Nooddienste op bystand voor swaar reën

Foto verskaf deur Ekurhuleni-nooddienste

Ekurhuleni se nooddienste het inwoners gemaan om waaksaam te wees ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê het uiterste weerstoestande sal na verwagting die naweek oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land voorkom.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se nooddienste, het gesê nooddienste en rampbestuurspanne sal op bystand wees waar kitsvloede of swaar reën plaasvind.

Gauteng sal na verwagting oor die naweek swaar reën en donderstorms beleef met oorstromings. Inwoners in informele en formele nedersettings word gemaan om veral waaksaam te wees, aangesien laagliggende brûe en waterkanale moontlik kan oorstroom.

Ntladi het die volgende voorkomende maatreëls voorgestel:
– Moenie riviere of strome oorsteek waar die water hoër is as jou enkels nie
– As jy in ʼn vloed vasgekeer word wanneer jy in ʼn voertuig is, verlaat verkieslik die voertuig en klim na hoër grond
– Skuif waardevolle besittings na ʼn veilige plek bó die verwagte vloedvlak in geboue
– Onwettige elektrisiteitsverbindings is, soos altyd, gevaarlik
– Vee moet verkieslik na hoogliggende gebiede geskuif word
– Motoriste, motorfietsryers, busbestuurders en vragmotorbestuurders word aangeraai om nooit te ry waar paaie oorstroom is nie
– Wees veral versigtig tydens die aand wanneer dit moeilik is om oorstromings te sien

“Die nooddienste bly op hoë gereedheid vir enige voorvalle as gevolg van weerstoestande. Gemeenskappe wat deur kitsvloede of oorstromings geraak word, kan die nooddienssentrum dadelik kontak vir flinke ingryping,” het Ntladi bygevoeg. Skakel 011 458 0911, 112 van ʼn selfoon of die nasionale nooddiensnommer 10177.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

IK ·

Netso, die strooi van rommel en boomtakke seël maklik afvoerpype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.