Nominasies en aansoeke vir nuwe OB nou oop

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die publiek kan nou kandidate benoem vir die pos van openbare beskermer (OB).

Die ad hoc-komitee wat ʼn nuwe openbare beskermer (OB) moet nomineer om Thuli Madonsela op te volg, het Sondag gesê mense kan ook nou aansoek doen vir die pos.

“Suid-Afrikaners word aangemoedig om betyds hul nominasies en aansoeke in te dien aangesien die sluitingsdatum 24 Junie is,” het die ad hoc-komitee in ʼn verklaring gesê.

Indien ʼn lid van die publiek iemand vir die pos wil nomineer, moet hulle ʼn motiveringsbrief en CV van die persoon indien. “Indien iemand self vir die pos wil aansoek doen, moet daar ook ʼn motiveringsbrief en CV ingedien word.”

ʼn Kortlys sal opgestel word en onderhoude sal die week ná die munisipale verkiesings op 3 Augustus met die kandidate gevoer word.

Madonsela is op 19 Oktober 2009 deur pres. Jacob Zuma aangestel vir ʼn niehernubare termyn van sewe jaar as OB.

Benoemings en aansoeke kan hier gedoen word: http://www.parliament.gov.za/live/content.php?Item_ID=9124.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mildred coetzee ·

Thuli moet bly , sy ken haar werk !! Stem vir Thuli !!!

Lizette ·

Daar staan duidelik, sy kan nie weer nie, ek sou ook wou vir haar stem het.

Penellope Jones ·

Ai Thuli, sou so graag wou gehad het dat jy kon aangaan!
Suid-Afrika gaan nie weer ‘n Thulli kry nie.

Doris Gouws. ·

Ek wil regtig sê hulle kan maar vir Thuli weer aanstel want hoekom moet hulle iemand anders aanstel want ek dink sy het absoluut goed in haar pos gedoen dan wil ek net sê dat hulle nie weer so n persoon soosThuli sal kry nie want sy het geglo dat alles net reg moet wees.

Christo Henrico ·

Stem saam. Sal ver soek vir ń persoon om Thuli se voet spore vol te staan.

Vicus ·

Hulle sal haar nie weer aanstel nie. Sy spook klaar by Zuma

Bach ·

Z moet elk geval die nuwe aanstelling goed keur en hy sal nie weer fout maak om iemand met integriteit aan te stel nie. Dit sal ‘n skoothondjie wees. So vergeet maar van benoemings daar is sekerlik al klaar besluit wie dit sal wees en die kastige komitee is net ‘n rookskerm.

Henry ·

Schabir Shaik is die ideale keuse.
Hy kan verseker dat die snoete rustig en ongesteurd in die trog gedruk kan word.

Ronald Spandiel ·

Stel Thuli Madonsela se Assistent in haar plek aan. Hy het onder haar waardevolle ondervinding op gedoen en het ingekoop oor hoe sy dinge doen. Hy sal n waardig opvolger wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.