Nog vyf renosters gestroop: ‘Ons is besig om stryd te verloor’

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Vyf renosterbulle is die afgelope naweek in ʼn nasionale park in Noordwes deur stropers doodgeskiet.

Nico Jacobs, stigter en mede-eienaar van die teenstropingsorganisasie Rhino 911, het aan Maroela Media gesê personeel in die park het Saterdagaand skote gehoor en gaan ondersoek instel. Hulle het op vyf renosterkarkasse afgekom waarvan die horings verwyder is.

“Gewoonlik ná ʼn renoster gestroop is, vlieg ons met ʼn helikopter oor die gebied om te kyk of daar enige ander renosters is wat gewond is of dalk renosterkalfies wat wees gelaat is. Ons het Sondag omtrent 45 minute lank gevlieg om die gebied te fynkam, maar het geen gewonde renosters gevind nie,” het Jacobs gesê.

Hy het gesê die renosterkarkasse is omtrent 500m uit mekaar gevind. “Dit is natuurlik ʼn reuse slag vir die park om vyf renosters op een dag aan stropers te verloor. Ons is besig om ʼn baie groot stryd hier te verloor,” het hy gesê.

Die naam of presiese ligging van die park word nie bekendgemaak nie, terwille van die renosters se veiligheid.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ‘n saak van renosterstropery ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lees alle berigte oor renosterstropery op Maroela Media.

Foto: Rhino 911

Een van die renosters wat die afgelope naweek in ‘n nasionale park in Noordwes doodgemaak is. Foto: Rhino 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Leon ·

Dis maar net weer bewys van hoe siek die wêreld geword het. Ek sal graag wil hoor wat van die saak of ondersoek teen onse edele David Mahlobo, minister van Staatsveiligheid geword het wat deur die SAPS ondersoek is in Nov 2016!

zoom zoom ·

Daai ondersoek is stil stil onder die mat ingevee want dit sal ‘n eier in zuma se gesig wees as van sy kaders sluldig nevind moet word.

SUSAN ·

Die progam Carte Blanch het gisteraand ‘n program gehad waarkragtens die polisie kan “spot” waar ‘n skoot geskiet word en baie vinnig op die toneel kan kom. Sal hierdie nie werk vir Renosterstropery nie of dalk iets soortgelyks nie. Ons het mos baie slim mense wat dit dalk kan kan regkry.

Mossie ·

DANKIE Annie DANKIE dis oor ons net praat en praat en gat kruip dat ons ons land ook gaan verloor

Gys ·

Het die stopers die karkas so oop gesny of die park mense. Vir watter redes word die karkas so oop gesny

Edward ·

Dit sal die parkmense wees. Hulle doen n na-doodse ondersoek om die koel te probeer opspoor en allerhande ander fyner detail vir die docket en statistiek. DNA toetse word ook gedoen sodat die gestroopde horing geidentifiseer kan word indien hy weer gevind word. Daar is baie tegnologie daar buite wat die stroopery kan verhoed maar dit kos geld. Dis nou maar die hartseer gedeelte hiervan. Die renosters word gestroop in parke waar daar betaalde sekuriteit en veldwagters werk. Ek stem, dis n verlore stryd tot iets drasties gedoen word.

MM ·

Julle het lankal die stryd verloor! Dis nie nuus nie. Sal graag wil weet hoeveel renoster nog in SA is wat nog nie gestroop is nie.

Johann ·

Die stryd word verloor omdat daar nie daadwerklik opgetree word nie

aaijaaijaai ·

Die effektiewe wyse waarop dit gedoen is se iets. Professionele mense wat die park ken sit hier agter.

What a joke! ·

Alles in Sy pietjie in Suid Afrika…Sonder die fantastiese diere in die sogenaamde beskermde resevate is daar geen rede om die plekke te besoek nie, die toeriste sal ok begin wegbly en die ekonomie verder verval, Suid Afrika het juis lankal sy glans verloor en is nie meer so spesiaal soos baie mense daar dink nie!Die diere was bewaar in die verlede en stroping was beperk so wat nou onder die nuwe regering???? Uiters pateties!!! Die sal die laaste dekade wees dat ons God se pragdiere soos renosters in lewende lywe sien daarna sal ons kinders hul net leer ken in storieboeke…hoe tragies en dit als oor n onbevoegde klomp sake beheer!!!

miv ·

wat word gedoen met al die geld wat vir die bekamping van renosterstropery ingesamel word?

sp ·

Dit is n goeie vraag,ek is nie oortuig al die donasies kom uit waar dit n verskil kan maak nie,soos dit gaan in SA,behoort ons binnekort te lees van n geval van wanaanwending van hierdie fondse.

