Nood-instandhouding beïnvloed elektrisiteittoevoer in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

Die Nirvana-substasie in Lenasie gaan Saterdagaand afgeskakel word vir noodinstandhoudingswerk, het City Power gesê.

Die elektrisiteit sal Saterdagaand om 23:59 afgeskakel word tot Sondagoggend om 05:00.

“Gebruikers word gemaan om alle elektriese toerusting steeds as lewendig te hanteer, aangesien elektrisiteit sonder vooraf kennisgewing aangeskakel mag word,” het Sol Masolo, woordvoerder vir City Power, gesê.

Die gebiede wat hierdeur geraak word is:
— Trade Route-winkelsentrum;
— Nirvana;
— Peri Urban;
— Nirvana Drive (Lenasia Clinic);
— Gazellestraat;
— Skatelaan;
— Giraffestraat;
— Bluefinlaan;
— Jewellaan;
— Lenasia uitbreiding 10, 11, 12, 13, 16, 2, 3;
— Lenasia uitbreiding 4, 5, 6, 7, 8, 9

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae