Nooddienste opgeskerp voor ‘Swart Vrydag’-verkope

Argieffoto (Foto: Wokandapix/Pixabay)

Paramedici het Donderdag inkopiegangers gemaan om geduldig te wees en versigtig te wees vir moontlike stormlope tydens “Swart Vrydag”-verkope.

Die jaarlikse Swart Vrydag-inkopietog, die informele naam vir die dag ná Danksegging in die VSA, word beskou as die begin van die Kersfeesinkopieseisoen en het ʼn wêreldwye fenomeen geword waar winkels en maatskappye groot afslag aanbied.

Garrith Jamieson, woordvoerder vir Rescue Care, het gesê hulle neem kennis van die toename in belangstelling vir winskopies en hulle sal paramedici op bystand hê vir enige voorval by winkelsentrums. “Ons sal ons personeel en voertuie strategies ontplooi om enige voorval te hanteer,” het hy gesê. “Daar was al in die verlede berigte van stormlope by winkelsentrums waarop ons reageer het. Ons hoop dat dit vir almal ʼn veilige en suksesvol inkopie-ervaring sal wees.”

Die South African Savings Institute het verbruikers Woensdag gemaan om nie roekelose uitgawes aan te gaan nie en slegs items te koop wat hulle absoluut nodig het, omdat die land ʼn “groot ekonomiese en politieke kruispad” in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek bly rustig by my huis.
Sien Nie kans vir die vertrapping ens. nie.

Katerina ·

Ek ook. Mens kry deur die jaar ook winskopies. Spaar jou geldjies waar jy kan en wanneer jy n winskopie sien, koop die item wat jy graag wil he of nodig het. Dis so n niks-gewoond common storie,die Black Friday.

Pensioenaris ·

Wat n bagain. Het vanoggend 3 fietse vir my kleinkinders gekoop …R400 n fiets goedkoper.
Spaar R1200. Genoeg vir kersgeskenke vir hulle.

Namgrl ·

@Pensionaris, nou dit is welgedaan. In sommige gevalle wen ‘n mens….tog net in sommiges. andersins vermy ek ook maar hierdie hele afere. Om mekaar so te vertrap, dis erg. Wie hou nie van bargains nie??? Dis net, die een gee nie vir die ander om nie. En ook, ewe skiel ik is daar geld om te spandeer….

Nettie ·

Die “pro’s” en “con’s” van BF kan seker tot in lengte van dae beredeneer word.

Wat dit my aanbetref, is BF ‘n Amerikaanse gewoonte, waarvan bitter min SAners tot so 3 jaar gelede geweet het. Dit is ‘n BELAGLIKE spul. Ons Game het vanoggend om 00:00 oopgemaak en die mense het mekaar letterlik en figuurlik VERTRAP ….. om te wat????? Iets te koop op “special” wat vanaand nog stééds “op special” en in voorraad gaan wees???

Hoeveel mense koop goed wat hulle régtig nie nodig het? Hoeveel TV’s/DVD-spelers/Dstv-dekodeerders/DVD’s/stereo-stelsels/pakke babaformule/weggooidoeke/ kitspap/rys/noedels/lang raklewe melk hét mens dan nou regtig nodig? Hoeveel mense koop nou op skuld en Januarie/Februarie sit hulle met net droë brood en ‘n knop in die keel, omdat hulle dán nie die skuld wat hulle vandag gemaak het, kan betaal nie – en baie van daai goed dan ge-repo word?

Nee wat, al het ek die geld en krediet, gaan BF my verby – ek laat my nie deur groot media dekking en bemarkingsfoefies om die bos lei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.