Nog vragmotors loop deur ná trokdrywer sterf

‘n Skermskoot uit die video.

Twee vragmotors het Dinsdag omstreeks 04:00 onder groot klippe deurgeloop op dieselfde plek waar ʼn vragmotorbestuurder Sondag dood is toe ʼn rots van ʼn voetbrug op die N1 buite De Doorns in die Hexriviervallei deur die voorruit van die vragmotor gegooi is.

ʼn Skokkende video van Sondag se voorval is sedertdien wyd op sosiale media versprei. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Die bestuurders van die voertuie wat tydens vanoggend se voorval deurgeloop het, is ongedeerd.

‘n Skermskoot uit die video.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media gesê dit blyk ʼn nuwe manier te wees waarmee boosdoeners vragmotors in die vroeë oggendure tot stilstand dwing om die vragte te plunder.

Hy sê die bestuurder wat Sondag geteiken is, het egter beheer oor die vragmotor verloor het en die voertuig het omgeslaan.

“Die rots het deur die voorruit gespat, die stuurwiel verpletter en die bestuurder eenkant toe gegooi,” sê Africa. Die bestuurder het in die voorval gesterf en sy passassier het geringe beserings opgedoen.

Die vragmotor se vrag van klere is binne 45 minute geplunder.

Volgens Africa het die polisie ʼn ondersoek na al hierdie voorvalle van stapel gestuur terwyl polisiesigbaarheid in dié gebied verhoog gaan word.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

‘n Skermskoot uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Genieve ·

Ek kan nie glo dat niemand nog in hierdie geval aangekeer is nie.

honourable member ·

Skokkend hoe laag mense kan daal in hierdie land. Onskuldige mense moet boet met hulle lewens.

Hailton Titus ·

Ek wens ook regtig ek kon die konsep van “strafbare manslag” verstaan as dit eintlik net plein “moord”is

Wielspore ·

Baie jare terug was daar seerowers wat dieselfde gedoen het, in vandag se tye kom dit weer aan die Oos kus van Afrika voor waar kleiner privaat bote beroof word, selfs mense word aanghou as prysgeld. In SA het swaarvoertuie met waardevolle vragte ook teikens geod onder padrowers, veral in die Kaap waar swaar voertuie baie stadig teen opdraendes ry. Die rower klim op die voertuig, sny die seil oop en begin die vrag af te gooi, sy medewerkers tel dit op. Gevalle soos in die berig word ook meer, die rowers wag die swaar voertuie in om die vrag te roof.

wielie ·

Genade wat gaan aan in die land?? Nerens is niemand veilig nie

Jaco ·

Ek kan vir jou vertel wat aangaan, alles is buite beheer te danke aan die regerende party waarvoor almal aanhoudend voor stem, asook die 900 000 Afrikaners wat nie hul deel bygedrae het deur te gaan stem het nie. So ja, dis wat 70% van ons mense WIL he, blank en nie-blank (57% ANC stemmers, 10% EFF Stemmers en 3% Afrikaanse wegblyers……900 000/28 miljoen stemgeregteges)…. , dis dan wat ons kry…want niemand kan saamstaan nie.

Louis ·

Jaco, hoe weet jy dis 900000 afrikaners? Is my beginsels nie vir my meer belangrik as jou vrese nie? Dalk moet die vragte weer te spoorlyn vervoer word of dalk moet die trok eienaars gewapende wagte saam met die vragte stuur…wie weet. Die feit dat ek nie gestem het nie het niks te doen met die wetteloosheid in die land nie. Inteendeel, ek neem n beginsel standpunt in….

Pieter du plessis ·

Weereens die polisie moet altyd sigbaar wees en as ek n klip vat om van n brug af te gooi het ek beplan om iemand dood te maak en dit is moord in enige beskaafde land dit kan my kind vir jou sê en hy is 8 jaar oud.

Nettie ·

@Jaco, ek het nie gaan stem nie, omdat ek nie vir EEN OOMBLIK GLO dat ENIGE verkiesing in Suid-Afrika, se resultate NIE GEKOOK is nie. As jy dit wil glo, “good for jou” – stuur sommer groete vir die Man in die Maan as jy volgende keer opkyk om te sien wat hy doen – aangesien, as jy glo dat die verkiesingsuitslae vry en REGVERDIG was, jy ook aan die Man in die Maan sal glo.

