Nóg weermagperde vrek, is siek ‘weens swak sorg’

Een van die weermagperde wat verlede jaar in swak kondisie op ‘n perseel gekry is. (Foto: NDBV)

Die Nasionale Raad van DBV sê hy is geskok deur die Suid-Afrikaanse Weermag se onvermoë om na die perde in sy sorg om te sien.

Die raad en die weermag stamp weer koppe nadat ʼn perd in ʼn terminale stadium van Afrika-perdesiekte by ʼn weermagperseel by Rooiwal buite Pretoria van kant gemaak moes word. Die raad sê die perd sou andersins op ʼn afgryslike manier gevrek het.

Die NDBV beweer 13 perde het voor die raad se besoek vroeër die maand reeds gevrek of is van kant gemaak weens die weermag se “gejaagde en ondeurdagte besluit” om die diere te verskuif. Etlike van die diere het gebreekte bene gehad of het weens onbekende oorsake gevrek. Net 47 van die 60 perde wat oorspronklik daarheen geskuif is, bly oor.

Die NDBV se woordvoerder, Meg Wilson, het gesê spesifieke siektes kom in dié gebied voor, wat beteken dieresorgorganisasies hervestig – weens die verhoogde risiko’s – nié perde daar nie. Die raad is sedertdien ook al twee keer terug na die perseel om die situasie te monitor. Wilson sê Afrika-perdesiekte en verskeie ander siektes is by van die oorblywende perde gediagnoseer.

Die NDBV was verlede jaar ook in ʼn relletjie met die weermag betrokke toe die raad verskeie perde by die Potchefstroom-basis aangetref het wat besig was om van die honger te vrek. Altesame 25 perde is tóé van kant gemaak.

Ná ʼn konsultasieproses het die NDBV destyds 69 van die wilde perde verwyder en na ʼn veilige plek geneem. Die weermag het onderneem om die oorblywende 60 perde na ʼn fasiliteit by Rooiwal, buite Pretoria, te neem.

“Korrespondensie hieroor is gerig aan die hoof van die weermag, genl. Solly Shoke en die hoof van die leër, lt.genl. Lindile Yam, waarin hulle gemaan word dat die besluit om die perde na Rooiwal te skuif nie in die diere se beste belang is nie. Die NDBV se vrese is geïgnoreer,” het Wilson gesê.

Wilson het gesê daar was onder meer kommer oor die voorkoms van siektes in die gebied, ʼn gebrek aan behoorlike fasiliteite om wilde perde te hanteer en die feit dat die eiendom ver weg is van die weermag se veeartsenykundige instituut-hospitaal.

Die weermag het die diere steeds na Rooiwal geskuif.

Wilson het gesê daar is geen stalle vir die perde nie en dat die diere heeltemal wild is. Die weermag wil hulle glo oplei.

Maroela Media het vroeër berig die NDBV het in 2016 ʼn formele memorandum van ooreenkoms met die weermag onderteken oor die versorging van die perde, hoewel die weermag “voortdurend van die ooreenkoms afgewyk het”. Wilson het vandag weer gesê die hoof van die weermag ignoreer die raad en sy aanbevelings.

Sy het gesê die raad monitor steeds die perde op die grond buite Potchefstroom, maar dat toestande daar op dié stadium bevredigend is.

Wilson het gesê volgens die weermag is die perde by Rooiwal onder mediese sorg en het die raad geen gronde om die diere nou te verwyder nie.

Maroela Media het die weermag om kommentaar genader, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Nettie ·

Nou waarvoor, op dees aarde, behalwe vir parade-doeleindes, het die SANW nog perde? Leef hulle dan in die laat 1890’s toe oorlog nog op perde-rug gevoer is?

Ba! Die SANW wil die perde ‘oplei’ – ag genugtig man, die SANW kan dan nie eens hul lede na behore oplei nie, waar sal hulle nog ‘n spul wilde, ondervoede en siek perde kan oplei?

Zumie ·

Beste Nettie
Met die spoed wat hulle voertuie verloor is perde goeie beplanning – as die perde lewend gehou kan word…

Blaarman ·

‘n Perd het nie brandstof nodig nie (gras en water wel). So, nie so slegte idee om ‘n berede mag te hê nie,selfs in vandag se tye. Selfs die US marines maak vandag nog van pakdiere gebruik in sekere konflikte (soos onlangs in Afghanistan).

