Nog vyf vas ná vrou tydens transitorooftog sterf

Argieffoto

Nog vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn transitorooftog Maandagaand op die N2 buite Mthatha in die Oos-Kaap waartydens een vrou doodgeskiet en ʼn man gewond is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het dié inhegtenisnemings Dinsdagaand laat bevestig. Naidoo sê die taakspan wat onmiddellik ná die rooftog op die spoor van die verdagtes was, het inligting van die misdaadintelligensie-eenheid ontvang wat hulle in staat gestel het om die verdagtes na te spoor en naby die Nigel-afrit in Gauteng in hegtenis te neem.

“Hulle is vasgetrek in ʼn Toyota Hilux-bakkie met vervalste nommerplate,” het Naidoo gesê. “Die voertuig is deursoek en ʼn fopkompartement is daarin gevind waarin ʼn onbevestigde bedrag kontant was. Daar is ook beslag gelê op twee AK47-aanvalsgewere, nog ʼn vuurwapen, magasyne en patrone.”

Wetstoepassers het reeds vroeër, slegs ure ná die transitorooftog, die eerste twee verdagtes in hegtenis geneem by ʼn vulstasie in Mthatha. Daar is tydens dié inhegtenisneming ook op kontant en ʼn ongelisensieerde pistool beslag gelê.

Maroela Media het vroeër berig die transitorooftog het Maandag omstreeks 18:30 gebeur toe rowers vanuit ʼn bakkie op die geldwa losgebrand en dit so tot stilstand gedwing het. ʼn 30-jarige vrou is doodgeskiet en ʼn man is gewond terwyl die verdagtes op die transitovoertuig geskiet en dwaalkoeëls drie ander voertuie getref het.

Die rowers het die veiligheidswagte ontwapen, hulle vasgebind en gedwing om die kluis oop te maak, voordat hulle met ʼn onbevestigde bedrag geld op die vlug geslaan het.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die spoedige inhegtenisnemings van die sewe verdagtes verwelkom en gesê die gebruik van maksimum hulpbronne binne die 72 uur ná ʼn transitorooftog beteken daar is min of geen kans vir oortreders om wetstoepassers te ontduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AW ·

Now the real challenge begins after the arrest ….taking the following into consideration:

“The defence strategy was predictable – delay and draw out, pounce on technicalities, suggest impropriety, allude to coercion, suggest mistaken identity. The usual playbook for a criminal trail.
As one experienced heist lawyer told me on the phone: ‘police incompetence is often our best friend’; gunning for the credibility of the investigation is always the primary pillar.” (Page 9 & 10)

“…frustrated with the delaying tactics of the defence lawyers, and worn down by the ongoing intimidation and threats.” (Page 41)

“You are up against defence lawyers who are paid big money.
You worry about being blindsided by technicalities, about your evidence being discredited.
You know the defence will draw out the process, because it means more money in their pockets; you have to prepare for long delays and curve balls.” (Page 41)

“Defence counsel will do their best to divert attention away from their clients, with numerous side issues that they hope the presiding judge gets lost in” (Page 141)

“… it is absolutely par for the course in these heist trails for the defence to delay the proceedings for as long as possible. It’s a deliberate strategy.” (Page 143)

“There, they dragged things out for so long that ultimately the witnessess refuse to testify, and the accused got off.” (Page 143)

Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered (Anneliese Burgess – 2018)

nads ·

Wel gedaan, ek hoop dit gaan so aanhou. Jammer om te hoor van die vrou wat se lewe so weg gevat is van haar.

GM ·

Lede van die publiek word raakgeskiet, maar die wagte word net vasgebind? Ek hoor seker te veel stories van mense wat in die sekuriteitsindustrie werk, maar my eerste gedagte is meestal: ‘inside job’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.