Nóg vier dood op SA se paaie

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mans en ʼn vrou, almal glo in hul laat 20’s, is Woensdag in ʼn botsing op die N1 naby Heuningspruit in die Vrystaat dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het by die toneel opgedaag en die wrakke van twee motors gesien. In elke motor was vier mense vasgekeer.

“Paramedici het vasgestel dat al vier insittendes in een van die motors reeds aan hul beserings beswyk het. Die brandweerdienste is ontbied om die vier oorlewendes met meganiese toerusting uit die ander motor te sny,” het sy gesê.

Die man, vrou en twee tieners in die ander motor is gestabiliseer en na die hospitaal gehaas. Bodasing wou nie bespiegel oor die oorsaak van die ongeluk nie en het gesê die polisie sal die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Trompop botsing(?) wat gewoonlik fataal is. Baie dankie aan diegene wat hard probeer om ons paaie veiliger te maak.
Daar word in padblokkades gekyk en getoets vir ‘n vale vir padwaardigheid en die toestand van bestuurders waarmee ek geen probleem het MAAR:
1. Hoe word daar getoets vir roekelose/nalatige bestuur? Ek dink hier aan stopstrate- / rooilig verontagsaming, verbysteek op gevaarlike plekke ens.
2. Waar is die beamptes werksaam buite vakansietyd? Dan selde of ooit is hulle te siene.
3. Verkeersopvoeding op skolevlak sodat die kleintjie vir pa/ma kan sê: “Jy ry darem nou onverskillig !!”
Ek stel voor dat gewone motoriste uitgesoek word om dan met kameras toegerus te word om sodoende by te dra tot padveiligheid.

Tiki Jordaan ·

Ons was gister weer op die N1-hoofweg op pad huis toe vanuit die Kaap.
Om gedurende enige vakansietyd op ons paaie te reis, bly eenvoudig lewensgevaarlik.
Dit word tyd dat daar van nuuts af besin word oor metodes om ons paaie veiliger te maak. Mynsinsiens is ons grootste probleem die ontwrigting wat die honderde groot vragmotors wat mens op so ‘n rit teekom, op verkeersvloei uitoefen, met die gevolglike gevaarlike situasies wat daaruit ontstaan.

Ek dink terug aan ‘n soortgelyke rit wat ons jare gelede gedurende die kersvakansie aangepak het toe die land se vragmotorbestuurders gestaak het – GEEN vragmotors op die pad nie ! Die rit was ontspanne, die verkeer het gevloei soos mens dit graag sou wou ervaar en bestuurders het mede-bestuurders tegemoetgekom deur toe te gee waar omstandighede dit vereis het. Wat ‘n plesier was dit nie !

Die oplossing le^ duidelik daarin dat wetgewing ingestel moet word (soos dit al in vele ander dele van die wereld gedoen word) om vragmotors net op sekere dae (bv net dae met onewe datums) gedurende die Desember- en April-vakansies toe te laat om op die pad te wees. Bestuurders kan dan self besluit of hulle op die “vragmotor-dae” gaan reis en of hulle eerder op die veiliger “vragmotor-vrye dae” wil reis.

Uiteraard moet ‘n aksie geloods word om wetgewing soos hierdie in plek te kry. Die vraag is net, sal Afriforum bereid wees om dit aan te voor ?

Peet Schabort ·

Definitief ‘n belangrike punt Tiki. Met die spoorweë wat al jare nie bestaan is die vragmotors ‘n groot gevaar. Selfs al kan net verpligte aftrekpunte aangebring word om verkeer te laat verbygaan sal ook al help. Daar is egter slimmes wat beter weet as die gewone motoris.
Ek vind ook al meer dat daar ‘n gebrek is aan belangrike verkeerstekens. Een hiervan is naby Ocumed (ooghospitaal) Vanderbijlpark waar jy uit Ravelweg maklik in die rigting Sasolburg aan die verkeerde kant van die snelweg kan beland. Dis seker al vir ses jaar so en die Emfuleni munisipaliteit steur hulle net nie aan hierdie gevaarpunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.