Nóg voertuie val vas op Swartbergpas

Swartbergpas (Foto: Oudtshoorn Munisipaliteit/Facebook)

Nóg voertuie het in die sneeu op die Swartbergpas in Oudtshoorn vasgeval.

Die munisipaliteit se rampbestuureenheid het gesê sedert Saterdag het agt motors in die sneeu vasgeval en moes weggesleep word.

Swaar sneeuval die afgelope paar dae het die munisipaliteit genoop om die pas te sluit. Motoriste wat die waarskuwingstekens verontagsaam, het in die moeilikheid beland en is op die pas vasgekeer.

“Die toestande van die pad is baie gevaarlik en nie eens geskik vir viertrekvoertuie nie. Daar is verskeie motoriste wat na die Swartbergpas ry van nabygeleë dorpe soos George, Knysna en Mosselbaai. Motoriste word gewaarsku om nie oor die Swartbergpas te probeer ry nie, omdat dit te gevaarlik is.”

Die munisipaliteit waarsku ook dat provinsiale verkeersbeamptes nie die gebied deurgaans kan monitor vir motoriste wat in die moeilikheid beland nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan Seerot ·

As ons nou in die Infanterieskool was, sou ons “Vasbyt” moes stap. Die eerste keer dat ek sneeu gesien en daardie koue ervaar het; doerie tyd.

Nicolene ·

Ek sien nie eens kans vir daai pas in die beste omstandighede nie.

Tanniepetoors ·

Jy gaan ploeter nie in die Swartbergpas rond as dit gesneeu het nie. In elk geval nie tensy jy regtig moet nie. Dis dom verby.

Samuel ·

Dit is ‘n pragtige bergpas en die sneeu verander dit seker in ‘n sprokieswêreld. Ek het min simpatie met die motoriste wat in pas vasgeval het. As hulle nie wil luister na die owerhede se waarskuwings nie, is dit jammer. Nou gaan hulle seker ween oor die onbeholpenheid van die owerhede. Pffffft.

Lizette ·

Ons is nou wel nie Europa nie, maar as dit daar baie sneeu, word SOUT met ‘n masjien gestrooi/gespuit sodat die sneeu gouer smelt, hoekom kan ons dit ook nie hier doen nie, vra net.

karoo ·

Cowboys met 4×4’s en blykbaar selfs een met n’ baba! Daar is nie pille vir onnoselheid nie!

Pieter ·

Daar is nie meds vir stupidity nie. Dit is deur hul eie onverantwoordelikheid dat die mense vasgeval het. Ek het geen simpatie met hulle nie. Los hulle daar tot toestande verbeter…

Yvonne ·

Mense slaan nie ag op waarskuwings nie…rebelle betaal die prys…ai die mens darem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.