KP ·

Ek het al gelees daar is renosters na Australie gevat vir die diere se voort bestaan, ek stel voor hulle moet so vinnig as moontlik alle renosters uit dis land vat anders gaan daar een van die nie meer n renoster in die wereld oor wees nie.

Anne ·

Dit lyk in die situasie die beste opsie te wees om die laaste renosters se voortbestaan te verseker. Hoe is dit moontlik om so barbaars te wees, dis so wreed.

peanut ·

Onthoring die arme diere met geboorte, dan het ons nie die probleem nie

willehond ·

Renoster sonder n horing is soos n olifant sonder slurp!

Edward ·

Dit help nie. Die renosters word nog steeds gestroop al is sy horing af gesny. Renoster horing se pryse is baie meer as die van goud so jy kan indink dat die ou 10% van die horing wat agter bly ook iets sal beteken.

Takkie Takuuza ·

Mask handel wetting en teel diere vir die oes en verkoop van die horings. Dis al hoe hulle behoue gaan bly. Die wat stroop sal aanhou. Jou gekerm steur hulle nie.

BOLANDER ·

Ja, ek stem saam. neem al die orige reonsoters tydelik iewers na ‘n veilige plek waar die monsters hulle nie kan by kom nie. Ek weet en glo dat ons land weer op koers sal kom want ek glo in HOM!!!

BOLANDER ·

Ek bedoel renosters. Ek raak so kwaad dat ek vinniger tik!!!!!!!!!!!!!!

Elize C ·

Genugtig, hierdie stropers moes blitsvinnig opgetree het, indien daar dadelik na die skote gehoor is, ondersoek ingestel is, en toe is 5 renosters klaar onthoring, EN die stropers het weggekom daarmee….. Ek wonder ook oor die oopgesnyde maag…. as die berig nie gemeld het dat dit ‘n ‘vars’ karkas is nie, sou ek gedink het dit is ‘n karkas wat oopgebars het as gevolg van gasse nadat die dood ‘n paar dae vroeër ingetree het.

abc ·

natuurbewaring of sap sny oop om projektiele te herwin vir balistiese toetse om sake bymekaar te kan voeg

Ouma ·

Ekskuus! Maar ek is (80) en nou vreeslik onnosel!! Maar vertel my waarvoor gebruik hulle die horings was so gestoop word? Iemand het gesê: vir medesyne? As dit rerig so is? Daar is vreeslik baie fabrieke wat daardie dinge kan bervaardig!! Maar net een pa en een ma op ‘n slag wat kan kalfies maak? En dit neem lank..mm

Penorent ·

Verkwalik jou nie Ouma dat jy nie weet nie want jy op 80 en ek op 74 is al (lankal?) daarby verby. Ja, dit word veral in die ooste gebruik vir medisyne maar hierdie is ook o.a. vir woema in die kooi. Daardie katoolsgeit wat oupa en ouma na verwys het onder die jeug. Ek glo dat Ouma nou sal verstaan.

Theresa B ·

Dit is siek verby! Hoe aaklig en walglik. Die arme diere het nie ‘n kans nie.

Besorgde Renoster liefhebber ·

Ek glo 99 persent van Tenostets wat gejag word is (INSITE CONNECTION )
Hulle maak van wolf ;skaapwagter.
Daar is oorgrens stropers maar ek glo hulle word van binne wildtuin gehelp

Mike de Beer ·

Kan die Suid Afrikaanse Sitmag ( Weermag) nie maar soos in Botswana aangewend word om ons Fauna te beskerm nie? Dit werk uitstekend in Botswana.

Frikkie ·

Mike, nee ek verstaan dat alle weermag lede eers gewig moet verloor dit volgens die naweek se Rapport berig. Die manne en vroue kan blykbaar nie hulle werk doen soos wat hulle moet nie.. Jis hoe kon dit so ver gegaan het in my dae in die weermag van byna 35 jaar gelede was jou gal goed gewerk as dit net gelyk het of jy oorgewig was…………..LOL

Johannes Meintjes ·

Na mening is deel van die probleem dat misdaadnetwerke in SA en Suider-Afrika tot op regeringsvlak skyn beskerm te word as deel van die “skadu-ekonomie”. Miskien moet tegnologie, beskikbare mannekrag en bronne weer gebreinstorm word sodat renosterstropery (en plaasaanvalle) behoorlik bekamp kan word? Na mening bly Buurt – en Plaaswagte asook die GPF ‘n waardevolle waarnemings en teenwoordigheid opsie wat indo kan opbou en kommunikeer, mits dit nasionaal en gekoordineerd kan funksioneer, – ook in die landelike en landbou gebiede van SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.