Harmony Gold het Maandag bevestig ʼn werknemer is oor die naweek tydens ʼn ondergrondse mynongeluk in Welkom in die Vrystaat oorlede.
Die ongeluk hou glo met ʼn ondergrondse spoorgebonde voorval verwant.
“Die ongeluk het Saterdag by Phakisa-myn plaasgevind,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “ʼn Ondersoek duur voort.”
Bestuurslede van die maatskappy het hul medelye betuig met die oorledene se familie, vriende en kollegas.
ʼn Werknemer van Harmony Gold is in April vanjaar oorlede toe hy by Kusasalethu-myn naby Careltonville, Gauteng, geval het.
Die vorige noodlottige ongeluk was in November 2015 tydens ʼn grondstorting by Masimong-myn in die Vrystaat.
Die tweede paragraaf se bewoording lees vir my nie reg.
Beter sou dalk wees: “Die ongeluk is glo verwant aan ‘n ondergrondse spoorgebonde voorval”.
Steeds maar nog vaag maar ek lei af dat die ongeluk plaasgevind het met die vervoer van goedere/erts ens. per spoor ondergronds.
Dis wat ek ook lees.
Die persoon is oorlede, noodlottige ongeluk, glo hou die ongeluk verwant met ‘n spoorgebonde masjinerie, wat ondergrond werk.