Nóg vier dood op SA se paaie

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mans en ʼn vrou, almal glo in hul laat 20’s, is Woensdag in ʼn botsing op die N1 naby Heuningspruit in die Vrystaat dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het by die toneel opgedaag en die wrakke van twee motors gesien. In elke motor was vier mense vasgekeer.

“Paramedici het vasgestel dat al vier insittendes in een van die motors reeds aan hul beserings beswyk het. Die brandweerdienste is ontbied om die vier oorlewendes met meganiese toerusting uit die ander motor te sny,” het sy gesê.

Die man, vrou en twee tieners in die ander motor is gestabiliseer en na die hospitaal gehaas. Bodasing wou nie bespiegel oor die oorsaak van die ongeluk nie en het gesê die polisie sal die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Trompop botsing(?) wat gewoonlik fataal is. Baie dankie aan diegene wat hard probeer om ons paaie veiliger te maak. Daar word in padblokkades gekyk en getoets vir ‘n vale vir padwaardigheid en die toestand van bestuurders waarmee ek geen probleem het MAAR: 1. Hoe word daar getoets vir roekelose/nalatige bestuur? Ek dink hier aan stopstrate- / rooilig verontagsaming, verbysteek op gevaarlike plekke ens. 2. Waar is die beamptes werksaam buite vakansietyd? Dan selde of ooit is hulle te siene. 3. Verkeersopvoeding op skolevlak sodat die kleintjie vir pa/ma kan sê: “Jy ry darem nou onverskillig !!” Ek stel voor dat… Lees meer »

Tiki Jordaan

Ons was gister weer op die N1-hoofweg op pad huis toe vanuit die Kaap. Om gedurende enige vakansietyd op ons paaie te reis, bly eenvoudig lewensgevaarlik. Dit word tyd dat daar van nuuts af besin word oor metodes om ons paaie veiliger te maak. Mynsinsiens is ons grootste probleem die ontwrigting wat die honderde groot vragmotors wat mens op so ‘n rit teekom, op verkeersvloei uitoefen, met die gevolglike gevaarlike situasies wat daaruit ontstaan. Ek dink terug aan ‘n soortgelyke rit wat ons jare gelede gedurende die kersvakansie aangepak het toe die land se vragmotorbestuurders gestaak het – GEEN vragmotors… Lees meer »