Nog vier SAUK-joernaliste gepos

Foeta Krige, Thandeka Gqubule, Suna Venter en Jacques Steenkamp. Foto: @SolidariDirk/Twitter

Foeta Krige, Thandeka Gqubule, Suna Venter en Jacques Steenkamp. Foto: @SolidariDirk/Twitter

Die SAUK het nog vier joernaliste in die pad gesteek, omdat hulle glo nie die bestuur van die SAUK respekteer nie en “voortgaan om die bestuur se gesag te ondermyn”.

Dit beteken al agt joernaliste, wat vroeër geskors is en wat dissiplinêr verhoor sou word, nou finaal afgedank is. Maroela Media het vroeër berig Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp het almal Maandag afdankingsbriewe ontvang. Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is Dinsdagoggend ook afgedank.

In die afdankingsbriewe, wat aan die agt joernaliste gestuur is en wat sedertdien wyd op sosiale media versprei is, word gemeld dit is algemene kennis dat die joernaliste nie die bestuur van die SAUK respekteer nie en dat hulle voortgaan om die SAUK en die bestuur se gesag te ondermyn. Volgens die SAUK is die joernaliste se wangedrag “onhoudbaar” en daarom word hul dienste onmiddellik beëindig.

Talle mense het woedend op sosiale media reageer oor die afdankings en hul ondersteuning aan die joernaliste uitgespreek. ʼn Fonds is ook intussen op die been gebring om die joernaliste te help om hul maandelikse finansiële verpligtinge na te kom terwyl die afdankings in die hof beveg word.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër Dinsdag aan Maroela Media gesê die afdanking van die joernaliste is onwettig en dit lyk asof die SAUK-bestuur hulself bo die wet ag.

Betoging buite die SAUK se kantoor op 1 Julie 2016. Foto: @DanniTwiet/Twitter

Betoging buite die SAUK se kantoor op 1 Julie 2016. Foto: @DanniTwiet/Twitter

Solidariteit het stukke by die arbeidshof ingedien waarin gevra word dat die skorsings en dissiplinêre verhore van die joernaliste opgeskort word hangende die beregting van die verskillende regsprosesse teen die SAUK se sensuurbeleid. Die SAUK moes voor Maandag 18 Julie om 17:00 aandui of hy dit gaan teenstaan. In plaas daarvan om die hofprosesse te volg, het hulle die joernaliste eensydig, sonder ʼn verhoor en per brief, summier afgedank.

Solidariteit sou eerskomende Donderdag voor die arbeidshof verskyn om ʼn tydelike interdik teen die skorsings en dissiplinêre prosesse te bekom. Die vakbond gaan nou sy aansoek aanpas en ook vra dat die besluit om die joernaliste af te dank, dringend ter syde gestel word.

Die mediavakbond Bemawu sal namens Ntuli en Calata ook ʼn dringende aansoek voorberei, wat glo saam met Solidariteit se aansoek aangehoor sal word.

Intussen het die VF Plus Dinsdag ʼn brief aan die hoofsweep van die parlement, Jackson Mthembu, gerig, waarin die party dringend ʼn noodvergadering van die parlementêre portefeuljekomitee verantwoordelik vir die SAUK en die Uitsaaiwet versoek om “die magsdronk SAUK-leiers tot hul sinne bring”.

Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die afdanking van die agt joernaliste, voordat enige regstappe voltooi is, dui op die diktatoriale bestuurstyl wat tans by die SAUK heers. “Die les wat die SAUK se leiers gaan leer, is dat as jy een keer jou nuus-geloofwaardigheid in die publiek se oë verloor het, jy dit baie moeilik ooit weer kan terugkry. Dit is besig om tans by die SAUK te gebeur,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Christo ·

Staak betaling van TV lisensies onmiddelik. Die geld stroompie wat sodoende opdroog, mag hulle moontlik net tot hulle sinne spreek.

Chris Ws ·

Christo dit sal niks help nie.As die sabc geld nodig het gee die regering eenvoudig vir hulle wat hulle wil he van BELASTINGBETALERS se geld!Die hele spul is so korrup dis nie waar nie.
En die destydse NP regering het seker gemaak deur wetgewing tov tv lisensies in 1975 dat jy vervolg sal word.En hulle sal dit met graagte doen tensy jy in ‘n “informele nedersetting” bly natuurlik.

Steven Siege ·

Man ek lag so lekker, hulle gaan sleg tweede kom nadat die hof klaar is met hulle. Net jammer ons belasting betalers sal vir hulle stupid-heid moet betaal.

