Nóg vrugtesap herroep

Argieffoto ter illustrasie van Sir Fruit. (Foto: Sir Fruit/Facebook)

Sir Fruit is die jongste maatskappy om sekere van sy vrugtesapprodukte weens veiligheidskommer te herroep.

Sir Fruit het Woensdag gesê hy is genoop om drie van sy produkte van die winkelrakke te verwyder weens ’n beperkte hoeveelheid appelsapkonsentraat wat moontlik verhoogde vlakke van mikotoksien (patulien) bevat wat siektetoestande tot gevolg kan hê.

Die herroepte produkte sluit in Sir Fruit se Green Machine (500 ml en 1,5 liter) wat by kleinhandelaars, waaronder Shoprite, Checkers, Spar, Dis‑Chem, PnP en Food Lover’s Market, verkoop word, sowel as die Happy Harvest Cranberry Concentrate (1 liter, 2 liter en 5 liter) wat by groothandelaars soos Makro, Choppies en Save Cash & Carry verkoop word.

GREEN MACHINE
GROOTTE: 1.5 LITER / STAFIEKODE: 6004923003708

GROOTTE: 500 ML / STAFIEKODE: 6004923003722

DATUM VAN VERVAARDIGING:
02/10/2021
04/10/2021
06/10/2021
08/10/2021
09/10/2021
12/10/2021
13/10/2021
14/10/2021
15/10/2021
18/10/2021
HAPPY HARVEST CRANBERRY CONCENTRATE
GROOTTE: 1 LITER / STAFIEKODE:6004923004101

GROOTTE: 2 LITER / STAFIEKODE:6004923004118

GROOTTE: 5 LITER / STAFIEKODE:6004923004125

DATUM VAN VERVAARDIGING:
07/10/2021
18/10/2021

Sir Fruit se Green Machine. (Foto: Sir Fruit/Facebook)

Die maatskappy se Golden Apple (5 liter) wat in die gasvryheid‑ en restaurantbedryf gebruik word, is ook weens veiligheidskommer herroep.

GOLDEN APPLE
GROOTTE: 5 LITER
NOMMER VAN BESENDING:
21274
21277
21279
21285
21286
21287
21288

Sir Fruit se besluit volg kort op die hakke van dié van Appletiser, LiquiFruit en Woolworths wat onlangs weens dieselfde rede ook van hul produkte van die winkelrakke moes verwyder.

Sir Fruit sê klante wat reeds van sy geraakte produkte gekoop het, kan die produkte terugneem na hul naaste kleinhandelaar en ’n terugbetaling daarvoor ontvang.

Klante kan ook die maatskappy by 011 989 7700, [email protected] óf www.sirfruit.com kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keith ·

So it seems as if all these companies get their apple juice from the same manufacturer/supplier.

Ronel ·

Shakespeare…. Jy drink seker net bier, daarom maak dié nie vir jou saak nie!

Barney ·

Hoe vrot was daai appels en meer kommerwekkend hoe min verskeidenheid appel produsente is daar in hierdie land?

Gysbert ·

Barney, daar is nie baie appel konsentraat produsente in hierdie land oor nie.
Daar was so 10 jaar gelede baie meer. Maar as gevolg van goedkoop invoere ( huidige wêreld prys vir konsentraat is maar aan die lae kant) en hoë insetkostes in Suid Afrika vir prosessering en rou materiaal, maak dit ons lokale bedryf baie onkompeterend. Daarom het meeste van die groot produsente konsolideer en van die kleineres ingesluk of uitgekoop.
Dis bitter moeilik om die mikotoksien Patulien binne ‘n appel te sien buiten om daarvoor te toets, maar goeie higiëniese praktyke, goeie sanitasie, goeie kwaliteits versekering en goeie selektering kan natuurlik grootliks die voorkoms van Patulien bo die internasionale norm voorkom.
Soos jy sê, as die appel af lyk, selekteer hom uit en die stryd is al half gewen.

Patulien bly steeds in die appel en peer bedryf ‘n kopseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.