Noodlottige M1-ongeluk neem skokwending

Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)

Kapers was Sondagoggend vroeg betrokke by die noodlottige ongeluk wat in die vroeë oggendure nagenoeg vier mense dood en twee kritiek gelaat het.

Maroela Media het vroeër berig die M1 noordelike én suidelike bane is kort ná 01:00 Saterdag gesluit weens dié ongeluk.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het gesê drie voertuie was eers in ʼn botsing betrokke, voor twee ander voertuie oomblikke later ook in ʼn botsing betrokke was.

Hy sê die toneel was nog nie skoon ná die eerste ongeluk nie, toe ʼn vragmotor teen ʼn hoë spoed in ʼn afleweringsvoertuig vasry.

Die polisie het egter intussen bevestig twee kapers was die oorsaak van die eerste ongeluk op dié pad.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie wou Sondagoggend vroeg ʼn “verdagte motor” van die pad af trek, voordat die man agter die stuurwiel teen aankomende verkeer weggejaag en die eerste ongeluk veroorsaak het.

“ʼn Ondersoek toon dat die motor wat deur die verdagtes bestuur is, in Katlehong gekaap is,” sê Masondo. “Die twee kapers het na ʼn stilstaande wit Volkswagen Polo geloop waarin ʼn man en vrou gesit het. Hulle het die vrou doodgeskiet en toe op die man ook geskiet. Die man kon daarin slaag om weg te kom. Die kapers het toe met die motor weggejaag, en dis tóé dat die polisie hulle wou aftrek.”

Die kapers tel onder twee van die oorledenes.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, die besit van ʼn gekaapte voertuig asook roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Robert Stoltz ·

Deel van Zuma se strategie. Anargie en dan totale beheer wanneer polisie en weermag ingryp!!!!

t ·

@Robert – Ek sien ook dis sy plan. Onder krygswet hoef hy nie ‘n verkiesing te hou nie.

Hennie ·

Geen moord word ondersoek nie? Die vrou wat koelbloedig doodgeskiet is tel dis gladnie teen die kapers nie?

Speedguard ·

Daar moet ‘n saak van Moord geopen word vir die Geregtelike ondersoek !

Hans ·

Nee nee nee, dis die Duiwel se skuld hierdie. Die ANC maak dit net vir hom maklik

Groot grap ·

Kapers dood. Wie wil die so called regering nou aanspreeklik hou? Seker die oorlewende slag offer

Caroline ·

Ek stem saam, wie gaan vervolg word?
Die kapers se familie of ouers omdat hle nie die kapers reg groot gemaak het nie? Hle die kapers nie geleer het van reg of verkeerd nie? Of dalk gaan die polisie wat hle gejaag het die skuld kry want as hle die kapers nie probeer vang het nie sou die kapers seker nie teen die verkeer weg gejaag het? Ons weet nooit hoe ons regstelsel die saak gaan verdraai nie.

Gus Dry ·

Stem saam met vorige kommentaar .Hier is eenvoudig n plaag van wetteloosheid in hierdiei land van bo tot onder.

al ·

As jy ñ Christen is, dan sal jy nie moor, verkrag en roof nie.
Die duiwel is soos ñ brullende leeu, kom om te verslind. Hans is reg op ñ manier.
Daar is nie-Christene wat wel nie die dade sal pleeg nie.

Karinda ·

Tipies ……stil oor die plaasmoorde maar sal saak ondersoek waarin die moordenaars klaar dood is!

Katy els ·

Gaan hulle nou die oorledenes aankla. Want gewoonlik moet moordenaars jou eers doodmaak en dan kan jy hul skiet. Of is ek nou deurmekaar?

Danica ·

Ek glo alle werke wat sleg is…is van die satan af….en ja ek glo hierdie is satan gewees in en uit…hy is die een wat vir die kapers gese het met n sagte irriterende stemmetjie gaan kaap daai voertuig en maak daai mense dood…so ja die is satan se werke….maar moenie bekommerd wees nie die Here waak oor my en jou en niks sal my weghou van sy teenwoordigheid nie…en as ek vir Jesus lewe kan satan my nie bang maak vir die dood nie…want ek weet ek gaan hemel toe…so dis n wen wen situasie#

Marina ·

En natuurlik sal die kapers nog leef!!! Hier is geen kontrole of beheer meer in hierdie land nie.

Nettie ·

Marina, lees reg: die kapers is twee van die oorledenes ….

Cedz700 ·

Die polisie odnersoek n saak van strafbare manslag, die besit van n gekaapte voertuigasook roekelose en nalatige bestuur.

Nou HOE kan dit wees as die tweede laaste paragraaf reg bo dit in aanhalings noem hoe hulle die vrou dood geskiet het? Tensy die ou wat die sneller getrek het nie odner die oorledene is nie, dan is dit mos moord en nie strafbare manslag nie? Die enigste wat betrokke was, was die van die ongeluk, maar niks word gesê oor die kaping waar moord betrokke was nie?

Gideon Roos ·

Ongelukkig blyk dit nie dat geloof te veel van ‘n verskil aan misdaadsyfers maak nie. Christen, Moslem, of Jood, misdaadsyfers bly grootliks dieselfde oor geloofsgrense. Relatiewe ekonomiese welstand en opbrengs is baie beter voorspellers van misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.