‘Noodlanding’ toe polisie lus kry vir KFC

’n Vlieënier het glo met ’n polisiehelikopter by KFC op Komani geland om gou sy honger te stil. Foto: Google Maps

ʼn Inwoner van Komani (Queenstown) is die hoenders in nadat ʼn polisiehelikopter glo tussen motors en voetgangers op ʼn plaaslike winkelsentrum se parkeerterrein geland het omdat die vlieënier nie langer sy lus vir die Kolonel se geheime resep kon beteuel nie.

“Dit was nie ʼn amptelike polisietoetsvlug of vir enige polisiewerk nie,” meen Bill Harington, “maar net sodat die polisievlieënier kon land, die lemme afskakel en ewe ongeërg 30 m na die hoenderplek stap. Dus, nie om enige misdaadtoneel te ondersoek nie, maar om in die ry te staan vir ʼn vinnige wegneemete – en ʼn porsie sous[trein] daarby.”

Tot Harington se verbasing het die vlieënier sy kospakkie geneem, daarvoor betaal, terug na die helikopter gestap en vinnig weggevlieg.

Hy sê dit bekommer hom dat die vlieënier waarskynlik nie toestemming gehad het om op ʼn besige parkeerterrein met hope motors en mense reg rondom te land en so sy eie lewe en almal om hom sʼn in gevaar te stel nie.

“Hy het ongenooid gekom, sonder om vooraf sy landingstyd te reël of te vra dat die gebied afgesper word waar hy wou land,” beweer Harington. “Dit was nie ʼn amptelike SAPD-landing nie en ook nie ʼn noodlanding in die ware sin van die woord nie, benewens om gou in ʼn polisiehelikopter vir middagete te land.”

Harington sê dis onbekend waar die vlieënier vandaan gekom het of waarheen hy op pad was. “Kan ʼn mens bloot aanvaar dat ons belastingbetalers opgeleide polisievlieëniers moet finansier om brandstof, tyd en die salaris wat ons hulle betaal te verkwis om wederregtelik staatseiendom te gebruik om gou-gou ʼn wegneemete te koop?”

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê sy kan nie kommentaar lewer op voorvalle waaroor geen klag aanhangig gemaak is nie. “Die inwoners moet ʼn klag by die polisie op Queenstown indien sodat ons kan ondersoek instel of ʼn misdaad gepleeg is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Reg ·

Kan jy glo. So gaan geen haan weer daaroor kraai. Wat kos dit om n Helli n uur lank in die lug te hou.

koos bezuidenhout ·

Jy wat kla oor die helikopter wat daar geland het weet jy hoeveel kriminele het afgesien om misdade te pleeg want hulle het nie geweet wat aangaan nie. Hou op kla gaan na jou huis toe en hou jouself besig.

Lizette Coetzee ·

Ag tog ….swak taalgebruik! Dit was sekerlik’n vlieënier! ???

Awie Opperman ·

Jip, by die foto se titel. Ek het nie geweet Vlieërs kan helikopters vlieg nie.

Mimi ·

Party mense sal net altyd iets vind om oor te kla. N mens weet nie hoe lank was die vlienier al besig om te werk nie….dalk vroeg toe ander nog snoesig geslaap het. Hy is ook maar n mens wat honger word. Genade, wees tog verdraagsaam.

Bielie ·

Eish! Het die man nie sy eie vervoer of ‘n lunchbox nie??

GES ·

Skop eerder ʼn kabaal op oor polisievoertuie wat vir privaatdoeleindes gebruik word. Dit is ʼn heelwat groter probleem as ʼn polisiehelikopter wat ʼn landing maak op ʼn sigbare polisiëringsvlug.

Chris du preez ·

Wys jou net as n man lus is vir Kentucky sal jy enige iets doen.

Cora Simpson ·

Dit sal nogal n fantastiese idee wees vir n nuwe NANDO’S advertensie om die ander ouens n ding of twee te wys. Komaan Nando’;s laat ons n bietjie lag. Julle was te lank stil

Nita ·

So as ons nie n miljoen Rand Merc het, om mee KFC toe te ry nie, vlieg ons sommer gou met die helikopter soontoe. Mooi man dis mos hoe dinge gedoen moet word in “sunny South Africa.”

Mimi ·

Die polisielede en vlieenier het dalk n gewigtige skof al agter die blad gehad….en soos enige ander mens, honger geword. Die plek was dalk op hulle pad. Gun ander n tikkie son, en wees tog verdraagsaam. As jy volgende keer honger word dink of jy sal kans sien om te wag tot jou skof klaar is voor jy eet.

