Noodlottige mynongelukke kon glo voorkom word

Argieffoto

Argieffoto

Twee mynwerkers het onderskeidelik Maandagoggend en Sondagoggend in twee afsonderlike mynongelukke by Glencore se Eland-platinummyn buite Brits en Harmony se Masimong-goudmyn buite Welkom gesterf.

Volgens Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondeheid en -veiligheid, het albei sterftes weens ongelukke tydens die hantering van myntoerusting plaasgevind. Die werker by die Eland-platinummyn is vanoggend deur ’n mynvoertuig gestamp en het weens inwendige beserings gesterf, terwyl die werker by die Masimong-goudmyn gesterf het nadat hy Sondagoggend tussen bewegende myntoerusting beland het.

“Solidariteit betuig sy medelye met die families van die twee werknemers wat gesterf het,” het Mardon gesê. “Ongelukke soos dié is egter heeltemal voorkombaar en daarom doen ons ʼn beroep op mynmaatskappye en werkers om ten alle tye veiligheidsmaatreëls na te kom om sodoende soortgelyke ongelukke te voorkom.”

Die oorledenes was nie lede van die vakbond nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.