Drikus ·

Dis reg. Stem saam met Christo. Ons betaal geen verdere TV lisensies en stop advertensies. Hlaudi sê mos hy steur hom nie aan die openbare mening nie. Kom ons wys hom dan hoe lyk die mening in Rande.

lizaan ·

Ek stem saam jou Christo ons betaal ons TV Lisensie en dan vat hulle ons regte weg!!!! Die SAUK het nou hulle waare klere gewys hulle word al hoe swaker. Alles word weg gevat ek hoop hulle sluit die SAUK ek Is tevrede met U Tube En DVD’S ek sal nie weer betaal nie !!!!!!!!!!!

hans brits ·

Ek gaan ook nie betaal nie,hulle wil nou die mugabe regime op ons toepas,wat gaan aan met hulle.?kyk in elkgeval nie die gemors wat hulle aanbied nie.

Cherokee ·

Wat verstommend is, is dat die anc klaarblyklik happy is met wat gebeur by die sauk.

Gert ·

Natuurlik sal dit die anc se goedkeuring wegdra.Zuma en die grootbaas vd sabc is darem maar lekker hand op die blaas met mekaar.

Cherokee ·

Dit behoort nie ‘n faktor te wees nie. In ag genome dat Zuma gegradueerd is behoort hy meer profesioneel te wees. Ek meen…. jimmel, hy is ‘n man met nie net een graad nie maar 2. Hy het graad 1 en daarna ook graad 2 voltooi!

JC ·

Wat verstommend is, is dat hul/hy dink hul/hy gaan hiermee wegkom. Wanneer; en indien; die saak by die Konstitusionele Hof uitkom gaan die Regters die SAUK en ‘n sekere hlaudi BLAAS!!!!!!!! Sommer met ‘n kostebevel teen genoemde persoon dink ek.

Gert ·

Gelukkig het ek 5 jaar gelede opgehou om na enige program op sabc te kyk.Dis inelkgeval n klomp snert wat hulle aanbied.So wat hulle ookal doen skeel my min.

Ben ·

Gedurende staatsgrepe word die uitsaaier eerste geteiken en nasionaliseer. Dit word dan die spreekbuis van die wat die gtreep toepas. Die uitsaaier word daarna met ‘n ystervuis regeer. Wat nou by die SABC aangaan maak my bekommerd. Die werk wat ons gehad het, taal, eiendom, vryheid van spraak, sport en nog baie ander het alreeds deurgeloop. Wat gebeur volgende ? Wat gaan die nuwe teiken wees? Dalk my Godsdiens en my kerk!

Theuns ·

Ben, jy maak ‘n goeie punt. Is die goed wat by die SABC aangaan dalk die aanloop tot ‘ n staatsgreep? Wat weet die ouens in die ANC wat ons nie weet nie? Wat beplan hulle? ZUMA is darem baie stil oor alles wat by sy spreekbuis gebeur! Hy (Zuma) lyk ook heeltemal te gelukkig !!!

Bravo16 ·

Hulle wil nie he ons moet sien hoe die land brand nie. Stakings-Suid Afrika op FB hou my maar op hoogte.

Lh ·

Heeltemal normaal vir Afrikalande. Lenin sou trots wees op sy ideologie uitvoering.

Loeis ·

Die party wat sms’e uitstuur wat lui dat ‘n stem aan kleiner partye ‘n vermorsing is, skuld ons almal ‘n verskoning: hulle is pas (weer) verkeerd bewys. Lees gerus weer hierbo.

Stel jou belange eerste op 3 Augustus.

Nico ·

Ja ek het dieselfde gedink toe die ongenooide SMS met vals propaganda arriveer….

Anoniem ·

Waar kry daardie party die selnommers om die sms’e te kan stuur?

Lida ·

Hier kom pêrre !!! Hofaansoek op hofaansoek !! Ai hulle leer ook nie.

Pammy ·

Net nog n Zimbabwe ! Selfde met SAA, ESKOM, al die staatsbeheerde instansies en departemente is die een sirkus op die ander !

Johann ·

Stem uit noodsaak saam met die keuse om sulke kwessies via ‘n regsproses te beredder. Wat verbeisterend behoort te wees, is die geld( belasting) wat aangewend word om die magsmal hand poppe en hul operateurs in herhaalde hofgeding na hofgeding te verteenwoordig. Maar dan is dit hoogswaarskeinlik deel van die selftoege eiende “reg” tot staatskoffers wat die ANC amptenare melk en melk en melk…

Loeis ·

Jy is heeltemaal reg, Johann. Dirk Herman het wel gesê dat hulle die SAUK hoof ook in sy persoonlike hoedanigheid gaan aanspreeklik hou.

Dan gaan daar ‘n geween en ‘n gekners op tande wees, en alles ten beste.

pieter ·

MY MEDE BLANKE LANDSBURGERS ONS HET DIE STRYD IN 1994 VERLOOR DAAR GAAN NIKS VAN KOM NIE EN DINGE GAAN ERGER WORD.

Martin ·

HOU OP OM TV LISENSIES TE BETAAL.!! KANSELLEER JULLE DEBIETORDERS.

