Noodplan vir algehele Eskom-onderbreking bekendgestel

Argieffoto

Argieffoto

Solidariteit, in samewerking met KragDag, het vandag ’n noodplan vir die gebeurlikheid van ’n algehele Eskom-onderbreking bekendgestel.

Die plan bied praktiese wenke oor hoe huishoudings op die moontlikheid van tot twee weke sonder Eskom-elektrisiteit kan voorberei.

Hoewel die kanse op ’n ineenstorting van die nasionale kragnetwerk klein is, meen Solidariteit dat die publiek wel ’n mate van voorbereiding moet oorweeg. Die kabinet, die Kaapse metroraad en verskeie ander provinsiale en metropolitaanse owerhede het immers na wat berig word reeds sulke voorbereidings begin tref. Boonop het onafhanklike energiekenners ook al op die moontlikheid van uitgerekte kragonderbrekings gewys.

“Die publiek sal tot ’n groot mate op hulself aangewese wees sou so iets gebeur en moet daarom voorbereid wees daarop. Selfs al gebeur dit nie, is dit steeds in die publiek se belang om proaktief op te tree. Ons wil met dié noodplan ons lede en die algemene publiek help om self ook voorbereid te wees sodat daar nie rede vir paniek hoef te wees as Eskom wel vir ’n week of twee geen krag lewer nie,” het Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Die noodplan sluit wenke in wat wissel van water- en kosbeplanning tot reëlings oor hoe gesinslede bymekaar sal uitkom indien kommunikasie bemoeilik word. Ander belangrike aspekte wat ter sprake kom, is veiligheidsmaatreëls, asook moontlike samewerking met bure en ander lede van die gemeenskap.

Die noodplan beslaan ’n weerskantgedrukte A4-blad, waarop huishoudings hul vordering kan afmerk. Dit bestaan uit maatreëls wat vooraf getref kan word asook stappe wat gedurende ’n onderbreking geneem kan word.

Klik hier om die volledige noodplan af te laai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Maggie ·

Weet iemand dalk of Telkom telefone (landlyne) nog kan werk in ‘n “blackout” situasie?

Stephen ·

Net vir die eerste paar uur, miskien dae (afhangende van die battery krag in die naaste verspreidingsboks), maar hier teen die 3rde of 4de dag gaan Telkom waarskynlik af wees. Selfde met selfoon netwerke.

George ·

Miskien is dit ‘n goeie idee om kontak met die Suidlanders te maak. Hulle het redelik ver gevorder om ‘n eie radio kommunikasie netwerk op die been te bring. Dit kan die lewe baie makliker maak.

Dave ·

Was mos die Suidlanders wat hul eie name poppey gemaak het met die ‘nag van lang messe’ wolhaarstorie.

Michiel ·

Haha Dave – einste daai klomp. Het hulle nie nog êrens by ‘n Spar bymekaar gekom met bakkies en karavane vol kos vir die trek en toe kom amper niemand en niks gebeur… kan nie meer alles onthou maar dit was heel komies

Kobus ·

2 weke sonder krag sal hemel op aarde wees, ons hoef niks van zuma te sien of hoor nie en n bonus is om nie bul,sharks of wp rugby te sien nie!

Winston ·

Pasop vir sulke lang onderbrekings mense in dorpe en stede. Kriminele sal vir seker hulle kans benut omdat hulle deeglik ingelig is.

tom eksdom ·

Omdat omdat omdat omdat omdat … ….. …… alles is leuns. Die waarheid is te tragies om te aanvaar.

Dave ·

The actual realism penetrates to none of you people who make predictions.
Everyone can do for two weeks without banks, petrol and shops. What is so serious about it?
My major concern is that apartment buildings will be stinking holes because nobody will be possible to flush toilets! I live on the beach, but where will you get water to carry up the stairs? The municipalities will not be able to provide water even if you if you have generators to provide the pumps with power. It will be chaos. We can endure two weeks without buying food but water!

Jeremia ·

Toilets use power to flush? Realy? I have heard a lot of not so clever or not thought out or through ideas and remarks….. this one…..?……. I think this comment about toilets not flushing due to no power beats every other nonsense one I’ve ever came across.

Water supply to households and apartments or flats works on gravitational pressure

DinkNet ·

Jeremia, have you ever wondered how the water gets into the reservoirs up the hill? Maybe heard of pumps, which works with electricity??

Ernest ·

Jeremia, please use the internet to better inform yourself rather than to make a fool of yourself. ..

Dave ·

Is hierdie selfde noodplan dalk iewers in Engelse vorm beskikbaar?