Net uiters jammer dat die diere by menslike konflikte ingesleep moet word, en veral ‘n tragedie as hulle so verwaarloos en verniel word!

HPV ·

Hulle het die perde nodig want niks anders kan meer ry of vlieg nie. Dit is seker al wat nog werk.

OÏKOFOOBsemaai ·

Die ou SAW het perde goed gebruik, op patrollies, skarebeheer, vertonings en teenonsurgensie.

Veritas ·

Wat ek hier wil sê, sal veroorsaak dat die EFF die komende verkiesing wen.

Feite ·

Net EEN vraag: Wat de hel soek perde nog by die ‘Weermag’? Hulle is onbevoeg om na ENIGIETS om te sien! Wat hulle funksie nog in hierdie land is gaan my verstand te bowe.

Gert Marais ·

Dalk gebruik hulle die perde om die G2 kanonne te sleep (as hulle nog so iets het), dan spaar hulle diesel.

Showahed ·

As jy nie eers na jou eie familie en veral kinders kan omsien nie, wat verwarg ons van diere? Dis ‘n groot sonde!

Santjie ·

Dis waar die verskil inkom – hulle sien WEL om na hulle familie en bogger die res!

Diefie ·

Hoe hartseer is dit nie! Vader red ons asseblief uit hierdie gemors waarin ons pragtige land is. Amen.

honourable member ·

Hierdie mense het oor die algemeen geen liefde vir diere nie so ek voel baie jammer vir die oorblywende perde. Hulle het geen kans op oorlewing nie. Ek hoop die DBV vat hierdie diere weg.

Willie ·

Wat maak die perde nog daar, kla die sotte aan, hulle kanie eers na hul self omsien nie… My woorde sal my in die tronk laat beland.. Wat is dit met die wereld dat die onbevoegte klomp nou eweskielik beskermde wild is? Gemors

marous ·

Neem honderde fotos en gaan plak dit oorsee teen die ambassades se hekke en deure vas . Hier gaan die DBV nie perd haaraf maak nie .

Christien vd Westhuizen ·

Die wetters kan nie eers hulle kinders versorg nie wat nog van diere dis kommer wekkend kyk hoe lyk die land

André Basson ·

En hulle wil die perde oplei? Kan hulle opgelei word? Nee.

Helene ·

Wat ‘n skreiende skande. Die DBV moes in die eerste plek al die diere gekonfiskeer het. Hulle is onbevoeg om na enige diere om te sien.

Laat ek verder stilbly …. !!!

fred ·

watter funksie het die SANW nog?wat is hulle bydraë tot die ekonomie?

jan ·

waar is die offisiere wat die duisende rande verdien. wys net hulle is onbevoeg om selfs na diere omtesien. diere kan nie vir hulle self kos soek as hulle op hok staan…gaankyk hoe lyk hulle honde in hulle woon buurtes.

Amelia ·

Geen staatinstansie kan na mens of dier omsien nie. Kyk net na hospitale en ja enige staatsinstansie wat diere het.

toy ·

Hulle moet nooit ooit weer perde kry nie! Dink hulle die perde gaan vir hulle self kan sorg. Dit is ‘n sonde om diere so te mishandel.

Berede ·

Ek was in Berede eenheid gewees toe ons nog dienspligtig was, in daai dae het jou perde eerste kos en versoging gekry , nog voordat jy tande geborsel het . En bewaar jou siel as jou perd nie eers geroskam was nie, Hulle was ons lewe en ons sou ons alles gee om ons perde buddies die beste te gee , Dit is so hartseer dat alles so verval het

Skandalig ·

en steeds is NIEMAND vervolg nie en het NIEMAND enige straf of boete gekry vir die voriges wat WREEDAARDIGLIK gesterf het nie … NEEWAT die land het net GEEN justice vir sekere mense OF diere nie .. WAAR IS DIE DBV NOU??? Hoe ver het hulle met die vorige saak gekom?? HOEVEEL Mense is vervolg?? Hulle verdien nie perde nie … laat hulle LOOP>

Agnes ·

Nou dit ook nog, Nee heng n mens kan niks aan hul oor Laat nie. Wat is volgende?

