WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Vyf renosterbulle is die afgelope naweek in ʼn nasionale park in Noordwes deur stropers doodgeskiet.
Nico Jacobs, stigter en mede-eienaar van die teenstropingsorganisasie Rhino 911, het aan Maroela Media gesê personeel in die park het Saterdagaand skote gehoor en gaan ondersoek instel. Hulle het op vyf renosterkarkasse afgekom waarvan die horings verwyder is.
“Gewoonlik ná ʼn renoster gestroop is, vlieg ons met ʼn helikopter oor die gebied om te kyk of daar enige ander renosters is wat gewond is of dalk renosterkalfies wat wees gelaat is. Ons het Sondag omtrent 45 minute lank gevlieg om die gebied te fynkam, maar het geen gewonde renosters gevind nie,” het Jacobs gesê.
Hy het gesê die renosterkarkasse is omtrent 500m uit mekaar gevind. “Dit is natuurlik ʼn reuse slag vir die park om vyf renosters op een dag aan stropers te verloor. Ons is besig om ʼn baie groot stryd hier te verloor,” het hy gesê.
Die naam of presiese ligging van die park word nie bekendgemaak nie, terwille van die renosters se veiligheid.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ‘n saak van renosterstropery ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lees alle berigte oor renosterstropery op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Dis maar net weer bewys van hoe siek die wêreld geword het. Ek sal graag wil hoor wat van die saak of ondersoek teen onse edele David Mahlobo, minister van Staatsveiligheid geword het wat deur die SAPS ondersoek is in Nov 2016!
Die progam Carte Blanch het gisteraand ‘n program gehad waarkragtens die polisie kan “spot” waar ‘n skoot geskiet word en baie vinnig op die toneel kan kom. Sal hierdie nie werk vir Renosterstropery nie of dalk iets soortgelyks nie. Ons het mos baie slim mense wat dit dalk kan kan regkry.
Skiet en hou op praat!!
Het die stopers die karkas so oop gesny of die park mense. Vir watter redes word die karkas so oop gesny
Julle het lankal die stryd verloor! Dis nie nuus nie. Sal graag wil weet hoeveel renoster nog in SA is wat nog nie gestroop is nie.