Voer is een van die dringendste behoeftes van boere in die distrik Trompsburg, waar sowat 30 000 hektaar en honderde skape die afgelope week in ʼn vernietigende veldbrand in die slag gebly het.
Die brand het vermoedelik Donderdag op ʼn plaas aan Bloemfontein se kant van die Suid-Vrystaatse dorp ontstaan, sê Jóhann Thormählen, Vrystaat-landbou se mediabeampte. Dis die naweek geblus.
Hy sê dit sal nog ʼn paar dae duur om die volle omvang van die skade te bepaal, maar intussen moet die diere wat die brand oorleef het, dringend voer kry. “Daar is ouens wat amper al hul weiding verloor het, maar dan is ook brandstof en geld nodig om skenkings by die boere uit te kry.”
Vriende van Landbou, ʼn organisasie wat gestig is om boere in tye van nood by te staan, koördineer die insamelingspoging, sê Thormählen. Besonderhede oor hoe om te help, is beskikbaar op hul webwerf, www.vlvriende.org.
Die Dierebeskermingsverenging besoek vandeesweek plase wat onder die brand deurgeloop het om diere te versorg wat beseer is.
Intussen begin hulp uit talle oorde inkom. ʼn Groep vroue van die dorp Reitz in die Oos-Vrystaat het byvoorbeeld ʼn vrag mielies en ʼn vrag bale vir Trompsburg se boere gereël. Hulle skryf op Facebook hulle wil minstens 30 ton mielies na Trompsburg stuur. Dié groep kon Dinsdag nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Dankie vir daai wonderlike dames van Reitz vir al die hulp. Sterkte aan al die boere wat deurgeloop het onder hierdie veldbrande.
Bankbesonderhede dat ons bydraes kan maak, asb?
Ek kan net nooit verstaan hoekom die boere nie brandwagte uitsit om dop te hou vir vure wat klien klein ontstaan nie.slaap sie boere die hele dag of wat maak hulle..
Jan
Bly jy op ‘n plaas? Het jy al ooit iets gesien van ‘n brand wat weghardloop in uiters droë omstandighede met sterk wind…?
Die boere slaap nie die hele dag nie – hulle leef normale lewens, gaan voort met hul werk op die plaas, moet ry om dinge te doen en so aan. Hulle kan juis nie heeldag op die stoep sit om te kyk of daar iewers ‘n rokie trek nie. En daardie plase is baie groot en afgeleë. Mens kan nie die vuur dadelik van die opstal af sien nie. Dit vat tyd vir bure om bymekaar uit te kom om hulp te gee. Somtyds is selfoon opvangs ook swak.
Trek maar jou woorde terug my vriend.
Baie sterkte aan die boere wat nog swaarder kry agv hierdie brand!
Jan het nog net vuur oo die TV gesien en praat TWAK.