Nog vas ná geweld op Musina

Die betogings in Musina. (Foto: Verskaf)

Nog vyf mense is in hegtenis geneem weens die onlangse onluste op Musina in Limpopo.

Dit bring die getal inhegtenisnemings op nege te staan.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die groep wat nou aangekeer is, het na bewering probeer munt slaan uit die betogings wat verlede week in die distrik opgevlam het.

Die verdagtes het motoriste glo snags as deel van sogenaamde onwettige tolhekke voorgekeer en kontant by hulle geëis. Motoriste wat geweier het om te betaal, se voertuie is beskadig en in sommige gevalle is mense selfs aangerand.

Die verdagtes, almal tussen 20 en 36 jaar oud, word nou van openbare geweld, brandstigting en opsetlike beskadiging van eiendom aangekla. Hulle sal na verwagting later vandag in die landdroshof op Musina verskyn.

Maroela Media het vroeër berig inwoners het verlede week opgeruk weens ’n tekort aan water op die dorp.

Motorbande is in die strate aan die brand gesteek, voertuie is plek-plek onder klippe gesteek en talle paaie is weens die betogings gesluit. Verskeie ondernemings is glo in die proses besteel en ʼn polisievoertuig is beskadig.

Die betogers het ook ʼn munisipale trekker en verskeie munisipale geboue aan die brand gesteek.

Ledwaba het vanoggend gesê die situasie is in dié stadium kalm en die polisie hou dit fyn dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Ekt dit al verskeie kere gevra: Hoekom tree SAP nie pro-aktief op en wag eers dat skade veroorsaak word?
Die betoging gemors op paaie moet nou einde kry! Kry ruggraat Mnr Ramaphosa!!!

Marius ·

Daar was in die verlede ook sulke onwettige tolhekke deur die gemeenskap na die Wildtuin se Pafuri hek opgerig. Ek wonder of dit al verwyder is.

melaney ·

Ons kan enige kant toe redeneer, hierdie land is totaal en al op sy knieë.

Nie Verbaas ·

Dit is vir sekeres moeilik om in n beskaafde samelewing te leef want hulle beskik nie die vermoë om te redeneer en so probleme op te los nie. Tog stem hulle oor en oor vir dieselfde gemors. Intellek van n skilpad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.