Nóg vyf jaar agter tralies vir perlemoen-meesterbrein

Morne Blignault in die hooggeregshof in Port Elizabeth (September 2018) (Foto: Raahil Sain/ANA)

Morne Blignault (47) wat reeds tronkstraf van 20 jaar uitdien in verband met perlemoenstropery, sal ʼn bykomende vyf jaar agter tralies moet deurbring.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Donderdag ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf bygevoeg wat gelyklopend uitgedien sal word met sy 20 jaar-vonnis vir swendelary en oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne, het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Blignault is in Junie 2016 deur die Valke in hegtenis geneem op twee aanklagte van swendelary en een aanklag dat hy ʼn visserybesigheid bedryf sonder ʼn permit. Hy is saam met Frederick Nance (22), William Nance (55), Petrus Smith (34), Jacobus Naumann (37) en sy eksvrou Marshelle Blignault (42) in hegtenis geneem.

“Die Valke het tussen 2014 en 2016 ondersoek ingestel oor ʼn perlemoensindikaat. Die ondersoek het aan die lig gebring die sindikaat het tussen Julie 2013 en Augustus 2014 altesaam R67,2 miljoen verdien uit hul kriminele bedrywighede,” het Feni verduidelik.

Met oorweldigende bewyse teen hom, het Blignault gekies om in September verlede jaar skuld te beken en hy is gevolglik tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis. Sy medebeskuldigdes se hofsake het voortgeduur.

Naumann, Marshelle Blignault, Smith en Frederick en William Nance is in April vanjaar tot altesaam 87 jaar tronkstraf gevonnis op soortgelyke aanklagte. Marshelle is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis; Nauman en Smith tot 24 jaar elk, Frederick tot 27 jaar en William is ʼn boete van R20 000 opgelê of 18 maande tronkstraf.

Blignault, sy seun Morne (27), Paul Bezuidenhout (23), Simphiwe Abednigo Kosi (47), Jacob Johannes Naumann (37) en Daniel Jan Prinsloo (33) is verlede week skuldig bevind en gevonnis op verskeie aanklagte wat verband hou met swendelary en oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne.

Blignault was die meesterbrein en het in Julie 2017 onwettige perlemoenstropery ter waarde van R450 000 gefinansier. Vyf lede van die onderneming was betrokke by perlemoenstropery in Port Elizabeth wat later na Kaapstad of Johannesburg vervoer is.

Blignault Jr. het tronkstraf vrygespring en het ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang. Sy pas is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis waarvan 15 jaar gelyklopend uitgedien sal word met sy vorige vonnis van 20 jaar.

Naumann, wat vroeër ook saam met Blignault skuldig bevind en gevonnis is, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan sewe jaar gelyklopend met sy 12 jaar tronkstraf uitgedien sal word. Prinsloo, wat vroeër skuldig bevind is op aanklag van diefstal, is tot drie jaar tronkstraf gevonnis en Kosi het ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang, het Feni bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor die PE-perlemoensindikaat op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zoro ·

Dis baie swaar strawe vir stroop van perlemoen – Ek hoop dié howe sal soort gelyke strawe oplê vir politicians wat die land so stroop van staatskis en myn hulp Bronne wat aan verraad geld – daar is net nie dapperheid by howe om hierdie vonnisse vir politicians – hulle vonnis opleging is lafhartig as dit by politicians kom. Want more het hulle nie werk nie

Talie ·

Wanneer word die korruptes in die regering gevonnis? Of is staatskaping nie so ernstig soos perlemoenstropery nie? My kop verstaan nie.

Op en wakker ·

Nou wag ons op die poliesie om net so agter die Kaapse gangster wat nog stroop sonder vervolging! Die boewe, vir een of ander “rede”, kom wonderbaarlik weg as hulle gevang word! Julle stroop nog helder oor dag sonder eenige Wetstoepassers in sig nie!!! Die hele perlemoen stroopery is n’ klug!!

Slakkepas ·

Perlemoenis n slak . Nou is almal skielik perlemoenoppassers! Hoeveel van die staatkapers of staatstroper is al gevevang? Miljarde Rande van belastingbetalers is gestroop. Almal ken die staatskapers, maar ek weet nie van een wat al in die tronk sit nie. Jy kan nie perlemoen uitroei nie, want jy kan nie oral in die see die perlemoen bykom om dit uit te haal nie!

Dries du Toit ·

Ja ek wonder ook of daai Thandi Modise wat honderde diere van honger en dors laat vrek het ook so n straf sal kry. Perlemoen kan geeet word. Daai diere is sommer net wreed vermoor

Griet ·

Oooo….en die staatskapers nou, van die huidige regering, wat ons ook beroof het, van bljoene en die plaasmoordenaars,se sake, wat sloer vir jare in die howe…???
Of wissel die meriete van flink optrede en boetes van kleur,dalk moontlik….?
EK WONDER NET…

Denise ·

SjN…ek stem saam! Dit is buitensporig, in vergeleke met straf op moordsake,wat n sirkus is ons regstelsel

Koester jou perlemoen? ·

Die it-man wat ‘n ondersteuner is van baba/kindermoord opnames het net 10 jaar straf ontvang.

Sarel ·

” Gelyklopend” Hoe werk dit. Maar net sy Parool wat uitgestel is

Heksie ·

Is dit net die ore van die seekoei of het die Valke nou eindelik die regte lot agter tralies? Maar dan weer, waar die een sindikaat sy g@t sien, verrys ‘n ander net weer in sy plek!

Jimmy ·

Alle misdade is afskuwelik en onaanvaarbaar dit sal altyd met ons wees , die vraag is net waarom word daar so gesloer met optredes teenoor die skuldiges. Die hele regering is korrup en aandadig aan staatsskaping en hulle loop nog na jare vry rond . Onverstaanbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.