Noodfondse vir KZN-vloedslagoffers

Pres. Cyril Ramaphosa kom in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aan, waar storms groot skade aangerig het. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die regering gaan noodfondse beskikbaar stel aan inwoners van KwaZulu-Natal, waar ʼn hewige storm Maandagaand enorme skade aangerig het. Hy het ook sy diepe medelye met slagoffers en hulle familielede betuig.

Minstens 51 mense is dood en talle is beseer, word steeds vermis of is dakloos gelaat nadat die storm losgebars het. Teen Maandagaand het die nooddienste reeds sowat 2 000 noodoproepe ontvang. Lede van die weermag en polisie is ontplooi en verskeie noodlenigingsoperasies verskaf reeds op grondvlak hulp.

Ramaphosa het van ʼn vergadering in Kaïro, Egipte, direk na KwaZulu-Natal gereis om homself van die situasie te vergewis. “Ons moet nooddienswerkers prys, op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak, vir die talle lewens wat hulle gered het.

“Daar was ook verstommende reddingspogings deur baie gewone mense, wat in die modder of vloedwater ingespring het om kinders te red, of hulle geliefdes, vriende en bure. Welgedaan aan diegene wat groot risiko’s geneem het om dit te doen,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê meer as ʼn duisend mense is ontwrig en alle vlakke van die regering werk saam om minstens kos, skuiling, beddens en toiletgeriewe beskikbaar te stel.

Die president het gesê hy het reeds die tesourie gevra vir noodfondse om die provinsie se inwoners by te staan.

“Geld gaan beskikbaar gestel word. Hierdie is noodtoestande waarvoor ons begroot, so die geld gaan gebruik word om mense wat dit nodig het, te help. Dit gaan tyd neem, maar die Suid-Afrikaanse regering op alle vlakke sal daar wees om ons mense te help,” het Ramaphosa gesê.

Hy het onder meer ʼn perseel in Chatsworth besoek en ʼn krans gelê waar sewe mense dood is, toe hul huis weens vloedskade ineengestort het.

Ramaphosa sal binne die volgende paar dae ook na die Oos-Kaap reis waar swaar reën minstens twee lewens geëis en groot skade aan infrastruktuur aangerig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

Wie gaan die fondse hanteer? Hopenlik eerlike betroubare mense.

honourable member ·

Soos ek altyd se dis mos nou verkiesingstyd so die manne in die blink pakke is skielik baie besorg en huise en klere sal nou weer vir die massas belowe het wat weggespoel het net om nou weer stemme te werf. Het in 26 jaar nie veel gedoen om mense se lewens te verander nie.

Frikkie ·

Wat van n fonds stig om plaas moorde te voorkom / beveg ?

Jammer ·

Jammer as ek swartgallig is, maar sou dieselfde gedoen geword het as dit n arm wit buurt was? Gaan die wit mense wat geraak is deur die storm ook baat vind by die noodfonds?

Gertryda ·

Wat van n besoek aan noord kaap se boere?
Of is Kzn n probleem vir Rhamaphosa in verkiesing.

Swartgallig ·

Ja nee, kan nie help om te dink dat hierdie nou net is om stemme te werf nie. Nee, dit sou nie normaalweg beskikbaar gestel word nie – dink aan soveel brande waar als verwoes word ens. Nee, dit sou nie beskikbaar gestel word as meerderheid wit mense was nie.
En sies, kyk hoe lê daai chips pakkie net daar op die grond neergesmyt. Reg om met die volgende reen see toe te spoel!!!

A ·

Ek weet almal bly nie op die oewer nie maar 80% van hulle gaan bou op rivier oewer. Wat verwag hulle? Dat die rivier sy koers gaan verande

stella ·

Dit is wat my so moedeloos maak. Die President en sy manne is gou by as daar noodgevalle soos hierdie voorkom maar wat van plaasmoorde, ens dan is hul tjoepstil. Wat help dit om te kla want hul steur hul tog nie daaraan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.