Nooddienste behandel man ná huis brand

Skade aan die huis aangerig. (Foto: Verskaf)

’n Man is Dinsdagaand vir rookinaseming behandel nadat ’n brand by ’n huis in Valhalla in Centurion uitgebreek het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddiens, het aan Maroela Media gesê die brandweer is net na 21:00 na ’n huis in Andrewstraat ontbied. Drie slaapkamers, die eetkamer, die sitkamer en die lapa van die huis was in dié stadium in vlamme gehul.

Volgens Mabaso het die man televisie gekyk toe hy vlamme buite die huis by die lapa opgemerk het. Dit is egter nie in die stadium duidelik hoe die brand ontstaan het nie. Volgens Mabaso is die man vermoedelik in sy 60’s.

Die vlamme is na sowat 45 minute geblus.

Dit is nie duidelik hoeveel mense in die huis woon nie. Die man was egter die enigste om mediese behandeling op die toneel te ontvang, het Mabaso verduidelik. Die man het geweier om na ’n hospitaal vervoer te word.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fedup ·

Ai. Shame. In the midst of all that we are going through, this is the last thing anyone want to go through.

Genis ·

Ai tog, baie hartseer, nogals in die tyd ook… sterkte, hoop die gemeenskap en die bure help…

Eerlik ·

Verskriklik tragies, ek hoop regtig die mense het n ander heenkome in hierdie tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.