Hennie ·

Gaan defnetief my debietorder ten gunste van SAUK kanselleer!

Carel ·

Die lisensie geld is maar gedeelte van die oplossing . Ek het nog ‘n byvoeging op so plan, begin ‘n veldtog onder die adverteerders om advertensies te stop. “As mens nie die nuus kan vertrou hoe kan jy die adverteerders se produkte vertrou ?”

Joann ·

Dit help nie mens se stop om lisensies te betaal nie want 99% van ons land se mense is TV slawe. Iets wat my glad nie pla nie,ek lees eeder n boek.

George ·

Die bestuur van SABC het met hierdie daad hul ware kleure gwys!!Hulle het nie idee wat in die werklike lewe aangaan nie. Hoe dank jy iemand af sonder behoorlike disiplinêre verhoor?

Johan ·

Ek mag nie my plaasarbeider afbetaal sonder n verhoor nie. Hy is volgens wet geregtig om sy kant van die saak te stel al het ek hom gevang steel.

Lance ·

Ek kry so lekker want die slim man kos die anc lekker baie stemme …sy plan is om homself gefirevte kry met n goue handdruk ….sal sien waar dit die anc los …die publiek is nie meet so dom soos die anc dink nie !

Johan van Drimmelen ·

SABC het Afrikaanse nuus om 7 slegs 1x in belang van sokker geskuif. Daarna het ek nog nooit weer na SABC nuus om 7 gekyk nie. Jy skaad die lojaliteit van jou TV-kykers slegs 1x en dan verloor jy jou kliënte basis vir ewig.

Andre K ·

Waaroor sal die grootbaas van SABC hom aan reels en hofuitsprake steur ? Die leier van die “volk” wys mos openlik dat reels net bestaan wanneer dit hulle pas.

Adriaan ·

Wat van adverteerders ontrek hulle advertensies en die publiek boikot diegene wat met advertensies voortgaan. Geen advertensie inkomstes sal die SABC lamlê.

Sarel Strydom ·

Eerstens kan julle vandag luister na my woorde, hierdie ou is op pad Parlement toe. Gebeur met almal van hulle. Tweedens word daar van Joernaliste ontslae geraak sodat dit deur Pro wat ookal Joernaliste? gevul kan word. Solank as Maatskappye bly betaal vir Advertensies op Tv en Radio sal die sirkus voortgaan.

Pieta ·

Ai, die verslaggewers toon nie respek nie? Ek het nog nie met EEN mens gepraat wat dié absurde gebeure verstaan, óf wat die bestuur respekteer nie. Mag hulle vasgevat word! Ons het pas met vakansie TV in ons chalet gehad, en ek is verlig dat ons reeds 8 jaar gelede van TV ontslae geraak het. Wat ‘n klomp gemors! En dit wat nog sinvol is word vervang en die aanbieders afgedank… Ek kan net nie glo hoeveel mense steeds ure voor die TV mors nie! Nee wat, “kry ‘n lewe”!

Andre ·

Wie sê die ongeletterde ontplooiide kader en sy makkers ontwrig nie doelbewus die SABC nie ten einde die komende verkiesing te kan STEEL nie? Soos dit by al die ander Afrika diktatorskappe gedoen word!

Wie gaan weet of die 2016 verkiesing vry en regverdig is as die SABC volle beheer het van al die publieke media?

Nadat die verkiesing klaar GESTEEL is oor 17 dae van nou af … (onthou die busvragte vol kiesers in Tlokwe (Potch)) … dan begin hulle met verdere sloertaktiek … appél op appél … tot die volgende verkiesing … en doen dit weer …. en weer!

En as jy weer sien is hulle in beheer vir 36 jaar soos Mugabe!

Andre ·

Groot besigheid kan oornag alle advertensies (en advertensiegeld) aan die SABC onttrek soos die banke gemaak het met die korrupte Guptas.
Groot besigheid behoort hul morele verpligting na te kom teenoor die grondwet (en persvryheid) deur STERK STANDPUNT in te neem en die geldstroom na die korrupte SABC te stop!
Kanaliseer al die privaatsektor se advertensiegeld (en morele ondersteuning) na die PRIVAAT mediasektor sodat die private media as “fikse” waghond kan optree teenoor vergrype deur die staat.

Melt Olckers ·

Hlaudi kry baie swak regsadvies, of hy luister nie na sy regsadviseurs nie. Miskien sy prokureurs aangee dat hulle hom van swak regsadvies bedien by die verskeie Prokureursordes.

tamboti ·

En so swaai die onbekwame en onwettige hoof (Hlaudi soos deur hof bevind in 2014) die septer en steek tong uit vir hof, arbeids wette, ANC en Jan publiek. En ja Zuma kan (wil) hom nie “fire” nie??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.