Albert ·

Ek sal ook graag wil weet. Ek het baie engelse vriende wat hierdie plan baie sal waardeur. Kan iemand die link post as dit gevind word?

Johan 2 ·

Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie? Tyd dat hy leer sou ek sê, dis inelkgeval die engelse nuwe SA, dan nie?

Dave ·

hehee Peet, ek moet darem erens voordeel trek! Op ‘n ernstiger noot, ek hou vergadering oor enkele weke met 46 eienaaars (en ‘n vergadering met 84 eienaars is paar weke gelede gedoen). Hierdie is dinge wat in my gedagtes draai en waarvoor ek antwoord soek vir vele mense. Dìt is die rede waarom ek so ernstig antwoord soek daarvoor. Selfs al is daar generators, wat as die munisipaliteit nie water kan voorsien? Dìt is die tipe vrae waarvoor ek antwoorde soek.

Nico Strydom ·

Dagsê Dave
Die plan is nog nie in Engels beskikbaar nie maar sal binnekort wees.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

George ·

Goeie dag Nico,
Nou begin die gesprekke rigting kry. Is dit moontlik om vir ons ‘n water en energie forum op Maroela te stig? Slegs gesprekke wat raad, voorstelle en oplossings bied m.b.t. die krisis moet toegelaat word. Ek dink die probleem is heelwat groter as wat die gemiddelde persoon besef. Baie dankie vir ‘n puik webwerf. Jammer as ek soms te uitgesproke is maar omstandighede dryf my daartoe.

Dave ·

Dankie vir die terugvoer, Nico. Ek kyk uit daarvoor.
Groetnis vanuit Durbs ook!
Dave

KarooKlong ·

Alles kan nog op ‘n manier verby gaan maar om vir twee weke lank nie Maroela te kan lees nie! Nee ek huil my uit as dit gebeur.

Hansie ·

Een ding is seker, ons Suid Afrikaners maak darem nog grappies, hoe haaglik of korup dit ook al gaan !!
Dave, generators is ook nie ‘n wesenlike antwoord vir ‘n 2 weke blackout nie. ‘n 20 of 25 liter petrol tank hou so ‘n dag en spaar kanne nog so ‘n nag by. Al uitweg is, ons neem ‘n petrolstasie oor en sit ons eie generator aan…tot die garage ook leeg is…

Dave ·

Jy mag dalk in die kol wees met jou idee Hansie! Maar onthou dat ek wil net water op die dak kry en nie heeldag krag voorsien. En al het ons die petrolstasie oorgeneem en die munisipaliteit het nie ook een oorgeneem moet ons steeds water elders vind.

sarie ·

Dalk is my kopkrag af maar ek “klik hier” vd noodplan maar absoluut niks gebeur nie…waar kan ek dit gaan aflaai?
Dankie

sarie ·

Baie Dankie Nico…kon hom hier aflaai en deel met ander.waardeer jou hulp

Hansie ·

Nico, ek kon steeds nie direk koppel nie maar ek het hom na my pc gestuur en daar het dit gewerk

Stephen ·

Dit is die een ekstreem, ja. Aan die ander kant kom ons dalk geen verskil agter nie, siende dat die regering lankal opgehou het om dienste te lewer en bloot voorgee dat hulle doen. Die res van die land is geneig om slim planne te maak om aan te hou kos en ander produkte voorsien – dit is immers in hulle eie belang om dit te doen. Geen besigheidsman gaan sit en kyk hoe sy besigheid kwyn, bloot omdat die munisipalitiet nie meer hulle kant bring nie. Ons is dalk beter af sonder die regering en hulle alewige inmenging in ons sake, want as die krag af is gaan hulle beslis nie planne maak om aan te hou dienste lewer nie. Hulle doen dit skaars wanneer die krag aan is.

George ·

Ek hoor wat jy sê maar proaktiwiteit is beter as reaktiwiteit. Voorkoming is beter as genesing.

Johan 2 ·

Dankie Stephen, wat sal gebeur as die regering oornag verdwyn, allmal van hulle, DA en kluis?…die antwoord: NIKS, behalwe dat ons ons belasting sal kan aanwend om ons land aan die gang te kry.

Francois ·

Ek let op dat enkele mense die sakie maar ligtelik opneem (uitgesluit nou die doelbewuste gekskeerders). Die probleem by kleinhandelaars byvoorbeeld is dat die EFT/debietkaart betalingstelsels ook nie gaan werk nie – en dan sit ons met ‘n ruilhandel stelsel. Of handgeskrewe koopskuld briefies.

