Nóg verligting by petrolpompe voorspel

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Vakansiegangers wat ná 1 Januarie huis toe ry, kan verwag om met hul terugreis aansienlik minder aan brandstof te bestee as toe hulle met vakansie vertrek het.

Die Automobiel Assosiasie (AA) verwag brandstofpryse kan weer skerp daal, maar die rand-dollar-wisselkoers kan wel nog die pret vir motoriste bederf, het die AA in reaksie op ongeouditeerde brandstofprysdata gesê wat die Sentrale Energiefonds Vrydag uitgereik het.

“Die Suid-Afrikaanse brandstofprys moet nog ten volle inhaal by die aansienlik laer internasionale petroleumpryse, wat op die vlak gebly het wat hulle begin Desember bereik het,” sê die AA.

Maar ʼn skerp afname in die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar word sedert 4 Desember waargeneem. “Ons [by die AA] sal dié tendens die res van die maand fyn dophou.”

Die rand het sy sterkste vlak van R13,70 teen die dollar in die eerste week van Desember bereik en daarna aansienlik verswak tot R14,50 op 11 Desember, voordat dit effens verstewig het.

As die rand sy huidige vlak kan handhaaf, behoort petrol vanaf Woensdag 2 Januarie R1,19/L minder te kos, diesel R1,44 en paraffien R1,32.

Dis danksy die steeds dalende internasionale ru-olieprys, wat 95% bydra tot die verbeterde brandstofpryse wat vir Januarie voorspel word. Die rand se verstewiging dra net sowat 5% by.

Die petrolprys in Gauteng het in Oktober en November by R16,85/ℓ vir 93-oktaan gaan draai. Die verwagte R13,83/ℓ in Januarie is die tweede laagste vlak die afgelope 12 maande, want in Maart 2018 was die petrolprys R13,54/ℓ, waarna dit elke maande tot Oktober gestyg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leser ·

wat ‘n verligting maar ook ‘n groot waarskuwing, na januarie gaan die petrol prys meer wees as wat dit reeds was (r16.85) per liter

GM ·

Jaco, gaan kyk na al die vorige jare se ‘speletjies’ van die regering met petrolpryse ens. Voor mense op vakansie gaan, kom die pryse af. As hul moet terugkom, skiet dit gewoonlik die hoogte in. Soos Joshua sê: “Logika”.

Anel ·

Verkiesingsfoefie!!! Probeer stemme werf. Dink ons is dom!!!!

Karolis ·

Ek kan nie se op of af nie maar een ding is meer feitlik as logika, jy kan nie ‘n woord glo wat van die regering se kant af kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.