Noodplanne om gesondheid se naam in ere te herstel

Voormalige minister van gesondheid Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid is bekommerd dat die Digital Vibes-skandaal die departement van gesondheid se integriteit in die gedrang gebring het.

Hoewel die departement reeds met ʼn hofproses begin en ʼn eisbrief aan Digital Vibes gestuur het vir die terugbetaling van die verkwistende uitgawes, doen die komitee nou ʼn beroep op die departement om noodmaatreëls in te stel om “onstabiliteit” in die inwerkingstelling van sy entstofplan te voorkom.

Dít ná die skorsing van minstens sewe hooggeplaastes wat by die skandaal betrek word.

Dr. Nicholas Crisp, waarnemende direkteur-generaal (DG) van gesondheid, sê die portefeuljekomitee het die departement genooi om ʼn verslag in fyn besonderhede aan hom voor te lê met ʼn volledige verklaring vir die ongerymdhede, asook ʼn plan van aksie, tydbeplanning en die departement se gevolgebestuursprosesse in reaksie op die skandaal.

Crisp sê verskeie lede van die komitee is oortuig dat die blote skorsing van die betrokke amptenare nie genoeg is nie en dat “aanspreeklikheid en gevolgebestuur” benodig word om die departement se naam in ere te herstel.

Maroela Media het vroeër berig onreëlmatige uitgawes ten bedrae van ongeveer R150 miljoen en vrugtelose en verkwistende uitgawes van tussen R72 miljoen en R80 miljoen is deur die gesondheidsdepartement aangegaan om Digital Vibes onregmatig aan te stel.

Dr. Kenneth Jacobs, voorsitter van die komitee, sê die komitee sal voortaan noukeurig toesig hou oor die departement om te verseker “dat dit nie weer gebeur nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Filistyn ·

Hulle integriteit kan nie aangetas word nie – want hulle het nie integriteit nie.

JACF ·

Bestaan daar nie dalk vermoedens dat hierdie verhaal nie maar slegs die Seekoei se oortjies is wat uitsteek nie.
Daar word byna daagliks verdagte voorvalle in die media bekend gemaak. Lesers is so effens gewoond aan nuus oor korrupsie. Verskoning met gepaardgaande optrede is edel woorde, lesers wil graag resultate van gesonde finansiele administrative sien en ook dan beleef.
Weet nie of dit moontlik is met stuur van sake nie.

Dup ·

Dit is te laat vir NOODPLANNE want die skade is lankal reeds aangerig.Die klomp skelm amptenare gaan heel moontlik net met ñ nuwe groep skelm amptenare vervang word.Skelmwees is ñ alledaagse gebeurtenis in SA.

Nie Verbaas ·

Maak nie saak wat die ANC doen nie. Daar is lankal minder as geen vertroue nie. Hulle is doodeenvoudig onbekwaam en korrup. Niks kom ook uit vervolging van korruptes nie. Sake sloer vir jare.

Tanniepetoors ·

Die departement is nou nie eintlik bekend daarvoor dat hul werklik doeltreffend funksioneer nie.

annie ·

Die ANC het reeds getoon hoe hul hul naam in ere probeer herstel en dit is om te maak of niks gebeur het nie; wens eerder die boewe geluk met hul poging en woed voort met nog grootse beloftes. Alles wat verkeerd geloop het was mos eintlik die selfsugtige wit kapitaliste se skuld wat net met geld vergoed kan word… Hoewel dit nooit heeltemal genoeg sal wees nie…

marius ·

Wat se integriteit ? Daar was geen en sal ook nie wees nie .

JohanR ·

Hoe kan julle iets regmaak wat gebreek is? Gaan julle gom gebruik? Wat ‘n klomp moegoes!

Joe Olivier ·

ramaphosa het aan die begin van die plandemie op nasionale tv gelieg deur te sê dat daar verseker sal word dat daar nie bedrog sal plaasvind met die miljarde wat hy soos lekkergoed uitgedeel het nie. Al hierdie bedrog wat nou ontbloot word het onder st neus plaasgevind, net soos die zuma bedrog. Hy en sy hele anc behoort uit skaamte te bedank en die anc te ontbind. Maar nou ja, ek dink seker te westers.

melaney ·

Toe zuma om “mediese parool” vrygelaat was, het CR gesê “ek is bly”. CR sal sekerlik huil as enigiemand in sy anc wat plunder en roof ‘n dag in die tronk moet deurmaak.

