Nog verdagtes aangekeer oor dodelike transitorooftog

(Argieffoto: Kent Williamson)

Vier verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem in die ondersoek na ʼn dodelike transitorooftog op 12 Augustus in die Nasrec-gebied.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sê die ondersoek word uitgevoer deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek in samewerking met misdaadintelligensie en die Ekurhuleni-metropolisie.

“Volgens die voorlopige ondersoek het die bestuurder van die transitovoertuig in Nasrecweg gery toe ʼn groep gewapende mans skielik op die span gevuur het. Die bestuurder kon bly ry tot die voertuig tot ʼn stilstand gekom het. Die verdagtes het die veiligheidswagte van hul selfone en een vuurwapen beroof voor hulle met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug het.”

Die Johannesburgse blitspatrollie het vinnig reageer en die verdagtes is in drie voertuie, ʼn BMW, ʼn Nissan Navara en Toyota Fortuner, opgemerk. “Daar was ʼn skietery tussen die verdagtes en die polisie en vier van die verdagtes, Vusumuzi Mosses Botile (40), Sibongiseni Remember Hlengwa (41), Mandlenkosi Freeman Zikhali (42) en Hector Sihle Buthelezi (46) is noodlottig gewond.”

Luyanda Mzizi (30) is op die toneel in hegtenis geneem.

“Verdere ondersoek het daartoe gelei dat Bongani Jele (45) ʼn paar dae later in hegtenis geneem is. Dié twee het intussen op 23 Augustus in die Johannesburgse streekhof verskyn. Hul saak is tot 31 Augustus uitgestel vir ʼn aansoek om borgtog.”

Nog twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 37 jaar oud, is intussen Woensdag ook in hegtenis geneem. “Beamptes het ook beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens. Die twee sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.”

Die groep staan tereg op aanklag van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van vuurwapens en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

efjy ·

Op grond waarvan kry iemand wat op heterdaad, deur die polisie, betrap is, borgtog gegee? Die persoon staan tereg op poging tot moord. Deur op die voertuig se insittendes te skiet het hy sy intensie om te moor openbaar.

Prikkie ·

Moenie jou asem ophou nie. Hulle is uit daardie selle vinniger as wat jy staatskaping kan sê.

Di ·

Stem saam! Wonder baie WIE regtig agter al hierdie rooftogte sit

SjN ·

Goed gedoen, laat hul sing, hul ken mos hul mede makkers, keer hul ook aan.

Jack ·

Soos dinge nou in die land gaan is ek dankbaar dat daar darem n klomp is wat nie die hofsaak gaan bywoon nie. Opmerklik dat dit nie meer net jongmense is wat by hierdie rowe betrokke is nie. Hulle is nou deur die bank moorddadig en behoort nie genade te kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.