Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn klag van strafbare manslag nadat ʼn grusame ongeluk in Ritavi buite Tzaneen die lewe van twee mense geëis het.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het op die Tzaneen- en Phalaborwapad plaasgevind en verwoesting oor ʼn groot deel van die pad gesaai.
Volgens Ngoepe was twee motors in die botsing betrokke. Hy sê dit is in dié stadium nog nie duidelik presies wat tydens die botsing gebeur het nie.
“Twee mense is op die toneel dood verklaar,” sê hy. “Nooddienste moes meganiese toerusting gebruik om die liggame van die oorledenes uit die motorwrakke te sny.”
Ngoepe sê die polisieondersoek is nog in ʼn vroeë stadium en duur voort.
Dit was ñ lelike ongeluk. Ons is daar verby net na die ongeluk. Ek het ook 1 foto geneem.
Hoe kan so n GRUSAME ongeluk op so n OOP PAD plaasvind? Vra maar net…