Noodlanding op Plettenbergbaai

Die Cessna-vliegtuig wat op 26 Maart 2016 op 'n strand in Plettenbergbaai 'n noodlanding gedoen het (Foto: NSRI)

Die Cessna-vliegtuig wat op 26 Maart 2016 op ‘n strand in Plettenbergbaai ‘n noodlanding gedoen het (Foto: NSRI)

ʼn Ligte vliegtuig het Saterdagmiddag ʼn noodlanding op ʼn strand in Plettenbergbaai gedoen.

“Die NSRI Plettenbergbaai is omstreeks 12:20 ontbied na die toneel by Lookout-strand,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê. “Die polisie en plaaslike lewensredders het ook reageer op die oproep.”

Volgens Lambinon het die Cessna-vliegtuig ʼn noodlanding op die strand gedoen. “Die vliegtuig het glo enjinprobleme ondervind terwyl hulle oor Keurboomstrand gevlieg het,” het hy bygevoeg. “Twee mans was aan boord, die vlieënier en ʼn leerlingvlieënier. Hulle het by George opgestyg.”

Die twee mans is nie beseer nie.

Die burgerlike lugvaartowerheid stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tiger ·

Dis nou wat ek noem GOEIE nuus!Knap gedaan Mnr .die vlieenier!!Ek glo die leerling vlieenier het self iets baie goeds hieruit geleer!En die vliegtuig is in een stuk ook.Pragtig julle twee.Maar ‘n Cessna is nou eenmaal een van die veiligste ligte vliegtuie wat daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.