Ek is TROTS een van daardie sogenaamde 900 000 “Afrikaner Nie-stemmers”, nes ek TROTS is om te sê ek het in 1992 NEE gestem. En ek weet in elk geval nie hoe jy by jou getalle uitkom nie; baie NIE-STEMMERS het nie gaan registreer nie (sommige omdat hulle kwansuis nie geweet het hulle moet nie en ander omdat hulle nie wóú nie), so hoe daardie NIE-STEMMERS deel van jou syfers kon uitmaak, weet ek nie; jy vergeet ook om die aantal wat VF+, COPE, GOOD en ander minderheidspartye gestem het, by te tel.

honourable member ·

Kyk wie is in bewind , dis hoekom hierdie land lyk soos hy lyk. Waar is al die werk wat so aan die massas belowe word??? Dis hoekom hierdie tipe gedrag gaan toeneem want hulle kry nie wat belowe word nie en dan vat hulle net en mense boet met hulle lewens daarvoor.

marous ·

Hoe kan daar enigsins hoop wees vir enige iemand in die land ? Koelbloedige moordenaars en misdadigers heers vanuit die hoogste gestoeltes tot in die agter strate . Hierdie plek het verval in ‘n geween en gekners van tande , en die keisers loop almal kaal rond .

Danie ·

Ons lewe in ‘n rowerstaat.Indiepte studies en ondersoeke na ons sosiale strukturele verval is nou dringend nodig.Polisie bestuur moet in totaliteit hersien en opgeskerp word. Die wil , toewyding en oopkopdenke ontbreek absoluut.Tans swaai die stert die hond!!!

Grysburger ·

Iemand noem seerowers hierbo. Indien daar misdadigers in die toekoms hulself hiertoe wend en skepe aanval wat verby die kus vaar sal hulle ‘n wenresep hê.

Ons regering sal hulle nie wil of kan stuit nie. Ander lande sal ook nie optree nie, dit sal die internasionale “liefling”, die ANC laat sleg lyk.

humor ·

Jaco jy het nou reg gese. Net soos die anc kieseres onbegryplik tot in lengte van dae anc sal stem net so sal dit wees met die verdeeldheid onder blankes. Die vraag is waar is die 800 000 neestemmers wat gedurig gal braak oor die jastemmers. Waar is hul kinders wat hul moes begelei het. Hierdie sg neestemmers het ewe eens in die volk se noodtoestand verraaiers geword. As hul reg gestem het kon die VF+ meer as n miljoen stemme gekry het.

Hendrik ·

In ‘n proporsionele kiesstelsel is ‘n wegblystem ‘n stem vir die meerderheid. Die nee-stemmers van destyds wat nou wegbly stem nou in derwaarheid vir die ANC / EFF.

Willem ·

Lyk of die bestuurder wit was so die kriminele word nie gesoek deur saps nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeie plasing 180gr teen so 2700ft/s net voor hy die klip gooi…..en dan nog so drie of vier van sy maters….dan kom niemand weer naby daarby brug nie. Nisk van ge-kordon trek en deur tot deur nie…..Jy wag daar by die brug….hy sal self soontoe kom.

George ·

Ja, en alles begin by ordentlike dissipline wat goeie lyfstraf insluit!

judie ·

Uit ondervinding weet ek dat die De Doorns polisie geen erns het om die booswigte aan te keer nie. Kom met lamlendige verskonings na vore selfs nadat aangebied is om met my eie voertuig te ry en hulle te help.

Jacobus Krynauw ·

Maklik om die probleem op te los. Verwyder die vrot appels wat langs die pad woonplek gegee is!!

Hendrik ·

Ek sien hier is heelwat mense wat nie eers skaam is dat hulle nie gaan stem het nie. Laat ek dit nou maar vir julle uitspel – deur nie teen die ANC / EFF te stem nie, het julle vir hulle gestem. Dit is hoe die proporsionele kiesstelsel werk. Die logika daaragter is eevoudig, ‘n laerskoolkind kan dit uitwerk. Julle behoort julle koppe in skaamte te laat sak.

Ruiklont ·

Kyk maar net na wet en orde van die staat in die land en kyk wat die resultate daarvan is en besef wat die toekoms inhou, totale anargie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.