My grootste bekommernis is die kriminele elemente wat sonder twyfel baie vinnig sal toeslaan – of om net die situasie uit te buit, of om kos in die hande te kry nadat hul eie op is – en hulle het NIE soveel stoorplek en droeë rantsoene soos die res van ons nie. Dit kan lei tot swerwende bendes wat chaos en groot probleme veroorsaak.

Min van ons kan ons die gevolge van geen krag vir twee weke indink; afgesien van die tegniese nagmerries, gaan die sosiale nagmerries veel erger wees as wat enigiemand kan dink.

Sterkte…

Dave ·

Tydens die groot trek het die boere en hul gesinne geen elektrisiteit gehad die hele tyd wat hulle oor die drakensberge getrek het want daar was geen substasies op die berg. Tog het hulle dit hanteer.

KarooKlong ·

Dave, hier het jy mos nou die antwoord gegee op jou 4 watertenke se antwoord. Hanteer dit.
Ek het ook watertenke maar myne loop gravitasie uit na die kombuis. Oorweeg dit om ‘n 12v pompie byderhand te hou. Indien nodig sien ek myne net as oorlewingwater en het nie rerig drukking nodig nie.

Nicci ·

Do you perhaps have a link for the English version? I read the Afrikaans version, but had to translate it for my husband. Not that he would read it, but it would be quicker to read it to him in English than translating as I go… You know what short attention spans husbands have

Nicci ·

Maar die Voortrekkers het nie daagliks die dreigemente van kriminele elemente gehad nie.
Sonpanele is ‘n uitstekende belegging (die alarmstelsel en elektrieseheining werk al is die krag af is), ons het ‘n boorgat, en elke koffie bottel wat my maatjies hier by my afgelaai het om te herwin is gevul met drinkwater – ek’t seker gemaak die plastiese dop raak nie aan die water. Miltons (vir die sterilisering van baba bottles) kan gebruik word in plaas van chloor om drink water te suiwer. Bietjie blikkies kos, biltong, ens. voorraad gekoop, en probeer om dit aanhoudend aan te vul waar ons ‘n winskoop sien. As die HKGK wel nie gebeur nie het ons, soos ons in Engels sê “inflation proofing” ingestel.

KarooKlong ·

‘n Goeie belegging is om vir jou ‘n 5000 liter watertenk (of dalk twee) aan te koop om reenwater op te vang vanaf die dakgeute. Sykous by die inloop, sykous by die tapkraan en siedaar, skoon water.

Dave ·

KarooKlong, ek het 4 x 5000L watertenks laat installeer paar weke gelede. Dit is afhanklik van pompe (wat afhanklik is van elektrisiteit).

Marietjie ·

Hoe lank kan die water hou in die tenk voordat dit n gesondheid risiko in hou?

George ·

Om die prentjie verder in te kleur. In die vervaardigingsektor word die eerste 3 weke gewy om kostes te dek en die 4de week is wins van elke maand. Klein en meduim ondernemings het gewoonlik genoeg reserwes om 3 maande te oorleef. Twee weke sonder elektrisiteit het baie ernstige gevolge. Dit raak tussen 5 tot 50 huisgesinne. Dit is ook bekend dat elektriese motors die ratte van die industrie laat draai. Ek dink hierdie is stof tot nadenke. Wil ons weer begin waar die Voortrekkers was?

Elmien ·

Weet julle ek waardeer al die raad. Maar daar is mense wat dit nie kan bekostig om al die goed in plek te kry nie. Ek sal ook geen probleem hiermee hê nie maar dan moet ek maar so paar maande nie die krag rekening betaal nie. Dit is tyd dat die onbekwame mense uitgegoei word en die wat die werk kan doen aangestel word. Ek is nou maar net een van daai mense wat geen rede in sien nie. Hier is nou nie vir my ‘n grys area nie.

KarooKlong ·

Marietjie,
Ek gebruik my reen gevulde tenkwater al vir die afgelope sewe jaar as drinkwater en om kos mee te maak (ons water is ERG BRAK en binnekort gaan dit nog FRACKING brakker word) en soos jy kan agterkom, ek is nog hier. Karoo Boere het nie veel van ‘n keuse as dit by water kom nie, meestal gebruik reenwater vir huisgebruik. Sorg net dat jy ‘n tipe filter sisteem opsit by die inloop sowel as by die uitloop. Maak seker dat jou tenk dig geseel is sodat muskiete nie kan ingaan nie. Party mense gooi ook chloor in, ek het nog nie.

Dave ·

My tenks is sowat 50m bo die grond, KarooKlong. Nie regtig so dat ‘n 12v Pompie die ding sal doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.