Nog vragmotors loop deur ná trokdrywer sterf

‘n Skermskoot uit die video.

Twee vragmotors het Dinsdag omstreeks 04:00 onder groot klippe deurgeloop op dieselfde plek waar ʼn vragmotorbestuurder Sondag dood is toe ʼn rots van ʼn voetbrug op die N1 buite De Doorns in die Hexriviervallei deur die voorruit van die vragmotor gegooi is.

ʼn Skokkende video van Sondag se voorval is sedertdien wyd op sosiale media versprei. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Die bestuurders van die voertuie wat tydens vanoggend se voorval deurgeloop het, is ongedeerd.

‘n Skermskoot uit die video.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media gesê dit blyk ʼn nuwe manier te wees waarmee boosdoeners vragmotors in die vroeë oggendure tot stilstand dwing om die vragte te plunder.

Hy sê die bestuurder wat Sondag geteiken is, het egter beheer oor die vragmotor verloor het en die voertuig het omgeslaan.

“Die rots het deur die voorruit gespat, die stuurwiel verpletter en die bestuurder eenkant toe gegooi,” sê Africa. Die bestuurder het in die voorval gesterf en sy passassier het geringe beserings opgedoen.

Die vragmotor se vrag van klere is binne 45 minute geplunder.

Volgens Africa het die polisie ʼn ondersoek na al hierdie voorvalle van stapel gestuur terwyl polisiesigbaarheid in dié gebied verhoog gaan word.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

‘n Skermskoot uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genieve

Ek kan nie glo dat niemand nog in hierdie geval aangekeer is nie.

honourable member

Skokkend hoe laag mense kan daal in hierdie land. Onskuldige mense moet boet met hulle lewens.

Anchia

Stafbare manslag.. Ag Asb.. Dis moord en roof.

Wielspore

Baie jare terug was daar seerowers wat dieselfde gedoen het, in vandag se tye kom dit weer aan die Oos kus van Afrika voor waar kleiner privaat bote beroof word, selfs mense word aanghou as prysgeld. In SA het swaarvoertuie met waardevolle vragte ook teikens geod onder padrowers, veral in die Kaap waar swaar voertuie baie stadig teen opdraendes ry. Die rower klim op die voertuig, sny die seil oop en begin die vrag af te gooi, sy medewerkers tel dit op. Gevalle soos in die berig word ook meer, die rowers wag die swaar voertuie in om die vrag… Lees meer »

wielie

Genade wat gaan aan in die land?? Nerens is niemand veilig nie