Nooddienste opgeskerp voor ‘Swart Vrydag’-verkope

Argieffoto (Foto: Wokandapix/Pixabay)

Paramedici het Donderdag inkopiegangers gemaan om geduldig te wees en versigtig te wees vir moontlike stormlope tydens “Swart Vrydag”-verkope.

Die jaarlikse Swart Vrydag-inkopietog, die informele naam vir die dag ná Danksegging in die VSA, word beskou as die begin van die Kersfeesinkopieseisoen en het ʼn wêreldwye fenomeen geword waar winkels en maatskappye groot afslag aanbied.

Garrith Jamieson, woordvoerder vir Rescue Care, het gesê hulle neem kennis van die toename in belangstelling vir winskopies en hulle sal paramedici op bystand hê vir enige voorval by winkelsentrums. “Ons sal ons personeel en voertuie strategies ontplooi om enige voorval te hanteer,” het hy gesê. “Daar was al in die verlede berigte van stormlope by winkelsentrums waarop ons reageer het. Ons hoop dat dit vir almal ʼn veilige en suksesvol inkopie-ervaring sal wees.”

Die South African Savings Institute het verbruikers Woensdag gemaan om nie roekelose uitgawes aan te gaan nie en slegs items te koop wat hulle absoluut nodig het, omdat die land ʼn “groot ekonomiese en politieke kruispad” in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Vertrapping op sy beste.

Penellope Jones

Ek bly rustig by my huis.
Sien Nie kans vir die vertrapping ens. nie.

Snowball

100% besparing op Black Friday – bly by die huis.?

Pensioenaris

Wat n bagain. Het vanoggend 3 fietse vir my kleinkinders gekoop …R400 n fiets goedkoper.
Spaar R1200. Genoeg vir kersgeskenke vir hulle.

Nettie

Die “pro’s” en “con’s” van BF kan seker tot in lengte van dae beredeneer word. Wat dit my aanbetref, is BF ‘n Amerikaanse gewoonte, waarvan bitter min SAners tot so 3 jaar gelede geweet het. Dit is ‘n BELAGLIKE spul. Ons Game het vanoggend om 00:00 oopgemaak en die mense het mekaar letterlik en figuurlik VERTRAP ….. om te wat????? Iets te koop op “special” wat vanaand nog stééds “op special” en in voorraad gaan wees??? Hoeveel mense koop goed wat hulle régtig nie nodig het? Hoeveel TV’s/DVD-spelers/Dstv-dekodeerders/DVD’s/stereo-stelsels/pakke babaformule/weggooidoeke/ kitspap/rys/noedels/lang raklewe melk hét mens dan nou regtig nodig? Hoeveel mense… Lees meer »