Noodlanding op Richardsbaai-strand

Foto: Zululand Observer via NSRI

Foto: Zululand Observer via NSRI

ʼn Ligte vliegtuig het Saterdag ʼn suksesvolle noodlanding op die strand by Richardsbaai uitgevoer nadat die skroef afgeval het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die NSRI is omstreeks 11:15 ontbied ná berigte oor ʼn vliegtuig wat ʼn noodlanding op die strand by Richardsbaai gedoen het,” het Mike Patterson, adjunk stasiebevelvoerder van NSRI Richardsbaai, gesê. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en uMhlathuze se brand- en reddingsdiens het ook reageer.

“Niemand is in die voorval beseer nie,” het hy gesê. “Die ligte vliegtuig het ʼn suksesvolle noodlanding uitgevoer met ʼn plaaslike egpaar aan boord.” Die twee persone het nie enige mediese behandeling benodig nie.

Volgens Patterson het die skroef van die vliegtuig na bewering tydens die vlug afgeval.

Die burgerlike lugvaartowerheid is oor die voorval in kennis gestel.

*Maroela Media het Saterdag berig ʼn 23-jarige is dood toe sy ligte vliegtuig by Port Elizabeth neergestort het
*Maroela Media het Vrydag berig ʼn man is dood nadat sy mikrovliegtuig naby Randburg in Gauteng neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

‘n Vliegtuig wat sy skroef verloor??? Daar is beslis ‘n groot skroef los.

Jan maak n Plan ·

Mooi gestel GES. Die “pilot” het seker erg gesweet want daar was nie n “fan” om hom koel te hou nie. Darem net baie bly die twee het ongedeerd daarvan af weg kon stap. Dank aan ons Vader daarvoor.

Anton ·

Dit is nie die eerste Jabiru wat sy skroef verloor nie, dit wil voorkom asof daar iets groot fout is met die Jabiru’s

GES ·

Anton – Is dit ‘n tuisgeboude of kommersiëel vervaardigde vliegtuig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.