Nog vier Valke geskors

hawks valkeDie Valke het aangekondig dat nog vier van sy lede geskors is met betrekking tot die beweerde onwettige uitlewering van vier Zimbabwiërs.

“Dit is waar dat hulle kennisgewings van skorsing ontvang het en dus die reg het om vertoë te rig,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. Die vier lede wat geskors is, is konst. Paul Radebe, kapt. Sipho Nkosi, ao. Jacob Makoe en kol. Leslie Maluleke.

Die vier het op 20 en 23 Februarie hul skorsingskennisgewings ontvang. Mulaudzi het gesê dit is belangrik dat die regte prosedure gevolg word gegewe die ernstige aard van die bewerings. “Dit is ’n emosionele saak en ons is bewus daarvan, maar as mense meen dit is ’n kriminele saak, is dit baie belangrik dat die saak op ʼn gepaste wyse hanteer word.”

Mulaudzi het ontken dat daar ʼn heksejag aan die gang is. “Hierdie saak is van ’n ernstige aard en hou verband met beweerde menseregteskendings. Die lede teen wie die bewerings gemaak word, sal moet bewys dit is nie die geval nie.”

Die hooggeregshof in Pretoria het voorverlede week beslis dat genl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, se skorsing ongrondwetlik is. Die hof het verder gelas dat genl.maj. Elias Dlamini se aanstelling om in Sibiya se plek waar te neem, ook ongeldig is.

Sibiya het genl.maj. Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, in hofdokumente daarvan beskuldig dat hy wraak wil neem namens sy “bondgenoot” Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie.

Ntlemeza het Sibiya geskors vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

In Januarie vanjaar het die hooggeregshof in Pretoria beslis dat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, se besluit om Anwa Dramat, hoof van die Valke, te skors, onwettig en ongeldig was. Nhleko se aansoek om te appelleer teen die beslissing is van die hand gewys. Dramat is ook geskors vir sy beweerde betrokkenheid by die uitlewering van Zimbabwiërs.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Valke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Hoe de hel is dit onwettig? Die gemors is onwettig in ons land, veroorsaak net chaos en as hulle teruggestuur word is dit verkeeerd? Dubbele standaarde … of wil julle weer net van die lede ontslae raak omdat hulle hul werk doen, soos wat gewoonlik maar die geval is!

lorayne ·

Ek glo dat NET soos ons Skerpioene van ouds. . . grou die manne TE diep in die korrupsie bondel!

J.Z ·

Wie is onwettig?Die mense wat hul werk gedoen het of mense wat onwettig in die land is (nde (wie se vriende is uitgelewer,moet seker n groot meneer sin gewees het ?)

Stefani Prinsloo ·

Ek wil graag weet waar kan mens sien wat die DOEL en MISSIE van die Valke is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.