Nóg vier sterf in ʼn gru-botsing

Argieffoto: ER24

In nóg ʼn gru-botsing dié naweek het vier mense Vrydagaand buite Upington gesterf. Drie mense is in dié ongeluk beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 23:00 op die N14 sowat 30 km buite Upington in die Noord-Kaap plaasgevind.

“Twee voertuie het gebots en aan die kant van die pad tot stilstand gekom. ʼn Tienerseun en -meisie en ʼn volwasse man en vrou is op slag dood. Twee vroue het ernstige beserings opgedoen en ʼn jong seun slegs geringe beserings.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Owerhede was op die toneel om die oorsaak van die botsing te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig nóg ʼn botsing het Saterdag om 02:00 op die hoek van Dr. Yusuf Dadoo- (Broadstraat) en Anton Lembede (Smithstraat) in Durban se middestad plaasgevind.

“Twee voertuie het in die T-aansluiting gebots waarna een die pad verlaat en in ʼn kitskosrestaurant ingeploeg het. Die toneel was chaoties,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics gesê.

Volgens Jamieson het een van die voertuie op sy dak tot stilstand gekom. Drie insittendes is in dié voertuig aangetref en een passasier, ʼn vrou in haar 30’s, is tydens die trefslag vermoedelik uit die voertuig geslinger.

Al vier die mense is op die toneel dood en Jamieson het gesê dit het intussen aan die lig gekom dat al vier oorledenes, ʼn ma en pa en hul volwasse kinders, lede van dieselfde gesin is.

Die twee insittendes van die ander voertuig, ʼn pa en sy seun, is ook ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die omstandighede wat tot die botsing gelei het, is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Ek het toevallig 45 minute gelede in Broadstraat (ons gebruik steeds die ou name) afgery. Die plek wat beskryf word het robot beheer en na aanleiding van wat Maoela berig, moes een van die bestuurders ‘n rooi lig ignoreer het. Moet nie eens oor ry as dit geel is nie. Wag jou beurt af.

Chris Ws ·

Baie makliker as wat meeste mense dink!Onthou daai voertuig moes ‘n randsteen klim om te kom waar hy op sy dak opgeeindig het.Dis genoegsame hindernis om ‘n voertuig te laat om kantel en op sy dak te lande laat kom.Die spoed waarteen die voertuig beweeg tydens sy wiel se botsing met die randsteen en die hoek waarmee sy wiel die randsteen tref bepaal of hy gaan rol of nie..

Wetteloos ·

As die spoedgrens gerespekteer was, ek neem aan dis n 60 sone, sou die familie nog met ons gewees het.
RIV, dis n groot slag vir die naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.