Nog vier ‘renosterstropers’ vas

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Vier mans wat glo op pad was om ʼn renoster in die Hoedspruit-area te stroop is in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veiligheidswag het onraad vermoed en die vier mans voorgekeer. “’n Veiligheidswag by die Oos-hek-kontrolepunt het twee mans in ʼn Volvo voorgekeer en hulle gevra om die motor te deursoek, maar hulle het verskeie verskonings gehad oor hoekom die motor nie deursoek mag word nie.”

Volgens Otto het die veiligheidswag hulp ontbied en ʼn veldwagter wat in die area was het ook kom bystaan. Die motor is deursoek en twee mans is in die kattebak gevind. Die polisie is ontbied. “’n 3.75-jaggeweer, ʼn knaldemper, ammunisie, jagmesse en ʼn byl is ook in die motor gevind,” het Otto gesê

Die vier mans is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om renosters te stroop en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die polisie in Limpopo het Dinsdag ook vier mans in hegtenis geneem vir renosterstropery. Dié mans was glo ʼn renoster op ʼn plaas in Lephalale (Ellisras) stroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre Celliers ·

Mooi so Limpopo Polisie!!
Vat hulle vas en raak ontslae van die gemors!!
Hierdie barbare het nie die vaagste benul waaroor
bewaring gaan nie! “Bewaring” is nie, en was nog nooit
in hulle woordeskat nie!!

Grassie ·

Dit is lekker om vir ‘n verandering ‘n stukkie goeie nuus te lees, veral na die afgelope paar dae se ellende.
Daar is net een sakie wat so ‘n bietjie pla – as ek reg onthou is daar so ‘n tydjie gelede ook ‘n .375 jaggeweer met ‘n knaldemper in renosterstropers se besit gevind. Ek hoop nie dit is dieselfde geweer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.