Nog verligting vir motoriste verwag

petrolpomp 2

Argieffoto.

Motoriste kan in Maart nog ʼn daling in die brandstofpryse te wagte wees.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ʼn verklaring gesê gebaseer op die middel-van-die-maand, ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, blyk dit dat daar verdere verligting op motoriste wag.

“Internasionale oliepryse het sedert die begin van Februarie skerp gedaal. Die rand/dollar-wisselkoers het oor dieselfde periode rondom R12 verhandel.”

Volgens die AA kan die petrolprys met sowat 28c per liter verminder, diesel met 36c per liter en paraffien met 21c per liter.

“Die bedanking van Jacob Zuma as president van Suid-Afrika het tot gevolg gehad dat die rand verbeter het en ons verwag dat dit ʼn bykomende impak op die brandstofpryse sal hê voor die einde van die maand.”

Die AA het egter gewaarsku dat die regering steeds enorme verliese het te danke aan belastinginvorderings, wanbestuur by ondernemings in staatsbesit en ʼn stygende skuldlas. “Die land staar ook steeds ʼn moontlike kredietafgradering in die gesig wat ná volgende week se begroting kan gebeur.”

Die prys van petrol (alle grade) het aan die begin van Februarie met 30c per liter gedaal en diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.05% en 0.005%) met 17c per liter.

Brandstofpryse het in Januarie ook gedaal. 93-oktaan petrol het met 29c per liter gedaal, 95-oktaan petrol met 34c per liter, 0,05%-sulfaat diesel met 22c per liter en 0,005%-sulfaat diesel met 26c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

As ons nog ‘n paar kan kry om te bedank betaal ons een van dae weer R4,50 ‘n liter….

Hoop net.... ·

As die kos pryse ook net wil af kom, ek kan nog loop maar ek kan nie petrol, diesel of parrafien drink of eet nie. So ek hoop net dit kom ook af……

martin ·

Die 28c is belaglik. Die Rand versterk en olieprys daal. Die petrol moet al R1.30 goedkoper wees :-(

Hannelie ·

Dis darem ‘n bietjie verligting, dit bly nogsteeds duur. Stem saam met Hoop net…. kos se pryse kan ook maar afkom.

Naas ·

Dit is nogal ironies dat in die artikel genoem word dat wanbestuur n uitwerking op die bepaling van die brandstof prys kan he, of lees ek die stelling verkeerd.

Jan ·

Gaan die kos se Pryse ook n slag n bietjie af kom???? Elke keer as petrol op gaan gaan kos op

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.