Freddie ·

Mimi, jy besef duidelik nie die veiligheidsrisikos daaraan verbonde om ‘n helikopter in ‘n publieke plek soos ‘n parkeerterein te land nie.

Kdb ·

Mimi, weet jy wat dit kos om ‘n helikopter in die lug te hou? Dink boetjie voor jy tik, suster

Jason ·

Net so Freddie en dalk sal Mimi n bietjie anders na die saak kyk as jy weet wat ek weet, so vinnige vlug is nie goedkoop nie om n voorbeeld te gee vir n 10 min vlug is net die brandstof koste al R 15 000 en daai is belasting geld wat ek en jy betaal.

Johann ·

Ek is seker die vlieënier het gekyk voor hy geland het en waar hy geland het. Ek lees nie dat iemand seergekry het nie. Ek is seker van die wat hier kommentaar lewer het al op ‘n besigheidsrit gestop om iets te ete te koop by ‘n wegneemete restuarant of selfs aangesit daar en dit met jou eie motor waarvoor jy vergoed word vir die ete en ‘n bedrag per kilometer vir brandstof en slytasie. Hoekom mag ‘n polisielid nie dieselfde doen nie!

Henk ·

Rerig het ons nou in klomp klae kouse in glaskaste verander….

Dit was sy lunck break ….

Dis nou n staaljie om jou kinders en kleinkinders te vertel.
Dit klink soos studente dae pret toe die manne van waterkloof lugmag so laaaag oor die technikon se dames koshuis gevlieg het want “intelligensie” bronne wee te vertelle daar is dames wat topless tan…..

Die jong lugmag loodse is dan goed geroskam maar daar was altyd ook n smile en lag wanneer synde skuldiges die kantoor uit is…..

Ag nee wat
Daar is baie ander goeie en dringender dinge om te kla as dit…..

Johann ·

Henk ek stem 100% saam met jou! Klomp klakouse. Plaas staan hulle op en begin iets positiefs vir die land doen.

Mphê die Hoenôr ·

KFC (of Nando’s) gaan baie publisiteit hieruit kry……

Riaan ·

Van waar faks jy?
Dit is agv jou soort attitude dat die land is waar hy is.
Daar is geen manier dat die optrede goed gepraat kan word nie!!!!!

Belinda ·

Ek stem saam dis so nie normaal nie liewe genade daar kon iewers n hijacking plaas vind en hulle koop kos……nee wat ons bly in n siek land as jy werk werk jy as jy moet eet eet mens wragtig waar eindig jou skof en gaan koop dan kos.
Sou mense se bekke hoor as daar iemand beseer of dood was agv hiervan……

Vlammie ·

Hoe weet die man (Jan Publiek) wat die gesprek tussen die vlieënier en sy beheertoring was en wat hulle in die omgewing gedoen het?

Harrington- doen jou huiswerk voor jy die SAPD kritiseer!!!! EN alle helikopters en vliegtuie het, net soos voertuie, het ‘n registrasienommer- dus kon jy so uitvind van waar die chopper was. Was jy nie veronderstel om by jou werk te wees eerder as om op soek te wees na iets of iemand om te kritiseer nie.

Cherokee ·

So, jy scheme sy ‘beheertoring!’ (jimmel mens, kry tog jou se feite in ‘n lyn!) het hom toestemming gegee om op ‘n publieke area waar menige mens woel, te land? En jy is nie eens akaam om so iets te pos nie? En jy doen ‘n vermetele aanval op Harrington wat jùìs sy werk gedoen het (às hy die heli se registrasienommer neergeskryf het). Jy’sie Vlammie nie, jy’sie ees ‘n rokie nie!

Zelda de Ridder ·

Wow!!!!. Het al die kommentaar op f/b gelees en uiteenlopende kommentaar. Sommige baie ernstige, sommige sommer idioties , ander komies maar die feit van die saak is die persoon was ongedissiplineerd . Hy verdien alles wat na sy kant toe kom.?

Adrian ·

Die nuutste aan die oos rand: wanneer n verkeerslig na rooi gaan en die EMPD polisie is so 50+ meter van die rooi lig word die sirene aangeskakel en woerts deur die rooi lig … dit raak nou na n algemene gewoonte van metro om nie te wil stilhou by n rooi lig nie. Stop strate word heeltemaal geignoreer. Dis METRO POLISIE hier

Ben ·

Die vlieenier is ook ‘n mens wat moet eet. Hoe weet julle wat die skedule vir die dag was? Miskien was daar net vir oggend rit beplan?
Eet liewer as om later ‘n ongeluk te maak want jou bloedsuiker het gedaal. “Small things amuses small minds” – Net soos hierbo gese word, kom ons gun mekaar iets in die son, kom ons fokus om die ernstige misdaad en korrupsie aan die band te le.

