Noodoperasie vir tiener ná mikrovliegtuig neerstort

Wynand Karel Snyders en Jannie Snyders kort voor die ongeluk gebeur het. Foto: Verskaf

Wynand Karel Snyders en Jannie Snyders kort voor die ongeluk gebeur het. Foto: Verskaf

Jannie Snyders (16), die seun wat kritiek beseer is nadat ʼn mikrovliegtuig waarmee hy en sy oom gevlieg het in Limpopo neergestort het, moes Sondagaand ʼn noodoperasie ondergaan.

Magda Reyneke, Jannie se suster, het Maandag aan Maroela Media gesê een van Jannie se niere moes verwyder word en ʼn dreineringspyp is in een van sy longe geplaas. Hy kry steeds bloedoortappings weens inwendige bloedverlies.

“Sy toestand is kritiek, maar hy is gestabiliseer en is nog steeds onder verdowing. Hy word in die Witpoort-hospitaal in Seleka se waakeenheid behandel,” het Reyneke gesê.

Jannie het ernstige inwendige beserings opgedoen nadat die mikrovliegtuig wat sy oom, Wynand Karel Snyders (50) gevlieg het, omstreeks 08:50 Sondagoggend in die veld langs die D311 Shongwane Seleka-pad naby Ditlou neergestort het. Wynand is kort na sy aankoms by die hospitaal weens ernstige kopbeserings dood.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar dit word ondersoek.

“Ons innige meegevoel aan Wynand se broers, susters, ander familie en vriende. Ons gaan hom baie mis,” het Reyneke gesê. Begrafnisreëlings is nog nie bekendgemaak nie.

Die mikrovliegtuig nadat dit neergestort het. Foto: Verskaf

Die mikrovliegtuig nadat dit neergestort het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chantelle ·

Rest In Peace Wynand. Condolences to the family and friends. Jannie my angel, you are in my thoughts and prayers for a speedy recovery and may God give your family the strength to stay strong through this difficult time xx

InfozoneTV ·

Baie sterkte aan albei families. Vlieg hoog Wynand en Sout. Julle sal gemis word deur baie. Sterkte en beterskap aan Jannie.
Dankie Maroela Media vir meer akurate verslaggewing en fotos. Nie die gecopy en paste van die ander media met allerhande opgemaakte snert nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.