Nood te groot vir stadig ry

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man met ʼn BMW M3 het Sondag aan metropolisiebeamptes gesê hy moet dringend by ʼn toilet uitkom, nadat hy teen 202 km/h gejaag en hulle hom vir spoedoortreding afgetrek het.

“Die 21-jarige man het met sy M3 teen 202 km/h in ʼn 120km/h-sone gery op die R59 naby Alberton in Gauteng,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, in ʼn verklaring gesê. Die polisie het hom tot in die Vaal agternagesit, aangesien hy bevele om af te trek, ignoreer het.

“Die motorfiets-eenheid moes tussen 280 en 290 km/h handhaaf om die motoris in te haal,” het Kgasago bygevoeg.

In ʼn ander geval het ʼn VW Polo-bestuurder gesê sy 10-jarige dogter se huilery het hom aangespoor om vinniger te ry. Hy het teen 175 km/h op dieselfde pad gery.

Twee ander motoriste is ook in hegtenis geneem nadat hulle onderskeidelik 182 km/h en 198 km/h gery het. Die een het aangevoer hy is op pad na ʼn familiebyeenkoms en die ander een het gesê hy is laat vir ʼn vergadering, het Kgasago gesê.

Die 21-jarige BMW-bestuurder se borgtog is afgekeur en hy sal na verwagting Maandag in die Palm Ridge landdroshof verskyn.

Die ander drie motoriste staan tereg op aanklag van roekelose of nalatige bestuur en is vrygelaat op borgtog van tussen R500 en R1 000.

Intussen is ʼn man op die N1-noord in Midrand in Gauteng in hegtenis geneem nadat hy teen 192 km/h met ʼn Toyota Auris gery het. “Die 29-jarige is Saterdagaand in hegtenis geneem,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse polisie, gesê. “Hy sal na verwagting hierdie week in die Randburg-landdroshof verskyn.”

Minnaar sê 133 ander motoriste is Saterdagaand met ʼn spoedkamera afgeneem nadat hulle vinniger as 120 km/h gery het. “Hierdie motoriste sal hul kennisgewings in die pos ontvang,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sam ·

Ag shamepies, intussen word publiek by hulle huise beroof en vermoor terwyl metro geld maak uit publiek, julle is useless, vang regte skelms of is julle sissies te slapgat daarvoor!

Kay-Lee ·

Was dit werklik nodig en so uiters belangrik om dieselfde spoed op motorfietse te handhaaf, ek hoop die metro-beamptes word ook aangespreek.
Sam ek stem ook saam met jou.

Gerhard Bezuidenhout ·

Intussen jaag die Bloulig Brigade met hul groot swart motors rustig teen n baie hoe spoed op ons paaie en flikker ligte vir jou om vir hulle pad te gee, verby verkeersmanne wat nie eers na hulle kant toe kyk nie. Verder jaag Staatsamptenare met motors met die Staats logo teen die deure teen die spoed van wit lig veral op die N1 tussen Johannesburg en Bloemfontein en ook hulle word nie voorgekeer nie.

Nina ·

Alhoewel ek met julle saamstem oor mense se onveiligheid in hul eie huise, is dit nie Metro se werk nie, maar wel die Polisie s’n!

En ‘n 21jarige snotkop teen daai spoed op die pad? Wat bly oor van enige iemand as hy in hulle vasjaag teen daai spoed? Absoluut niks! Net omdat hy ‘n arrogante klein knop is wat dink hy is verhewe bo die wet. My familie en MY kinders is ook daagliks op die pad. Magtig, man.

Mens kan nie wil kla as Metro hul werk doen nie. Kla wanneer hulle dit NIE doen nie.

Anoniem ·

Nou as Metro hulle werk doen hoekom word die bloulig brigade en staatsvoertuie geignoreer? Wat is goed vir die een is ook vir die ander. Ek stem saam net sekere mense word gevang en ander mag maar jaag. Die onregverdigheid van Metro maak my siek.

Martie ·

O please, mense!!!! verkeerd is verkeerd, waar jaag die spoedvrate in elk geval heen. Hulle is selfsugtig en stel almal om hulle se lewens in gevaar. Hulle moet die vervaardigers beboet want hoekom ‘n motor so vinning maak as jy dit in elk geval nie kan toepas nie. Die groot probleem in die land is mense wat dink hulle kan doen wat hulle wil, want hulle besit groter, beter en beste. as jy nie leer nie moet jy voel.

Bienkie ·

Martie, die BMW outjie wou gaan pieps. Die verskonings wat aangevoer word is al afgesaag.

Gerhard Bezuidenhout ·

Nina ek het nie n probleem dat die spoedvrate gevang word nie want hulle bedreig almal van ons se lewens. Ek se gee hulle vet maar ek sal graag wil sien dat geregtigheid geskied en dat die kaders wat met moord op die paaie wegkom ook aan die pen ry . Waarom moet daar selektief vervolg word.

snip ·

nee ek val nie vir daardie verskoning. hulle doen dit mos sommer so ewe ongeskik langs die, sommer so pad se kant toe

Elizabeth ·

Toe ek lees wat se kar die knaap ry WEET ek sommer dis nie ‘n groot nood wat hom laat jaag het nie. Dis net twak, en GOED hy is gevang. En ja, hulle moet konsekwent optree en almal wat ander se lewens in gevaar stel vang, nie net sommige nie. Die wet is vir almal.

Petrus Swanepoel ·

As jy die wet oortree dan stel jy jouself bloot aan vervolging, of dit nou vir spoed is of vir moord, jy kan nie die een goedpraat en die ander slegpraat. Daar is deesdae meer deelnemers aan buitekant van die kantlyn van die spel, as jy nie deelneem aan die spel, kan jy nie ‘n verskil maak aan die uitkoms en jy kan jouself hees skreeu. Wees deel van die span en raak betrokke deur self ons land se reels en wette na te kom, speel die game en hou op kla

Estelle ·

Petrus jy het vergeet om te noem dat as jy blank is en jy oortree ‘n wet word jy vervolg, andersins kry jy net ‘n klappie op die hand en word gevra “probeer om dit nie weer te doen nie”, asseblief wees realisties!

Louis ·

As die Regter hom vonnis, gaan hy in elk geval in sy broek k.. oor die boete !! Hy moes miskien maar die spoed gehandhaaf het en sommer klaar in sy broek gek..k het !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.