Blom ·

Ek dink hy het onnodig ander mense se lewens (asook sy eie) in gevaar gestel.
Vind niks komies ontrent die situasie nie, en ek is nie ‘n suurknol nie.

Ben ·

Ja Blom, hy kon in ‘n oop veldjie of erf geland het. Dit sou meer profesioneel gewees het en dit is wat ons as publiek van hom verwag.

Karoodonkie ·

Is julle mense seker dit was nie dalk ‘n advertensie wat vir KFC geskiet is nie.

Freddie ·

Ek het al gesien hoe hulle ‘n chips sakkie sommer so uitgooi by ‘n helikopter dat dit stadig grond toe val.

Anoniem ·

Niks absoluut niks sal hiervan kom nie ! Dankie vir almal se insette MAAR ons kan eerder ons tyd beter gebruik en dit is om vir Oom Angus te luister !

Oom Angus en Suid-Afrika sal bid vir sulke optrede ???

Cherokee ·

So, terwyl Oom Angus oor sulke dinge bid, moet ons dit bloot ignoreer? Daardie ‘daar sal niks van kom nie’ is absoluut holrug gery. Ek is seker daarvan jy kan ‘n nuwe een uitdink.

B ·

Vreemd die dubbele standaarde, in die ou SA het bv lugmag helikopters ens dieselfde tipe goed gedoen, maar toe het almal gedink dis snaaks!

Hb ·

Ja ons het dit self al gedoen. Jitte mense hou net op met moan oor alles. Dat so baie mense so bitter deur di lewe kan gaan. Dis erg. Rook bietji boom en ontspan

Jacques ·

Ek wil net een ding vra aan almal, tussen al die kommentaar wie het nog nooit in hulle lewe iets fout gedoen nie??

Sal so n persoon asb kommentaar lewe.

Mense wat in glas huise bly . . . . . . . . . !

Boy van die Suburbs ·

Only in Africa! Waar is my dagga vape? Hierdie sirkus het nog net begin…..

WilOokKla ·

Verregaande! Bitter Gevaarlik.! Ongeoorloof! Het niks met kla te doen nie. Tannie pak vir hom n blik

Willie ·

Ag tog. Julle klomp wat so kla is gewoonlik die sleg etters wat net op julle gatte sit en niks doen behalwe as om ander te kritiseer nie. Gaan hark jou agtererf,of was jou motor en begin net besig raak. Duidelik was nog nie een van julle vir lank in so n chopper of vliegtuig nie. Dis vrek warm en baie uitputtend. Daardie pilot sou elk geval die lugbeheer in kennis gestel het vir sy landing. Hy kan dit meer kere doen, duidelike opsigtelike polisieering.

Boy van die Suburbs ·

Only in Africa! Waar is my dagga vape?! Die sirkus in hierdie land, het nog net begin………

Jacques ·

Ek wil net een ding vra aan almal, tussen al die kommentaar wie het nog nooit in hulle lewe iets fout gedoen nie??

Sal so n persoon asb kommentaar lewe.

Mense wat in glas huise bly . . . . . . . . . !

Neels ·

Sy kollegas het seker al die vangwaens geboek en gebruik vir taxis en familie transport en as n man honger is vir kfc en hotwings maak jy n plan , as ny nie die syasie bevelvoerder se Amaok kan kry nie is die lug vleuel die tweede keuse

Can you belive it ??? ·

Wake up and smell your coffee before the cup get stolen. Die wat hierdie optrede nie kritiseer nie, en selfs opkom vir “die arme honger man” moenie weer oor die regering, petrol prys ens kla nie. As jy sowaar nie kan insien dat hierdie ding nie aanvaarbaar is nie, sit jou oë waar die son nie skyn nie………

Msp ·

Was iemand vermoor met die landing? Was iemand verkrag, beseer of beroof? Indien nie, Konsentreer dan eerder op die “CRIME” in Suid Afrika en los die onskuldige mense wat net honger was uit. Ek noem dit normaal en ek glo veral kinders het die vermaak geniet.

Liberalis ·

Hoe durf enigiemand die honger man teenstaan, vergeet die publiek se veiligheidsrisiko en geld wat aan gesondheidsorg of opvoeding kon gaan, arme hy was maar net honger.

Kom by. ·

En as die wat op crime moet konsentreer minder stop vir KFC en meer op hul werk konsentreer sal “jul” nie nodig hê, om so tot vervelens toe oor misdaad, die regering, petrol prys ens te kla nie.

Penellope Jones ·

Tipies van die regerende party.
Is nie eintlik verbaas nie, net wrewelrig omdat mens se swaarverdiende belasting geld so willens en wetens vermors word.

