Non se liggaam gevind: ‘Sy was ‘n merkwaardige vrou’

Suster Mary Paule. Foto: Facebook

Suster Mary Paule. Foto: Facebook

Die 82-jarige non wie se liggaam Maandagmiddag in ‘n stroompie in Nangeni in die Oos-Kaap gevind is nadat sy gekaap is, was suster Mary Paule.

Maroela Media het vroeër berig dat ‘n non Sondag in Mthatha gekaap en ontvoer is en dat haar liggaam ‘n dag later gevind is. Suster Paule was ‘n weldoener in haar gemeenskap en was onder meer by verskeie kinderhuise betrokke. Rose Kasumbi, waarnemende direkteur van die Bethany-kinderhuis, sê suster Paule was een van hul stigterslede en ‘n lid van die kinderhuis se raad. Die huis sorg vir verwaarloosde-, misbruikte- en weeskinders.

Kasumbi sê suster Paule het Sondag besluit om besoek te gaan aflê by die Thembelihle-kinderhuis in Norwood waar sy ook ‘n raadslid was. “Sy is voor die hek van die kindershuis gekaap. Een van die seuns het gesien wat gebeur het en hulp gaan soek.”

Kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê dat suster Paule se motor later in Mthatha gewaar is en dat mense wat saam haar gewerk het die motor agtervolg het. “Die polisie het ook die motor agternagesit en soos hulle nader gekom het, het die motor omgeslaan. Twee mans het te voet gevlug en die polisie het op ‘n 9mm-pistool met vyf rondes en ‘n selfoon beslag gelê,” het Fatyela gesê.

Suster Paule was nie in die motor nie en haar liggaam is Maandagmiddag in die stroompie deur ‘n verbyganger gevind. Volgens berigte was suster Paule se selfoon, beursie en huissleutels steeds in haar besit. Sy is vermoedelik verwurg. Die polisie wag egter op die uitslag van die nadoodse ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Kasumbi sê suster Paule was ‘n merkwaardige vrou. “Ons is so geseënd dat ons haar gehad het. Sy sal nooit vir ons dood wees nie. Meeste van die babas in ons kinderhuis sou dood gewees het as dit nie vir haar was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elizabeth ·

Nou-ja… soos ek in die eerste berig kommentaar gelewer het – iemand wat die Woord en liefde van God versprei het, was soos ‘n gebruikte stuk papier of iets dergeliks weggesmyt na sy vermoor is. Hoe laakbaar! Iemand wat werklik iets beteken het vir die samelewing…! Ek hoop daar word moeite gedoen om die skuldiges vas te trek en te straf. Ek weet nie hoe kon hulle te voet wegkom van die polisie wat tog in voertuie was?

Johann ·

Die geestelike leiers moet begin besef dat die dag gekom het, om te besin eer hul begin dink waar hul gemeenskapswerk gaan doen. Die onbaatsugtige werk, wat suster Mary Paule gedoen het vir daardie gemeenskap was op die ou einde net stank vir dank.
Sterkte aan haar naasbestaandes, familie en vriende.

Trippie ·

Goeie kommentaar Johann, ek stem met jou saam.

Die gedagte kom by my op – is sy nie dalk nog verkrag ook nie ?

Johann ·

Hi Trippie.
Dankie. Die arme mens sou verkrag gewees het want dit is die norm in hierdie gebroke land.

Dit is lekker dat jy weer vir ‘n slag kom inloer. Moet dr Johann miskien weer ‘n konsultasie reël dat ons jou meer kan sien?

Trippie ·

Weg is my boodskappie aan jou Johann – Tsk. Hoop maar dit sal later wel verskyn. Ek skryf ook onder Ria Maritz.

Dr Johann kan saam met my bid dat ons weer eendag in ‘n land kan bly waar mense mekaar se lewens sal respekteer, en alles en almal weer veilig is.

Groete, dit was nou ‘n oulike boodskappie ;) Waardeer hoor.

AmY ·

Dalk is dit nog jongmense in die gemeenskap wat dit gedoen het? Jongmens wat sy dalk gehelp en gered het eens op ‘n tyd…

As hulle ‘n kar soek, gee hulle nie om wie jy was of wat jy gedoen het nie.

Hulle steel en moor net. Hulle is moordlustig en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Ek wil werklik glo dat sy haar aanvallers/moordenaars geken het. Hulle voel niks vir ‘n lewe nie.

Belinda ·

Ja ek stem saam met julle 100% Trippie en Johann so jammer om so ouderdom so wreed vermoor te word dis eintlik tragies ek meen sy was besig om te doen waarvoor sy lief was………………

anita ·

Skamteloos word die persone die onbaatsugtige diens lewer net vermoor. Hierdie moordenaars het geen gevoel vir enige lewende dier/persoon nie. Sy moes haar moordenaar in die oe kyk, maar sy het hier op aarde haar weg na die hemel geplavei met goeie dade. Die moordenaars nie, hulle moet vir lewenslank weg gebëre word….geen parool, geen besoeke, geen voordele, en elkeen in ‘een persoon sel.

EMK ·

@Anita – stem saam behalwe dat hulle nie in eepersoonsel moet gaan maar saam met die mees gevreesde tronkboelie(oftewel pappa!) in ‘n sel – ons weet wat dan kan gebeur en dis wat moet gebeur met hierdie drek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.