Hb ·

Hoekom het hulle perde en honde????? Hulle kan nie eers staatsvoertuie oppas nie!!!!! Daar moet ernstig opgetree word hier, hulle verdien nie die diere nie.

Mariana ·

Wat ‘n skreiende skande. Pateties lot. Die arme diere moet lyk omdat die wat hulle moet versorg te sleg is. Hopelik word daar nou opgetree teen hierdie mense.

Alwyn ·

Hoekom is Dept van Landbou nie betrokke by die groot siekte probleem nie?

Sandy ·

Ek gaan nie myself weer deur die trauma sit soos toe ek laaste keer oor die perde wat so sleg behandel word te lees nie. Dis nie die eerste maal dat so iets bydi weermag gebeur nie. Laas keer toe ek dit lees was ek so getraumatiseer dat ek vir nagte wakker gele het en die perde voor my gesig gesien. Hulle is sulke trotse diere, gee ook van hulself in diens en dit is wat met hulle gebeur. Daar is sekerlik iemand wat in die weermag wat genoeg omgee om die situasie ‘n volle ommeswaai te kan gee? Help asseblief die diere. As hul siek is maak hul van kant sodat hulle nie hoef te ly nie, hul verdien dit tog. Die wat gered kan word, red hulle en gee hulle die waardigheid terug wat hulle toekom.

Salamander ·

“The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”
― Mahatma Gandhi

Helene ·

Amen! Nou kan ons verstaan hoekom alles so verval tot in die laagste laag! Leer by die skool (wat nog daarvan oor is) hoe om na jou troeteldiere om te sien. Die res sal volg …

thelsa ·

Is daar werkile iets wat vir hierdie Persone agtergelaat is deur die vorige bewind, wat deur die Persone in stand gehou word ? Niks het verbeter nie behalwe korrupsie !!

RDP ·

Hoekom is ons enigsins verbaas hieroor??? Net nog iets wat gewerk het en nou in absolute verval is…

JP ·

Die weermaglede sal nie kommentaar lewer nie, dit is mos nie hulle perde nie, die wreedheid word mos teen die staat se perde gepleeg

M'Lady ·

“One day we will understand the languages of other animals. I hope and pray they will forgive mankind.” Anthony Douglas Williams. (Inside the Divine Pattern.)

jakes ·

Vuil weermagbasisse, geboue wat dekades laas geverf is, gras en bossies wat n meter hoog staan, is die huidige norm in die SAW. Behoede ons as ons deur n vyand aangeval word met n eskader mikroligte tuigies. Ek skaam my dood as my huis of erf so moet lyk
maar as daar nie eers geld is om ons paar outydse vegvliegtuie in die lug te hou nie, dan sal die moraal van ons soldate, hul bevelvoerders sn ewenaar. Perde se welstand is beslis nie op hul ‘bucket ‘ nie.

Johanna Botha ·

Sielloos ! ! Maak mens so kwaad om dit te sien …NIKS NIKS word versorg nie !

Mudguard ·

Die weermag se eie Esidimeni geval !! En niemand is verantwoordelik nie.

Alida ·

Ek wens hierdie patete wil in London gaan look en learn hoe om na perde te kyk. Pragtige vet blink diere.

SjN ·

Hul sal nie eens n fiets in stand kan hou nie, laat hul voetslaan.

Thys ·

Kla hulle aan vir diere mishandeling, en maak seker hulle gaan tronk toe vir ten minste 6 jaar sonder borg voorwaardes.
Laat hulle sit.

J ·

Julle mis die punt, perde is daar vir as geen voertuig meer loop in die weermag nie, wat ook nie meer baie lank sal wees nie, net ek sal wil sien hoe span hulle n klomp wilse perde in, as daar nog n paar is wat nog nie gevrek het nie Skande

hercu ·

ek wonder so by myselwers!!

is daar enigiets wat die regering en hulle lede nie kan opmors en vernietig nie!!

alles, en ek bedoel alles, is in ‘n goeie toestand 25jaar gelede oorhandig aan die ANC, maar niks, niks is oor nie!!

lolla ·

met die baie stories oor hoe lekker perdevleis is verbaas dit my dat dit nog nie gebraai en geeet is nie… of verkoop is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.