Realis ·

Verbaas my glad nie! KFC is die soustrein se stapelvoedsel!

Joeveel kere al lugkastele gebou sua Keys ·

Jislaaik mense het julle niks beter om met jule lewens te doen as om te kla nie, wat die joos maak dit nou saak wat die vlieenier gedoen het , ek wat mal is oor ” Aviation” sou gedink het dit is nou “nice”, deksels maar mense is selfsugtig en gun net mooi die ander niks in die lewe nie. Ek kan van drie gevalle in die apartheids jare praat waar ek persoonlik gesien het ‘ n polisie helikopter by n vulstasie land en die manne vir hulle koeldrank gaan koop het So What!!!! Ek het hoeveel kere al vir myself gesê wat ek sou doen as ek die voorreg gehad het om n helikopter te kon vlieg…. presies dieselfde!!! ek sou selfs mense gevat het wat nog nooit gevlieg het om n draai saam my te gaan vlieg net om n glimlag op hul gesigte te sien, ek wonder wat die mense sou sê as die vlieenier iemand sou nooi om saam hom te gaan vlieg dan was hy skielik almal se held. Die ou weet wat hy doen hy sal nie op n plek gaan land waar hy mense se lewens of n 4 Miljoen Rand helikopter in gevaar sou stel nie daarvoor word hulle te goed opgely, asb tog mense hou op kla oor bollie en geniet die oomblik ek dink dit was cool van die vlieenier. ek sou die kentucky somer verniet vir hom gegee het, vriendelikheid vat niks van n mens af nie.

SjN ·

Hy het net gou aan die Kolonel gaan rapporteer en sy volgende instruksie ontvang. Wat is die fout?

Ek vra maar net ·

Was die manne in blou nie op hulle direkte roete nie. Dan kan hulle mos stop vir n streetwise 2.

Kiepkiep ·

Unbelievable
Regtig ?
Die Kolenel was seker honger
Nee regtig hoe stupit kan hongerte jou maak
Dalk nee wag ek gaan nie sê wat ek regtig wou sê nie
???

David van Vuuren ·

Mnr Harington het seker niks beter om homself mee besig te hou as te kla oor goed waarvan hy niks weet nie. ‘n Polisie helikopter het nie nodig om vir jou Mnr Harington toestemming te vra, of landingstye deur te gee nie. Jy het ook verder geen benul hoe lank en waarmee die vlieenier heeldag besig was nie. Hy het sy lewe en die lewens van ander in gevaar gestel? Waarvan praat jy meneer?

Rona ·

Ek sal net graag wil weet waar is nie helikopter op die foto.

Herman Toerien ·

So ver ek weet is dit nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Ek is seker ek het ‘n klompie jare terug gelees van ‘n polisiehelikopter met verskeie beamptes aan boord, wat by Harrismith by ‘n eetplek stilgehou het om kos te koop. Daar was ‘n taamlike mediagefladder. Ek kry egter niks via Google nie.
In die jaar wat my pa navorsing in die VSA gedoen het, het ons buurman oorkant die straat gereeld met ‘n mini-kopter op sy voorste graspark kom land. Die hele buurt se kinders het kom kyk. My punt is, dit maak nog saak watter soort helikopter dit is wat kom land. Oorkant die hospitaaltjie waarin ek gereeld behandeling ontvang, is Universitas-hospitaal se helipad. Dit word oa vir weermagoefeninge gebruik. Eendag het die tuinier net die klein hospitaaltjie se blare opgevee, toe kom sit daar ‘n bielie van ‘n helikopter. Seker meer as 100 meter weg. Die wind vd helikopter waai so hard, die hospitaaltjie se erf was in ‘n ommesientjie weer toe onder die blare, en die bome se hersbedekking byna weg. Ek sal daai tuinier se gesiguitdrukking nie sommer vergeet nie. En die helikopter moes opstyg ook.

Suurknolle ·

Genade maar SA bestaan uit ‘n paar suur knolle wat heeldag sit en fout soek. Wonder hoe voel jul eggenote om heeldag na julle klaag liedere te luister. Almal vind fout met alles in hierdie land.
Aan al die Ou Suurknolle: kry ‘n lewe asb

Regtig ·

ALMAL betaal belasting tot die SAPD as jy nie weet nie. Met so baie ander dienste in SA wat erg is waar mense elke dag dood gaan in sulke instansies sal mens net lees van dit…regtig.

Roelf Berg ·

Die arme Pilot het maar net gedoen wat die senior offiser, baie senior, aan hom gesê het om daar te land en kos te koop – seker die was teetyd of middag ete tyd maar dat hy wou eet is n feit. MOET nie die Pilot hang nie !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.