Nóg vyf vas by toetsstasie

Foto verskaf

Nog vyf persone is Dinsdag in hegtenis geneem by ʼn voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê danksy ʼn gesamentlike ondersoek deur die Valke, die Padverkeerbestuurskorporasie en die spesiale ondersoekeenheid is die vyf beamptes, tussen 23 en 62 jaar oud, Dinsdagoggend in hegtenis geneem. Dit sluit drie ondersoekbeamptes en twee kassiere in.

Dit volg ná sewe mense Maandag in hegtenis geneem is toe daar op die private voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo toegeslaan is. Vyf voertuigondersoekers en twee klerke, tussen 26 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem en die toetsstasie is gesluit. Die verdagtes het na bewering die identiteitsbesonderhede van niksvermoedende slagoffers gebruik om padwaardigheidsertifikate uit te reik vir voertuie wat nooit vir ʼn toets na die toetsstasie gebring is nie. Daar is tydens die operasie op rekenaars en dokumente beslag gelê.

Die persone sal na verwagting almal Woensdag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

KG ·

Ai tog, dis nou regtig die moeite werd nie. Nou sit jy met ‘n kriminele rekord, moontlik tronkstraf, verloor jou werk en die hartseer wat jy vir jou geliefdes besorg

IK ·

En die hartseerste van alles is dat jy aan die begin wegkom (so dink jy) daarmee. Nou word jy al gulsiger en die vergrype al groter totdat daardie dag kom dat die ‘bangles’ om jou polse vasslaan.

Doempie ·

Die mense se vindingrykheid om te knoei laat my sprakeloos

Heksie ·

ek stem, vader weet, nog voor ek daaraan kan dink hoe om ‘n misdaad te pleeg, sit ek met my alie in die tronk!

Alida ·

Wat van die pyn en lyding wat veroorsaak is deur onpadwaardige voertuie bestuur deur mense sonder lisensies? Soveel gebroke gesinne agv motorongelukke.

Abe ·

Alida,
Ja, en dit lyk my die totale personeelkorps by hierdie toetssentrum is deel van die bedrog. Ek wonder hoeveel ander toetsstasies funksioneer ook so.

Wiehan ·

En dit vir ‘n par rand. As jy bedrog wil pleeg, doen dit ordentlik – R100 miljoen + of niks. Gaan leery by Bosasa

Ellisras ·

Ek is nie nou in Ellisras nie. Watter toets stasie is dit.

Chris Ws ·

Ek hoop hulle word vir baie jare toegesluit as hulle skuldig bevind word.

Apie ·

Dis wat gebeur as een gierige senior die ander dwing om sy opdragte te eerbiedig. Die ander het gesinne om te versorg en in ons land is werk maar skaars.

Zooky ·

Wie se vir jou die senior ou, jyt seker nie nou mooi gedink nie, het jy.

waarheid ·

Vrot, korrupsie, integriteitloos, moraalloos, – dit is waaruit S A bestaan.

Willie ·

Ek sal natuurlik my verstout om te se, dat dit praktiese opleiding vir bevordering of parlement is?

Heksie ·

Ek sal nie in die nag kan slaap as ek weet ek is besig met iets onderduims en korrup nie, maar blykbaar pla dit nie ander mense nie!
“do the crime, serve the time”.

Chris ·

n Sukses verhaal hopelik as almal vervolg sal word, naar ek sien klaar daar is twee wat uitgesonder gaan word vir die baas breine agter die skema. Is reg ook want ander mense se lewens word in gevaar gestel deur hulle gulsigheid

Speedguard ·

Alles nou goed en wel, die bestuurderslisensie toets sentrums MOET baie streng gemonitor word dit is daar waar die probleem begin, gaan kyk gerus by 99% van die sentrums is daar sulke aasvoels wat daar rond hang met allerhande plannetjies!

Amelia ·

Ek wonder of was almal wat gearresteer is bewus van wat aangaan. Ek het al geleer in die lewe dat base jou kan verplig om iets te doen, al weet jy soms nie eens hoekom nie. n Personeellid sal enigiets doen vir bevordering of net om sy/haar werk te behou. Maar net n gedagte.

Onbekend ·

Kom k se vir di wat nie weet wat aan gaan dit is my vrou wat daar staan as julle ni weet wat daar gebeur het ni moet ni komtaar lewer ni asb. Of vlieg……..

Verduidelik dan ·

Onbekend nou verduidelik dan hoe sy dan vasgeboei word as sy nie skuldig is nie, maar die hof sal besluit ja. Elke lisensie wat onregmatig uitgereik is stel iemand se vrou, dogter, ma, pa, oom, boetie, sussie, niggie, nefie en wat ookal se lewe in gevaar, joune ook!! Ek het min genade met die. As sy skuldig is moet sy vlieg, indien nie gaan sy die kans kry om haar onskuld in ‘n hof te bewys. Pfftt

Onbekend ·

Ek kani alles nou verduidlik ni maar daar is geen ondersoek gedoen ni net in gekom alles gevat en almal toe gesluit. Hof saak is besig.

Onbekend ·

Ek kani alles nou verduidlik ni maar daar is geen ondersoek gedoen ni net in gekom alles gevat en almal toe gesluit. Hof saak is besig. Hulle ryk glad nie lesensies uit hulle het net pad vaardigheid van karre gedoen.

Sjoe ·

Onbekend ons bid dan dat geregtigheid sal seëvier. Dra die saak aan die Vader in die Hemel op vir wie niemand kan jok en vir wie omkoopgeld nutteloos is. Sterkte

Gert van Wierdapark ·

Die a en see ens is besig met ver-kiesingsfoefies om te maak of hul korrupsie hokslaan. Die vulletjie wat ter sprake is, (sonder om iets goed te praat) boggerall in vergelyking met die regstelende soustrein wat deel vorm van die Kakistrokasie van SA!

Attie. ·

as alle skurke opgesluit is gaan ons superbelasting betaal om hulle te voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.