens berigte sal hierdie gedeelte van die verslag onder meer fokus op die SAUK, die berugte Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis, die Estina-suiwelprojek en die Passasierspooragentskap (Prasa).

Die verslae wat reeds bekend gestel is, het verdoemende bevindings oor verskeie ander staatsbeheerde instellings gemaak. Die derde deel van die verslag is in Maart bekend gemaak, het byna ʼn duisend bladsye beslaan, verskeie ministers onder verdenking geplaas en onder meer korrupsie by Bosasa blootgelê.

Die Zondo-kommissie is in 2018 op die been gebring en die werk daarvan is reeds etlike kere verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Nog uitstel, nog ‘n paar honderd duisend rand. Hoekom nie ?

Johann

Lekker man. Nog n paar miljoen om die obvious nog uit te stel. Wat van hy doen dit verniet en wys hys ernstig oor actually iets DOEN om sy korruote gabbas te vervolg?

Diline

O ee, hierdie uitstellery gaan ook vir ewig aanhou!!!!!!!!!!

Renier johannes

Van uitstel kom afstel normaal in die anc

Pietertjie

Ek moet my neus toedruk, anders kry ek ‘n Zuma klankie.