Noodlanding by Wonderboom-lughawe

Wonderboom-lughawe (Foto: Gauteng.net)

Wonderboom-lughawe (Foto: Gauteng.net)

ʼn Privaat vliegtuig het Sondagmiddag ʼn noodlanding gedoen by Wonderboom-lughawe in Pretoria.

ʼn Woordvoerder van die lughawe, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, het bevestig niemand is in die voorval beseer nie.

Die vliegtuig het opgestyg en die vlieënier het dadelik weer geland toe hy besef iets het skeefgeloop. Dit is nog nie duidelik wat die probleem veroorsaak het nie.

Volgens die woordvoerder het die vliegtuig geringe skade opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Carel ·

Julle lees weer……..wonderboom? …….nie Waterkloof…………? Wonderboom is privaat lughawe enige iemand kan gebruik self’s Gupta’s………

Adam Boshoff ·

Privaat vliegtuig op Wonderboom??? Seker net n Gupta ene want laas was dit mos n sekuriteits area wat net aan hulle gegun word Dit is seker hoe die miljoene uit die land geneem word

Cherokee ·

Sekuriteitsarea? Ek het male sonder tal op Wonderboom geland. Daar is geen sekuriteitsbeperkings.

Chris ·

Was daar vandag. Is nie n grap nie was werklik n insident. As mede vlienieer dankbaar die persoon kon dit onder beheer bring. Ons het top opgeleide vlieeniers in SA. Wel gedaan!

Chris Ws ·

Ek se knap gedaan aan die loods wat so vinnig en korrek reageer het!Dit wil gedoen wees.

Ek weet ·

Ek weet, uit ‘n betroubare bron verneem ek dis een met vlerke.

Deon ·

Daardie vliegtuig het vir ‘n drone uitgeswaai en toe was dit chaos!! Katskiet op loots geen grap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.