Non se moord: Man in hof, tweede verdagte vas

Suster Mary Paul Tacke Foto: Facebook

Suster Mary Paul Tacke Foto: Facebook

ʼn Man wat beskuldig word van die moord op ʼn Rooms Katolieke non het Vrydag vlugtig in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.

“Asiphe Ndikinda (26) se saak is tot 2 Julie uitgestel waar hy formeel om borgtog sal aansoek doen,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Ndikinda is Donderdag in Mthatha in hegtenis geneem ná suster Mary Paule Tacke (82) se moord. Sy is Sondag deur twee mans gekaap en ontvoer. Haar kollegas het na die misdaad haar motor in Mthatha opgemerk en dit agtervolg. Die polisie is ontbied en haar motor het tydens die jaagtog omgeslaan. Die twee insittendes het weggehardloop.

Tacke se liggaam is Maandag in Nangeni in ʼn klein stroompie in die veld opgespoor.

Ndikinda se vermeende medepligtige is Vrydagoggend in Mqanduli aangekeer. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Volgens die Lewiston Tribune Online is Tacke buite die Thembelihle-kinderhuis ontvoer. Sy was een van die stigterslede van dié kinderhuis wat kinders tussen agt en 16 jaar oud versorg.

Sy is op 17 Maart 1932 in Cottonwood, Idaho in Amerika gebore. Sy het by die Mariazell-sending naby Matatiele begin werk nadat sy na Suid-Afrika gekom het. In 1955 het sy die Bethany Plek van Veiligheid in Mthatha tot stand gebring, ʼn plek wat na pasgebore verlate kinders tot ses jaar oud omsien. Sy was tussen 1955 en 2007 die direkteur van dié plek van veiligheid. -SAPA

Lees ook:
Man vas vir non se moord
Non se liggaam gevind: “Sy was ‘n merkwaardige vrou”
Vrou se liggaam gevind ná kaping

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

MOOI SO! Laat geregtigheid nou geskied – NIKS minder as lewenslank!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.