Nog vas oor geweld by Phalaborwa-myn

Geboue is tydens die oproer aan die brand gesteek of beskadig. (Foto: SA Polisie)

Die polisie in Limpopo het nog drie verdagtes aangekeer in verband met verlede maand se gewelddadige betogings by ʼn myn in die Phalaborwa-omgewing.

Eiendomme is aan die brand gesteek en ander beskadig toe lede van die Business Community Forum (BCF), ʼn werkloosheidsforum op die dorp, begin betoog het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê 14 mense is tot dusver aangekeer – 11 van hulle reeds einde verlede maand. Die groep het reeds in die hof verskyn op aanklagte van betreding, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Hulle bly in aanhouding tot hulle weer volgende week in die hof verskyn.

Altesame 14 mense is tot dusver in verband met die geweld aangekeer. (Foto: SA Polisie)

Die drie verdagtes wat Vrydag aangekeer is, sluit die voorsitter van die BCF in. Hulle staan tereg op soortgelyke aanklagte en verskyn na verwagting Maandag in die hof.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof in Limpopo, het ʼn beroep op die polisie gedoen om genadeloos te soek na diegene wat betrokke is by die geweld en het hulle geloof vir die inhegtenisnemings wat reeds gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

tweeling ·

Dis reg brand die kantoor af wat more jou salaris moet betaal – pateties

JM ·

Verwoes, brand af, dan kan hulle nie verstaan waarom daar nooit vooruitgang sal wees nie.

lodewyk ·

Kom ons demand werk,as ons nie kry nie ,brand alles af sodat niemand anders kan werk nie,dus hoe hulle redineer,buitelandse belegers is besig om op n tou te staan om uit SA te ontrek,want idiote soos die gaan nog eendag bedel vir kos vannaf die einste lande wat hulle belegings ontrek het,kyk maar na die res van Afrika

Kokerboom ·

Die waarde van eiendom en geld bestaan NIE in die “our people” se verwysingsraamwerk. So ook die konsepte soos toekoms en onderhoud! As ons dir na 300 jaar nog nie verstaan , sal ons nooit!!
Onbegryplik ook is die gebrek aan of trae reaksievermoeë van die SAPS! Hoekom moet dinge eers vernietig of afgebrand word voor hul optree. Is die begrip te hoog vir Cele? Hoekom sien en hoor mens niks van die Kommissaris van Polisie? Bestaan hy/sy nog?

Johan ·

Glo dit as jy wil,maar hy is steeds daar,maar ons verwag nòg ń kommissarexit binnekort,want….lees maar jou koerant…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.