Nooddienste verhoed om brandende gebou te betree

Hoek van Kerk- en Endstraat in Johannesburg Foto: Google Earth

Hoek van Kerk- en Endstraat in Johannesburg Foto: Google Earth

Inwoners het nooddiensbeamptes Vrydag verhoed om ʼn brandende gebou in Johannesburg se middestad te betree, omdat daar glo misdadigers in die gebou woon.

“ʼn Brand het omstreeks 15:30 by die sewe verdieping hoë gebou op die hoek van Kerk- en Endstraat uitgebreek,” het ao Gordon Billing, woordvoerder van die polisie, gesê.

Persone wat buite die gebou gestaan het, het nooddiensbeamptes verhoed om die gebou te betree. Eers toe polisiebeamptes by die toneel opgedaag het, kon personeel die gebou betree, het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir Johannesburg-nooddienste, gesê.

Billing sê daar het glo misdadigers in die gebou gewoon.

“Elf mense is na Hillbrow-hospitaal geneem om behandeling te ontvang vir rookinaseming,” het Mulaudzi bygevoeg.

Die brand, wat op die grondvloer van die gebou uitgebreek het, is omstreeks 19:30 geblus.

ʼn Saak van openbare geweld is aanhangig gemaak. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Billing bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.