Nooddiensvoertuig in diewe se kloue

'n Toyota Hilux van ER24 is oor die naweek gesteel. Foto: Argief

‘n Toyota Hilux van ER24 is oor die naweek gesteel. Foto: Argief

ʼn Reaksievoertuig van ER24 is Saterdagaand of Sondagoggend by ʼn paramedikus se huis in Klerksdorp gesteel.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het Maandag aan Maroela Media gesê die paramedikus het Sondag omstreeks 07:00 agtergekom die reaksievoertuig, ʼn Toyota Hilux, is uit sy erf gesteel.

Die mediese toerusting wat in 'n veld gestort is. Foto: Verskaf

Die mediese toerusting wat in ‘n veld gestort is. Foto: Verskaf

“Hy het dadelik ER24 se beheersentrum en die polisie in kennis gestel,” het Vermaak gesê. “Die bakkie het ʼn opsporingstoestel gehad en ná ʼn ruk het die polisie op ʼn toneel gekom waar die toestel en ander mediese toerusting uit die bakkie verwyder en in ʼn veld gestort is.”

Daar is beslag gelê op die mediese toerusting. Die bakkie is steeds soek.

Die bakkie het verskeie kentekens van ER24 op. Die agterkant van die bakkie is rooi en ER24 se noodnommer, 084 124, is ook daarop. Die bakkie se roepnommer is MR03 en die registrasienommer is YRC495GP.

Vermaak het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir dié voertuig. Mense wat die voertuig opmerk of die polisie kan bystaan met die ondersoek, word versoek om 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KarooKlong ·

Interesant dat die skelms weet waar die opsporingstoestel gemonteer was en hoe om dit uit te haal.

Peet Schabort ·

Ek sien daar is ‘n roepnommer.
Roep hom en hy behoort vanself te kom.

Gina ·

Nou wat soek n Nood voertuig by jou huis Mnr? Dis hoekom daar nie genoeg nood voertuie beskikbaar is te tye van NOOD nie. Die polisie voertuie word deesdae gebruik om inkopies te doen saam familie lede. Lekker nuwe SA ne…. Dit is ons ondergang

Yster ·

Gina . Hoe slim kan n mens wees. Hy was op bystand. Ek soos baie ander aande het die dief ook geweet die voertuig slaap daar as hy op bystand is. En hy het dalk n nood gehad om n noodvoertuig te besit. Hy gaan hom aan Nkandla verkoop. Hulle het nog nie een nie.

Sussa ·

As daardie nood voertuig by iemand was wat op bystand was, is daar seker ook mense wat permanent op bystand is, want ek sien dieselfde nood voertuie elke dag by dieselfde huis in ons dorp. En nie net een voertuig nie, sommer 2 van hulle. So ook polisie voertuie wat sommer enige tyd van die dag by die beampte se huis staan. Maar bel jy daardie spesifieke beampte, is die beampte onbereikbaar. So is die polisie- en noodvoertuie sommer gesins voertuie en taxi’s ook. Lekker. Dis die belasting betaler, ONS geld wat daardie brandstof betaal, die bande, die dienste (INDIEN hulle gediens word, want die goed is permanent stukkend). Bel jy die nood nommer, is die voertuie altyd “uit”! Ja, ons weet waarheen hulle “uit” is. Vraag is: watse kontrole word toegepas wanneer ‘n voertuig “uit” gaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.