Di ·

Niks kan die ANC se gemors in ere herstel nie. Die enigste uitweg is dat hulle enkant toe staan dat ander die land regeer! 27 jaar en als verwoes

Diets ·

Ek is bang vir die ‘ander’ ook….alles gaan dan weer van vooraf begin.

Lizelle ·

Dir is net leë woorde voor die verkiesing. Na die verkiesing word die korrupsie weer hervat.

Persheks Adri ·

Gebruik wéér hoë woorde vandag. Hulle weet nie eers wat integriteit beteken nie! Werk is in elk geval pateties werklik

Barney ·

As hy nog luister wat die regering preek oor gesondheid en covid en die behandeling daarvan en inentings wat verniet en verpligtend is verdien jy wat oppad is.

Jacobus ·

Dié gebeure het nie net integriteit aangetas nie maar ook kamtige pogings tot inenting. Die inenting is ook onder verdenking. Geld, geld, geld!

Henk ·

Ag tog, asseblief. Watter integriteit het jul gehad voor Digital Vibes?! Dalk so tussen 1994 en 1998 laas, ja.

RB ·

So dr Jacobs reken dat hulle noukeurig sal toesig hou dat so iets nie weer gebeur nie.
Net iemand sonder verstand sal hom glo want CR het ook belowe dat daar geen korrupsie sal wees met enige geld wat vir C-19 bedoel is.
Toe is daar nie nèt in hierdie dept ANC-korrupsie nie maar ook bv. met TERS-geld.

Nee wat, al wat mens kan glo is dat hulle nie by magte is om korrupsieloos te funksioneer nie.
Hulle het geen begrip van die woord INTEGRITEIT nie.

Nee, Crisp, daar is nie ‘n naam om in ere te herstel nie. Hierdie skandaal is maar net ‘n uitgroeisel van die moederskandaal – die regering.

skurweberg ·

Vir diegene wat nog gedink het dat ‘n Nasionaal Geintegreerde Gesondheidsplan ‘n oplossing is vir die moeilikheid met gesondheidsvoorsiening van Suid Afrika, moet maar weer gaan dink. Terug na die tekenbord. Daar is organisasie en individue wat van die begin af teen so’n plan gekant was. Miskien sal hulle teenkanting nou tot mense deurdring. Wat ons nou nodig het in Suid Afrika is dat “Persepsies” in perspektiewe omgeskakel moet word. Ons kan nie aanhou ‘n toekoms probeer bou op “paradigmas” wat op “persepsies” begrond is nie. Die belastingbetaler is weer hier in die “spervuur”. “Staan op!!”

Jan Seerot ·

Ek het ‘n werkswinkel hier op my Afrikaplaas. As iets breek, sleep ek dit soontoe. Soms lê dit vir ‘n lang ruk daar totdat ek die regte onderdele het om dit reg te maak. AS EK DIT DAAR UITGOOI, KAN DIT NIE MEER REGGEMAAK WORD NIE. Ek sal die Departement van Gesondheid reguit na die stortingsterrein toe sleep.

Pietertjie ·

Vergeet dit. Daar gaan net méér bedrog gepleeg word. Dis al waartoe hulle tot dusver in staat was.

Wielspore ·

n Ontruimings plan sal meer toepaslik wees, verwyder die ANC en hulle trawante uit hulle poste en stel bevoegte persone (sonder politieke gewin) aan om die werk reg te doen.

Hennie ·

Skelm wetter! En hy gaan skotvry daarvan afkom… Dis hoe ernstig hierdie swartgallige regering is oor korrupsie!

Ian ·

En wie is noual aangkla en trok toe hmmmm?? Dit was diefstal en niemand is gearresteer en tronk nie.

Casper ·

Mkhize en sy seun word direk verbind met die skandpaal maar nêrens sien ek hulle name op enige lys van vervolgings nie al is daar verdoemende bewyse teen hulle.Mkize was eerstehands bewus van hierdie bedrogspul want hy was die minister en toe sorg hy sommer vir sy seun ook.

Piet ·

Korrupste Departement en sal nooit verander nie.Mooi so hou dit daar!!!!!

Elizabeth ·

Integriteit? Verduidelik asseblief jul begrip van die woord.

Deon ·

n Gemeenskaplike faktor met die korrupsie van Zuma se tyd af is Ramaphosa, “go figure”.????

Hasie ·

It will happen again… daar is nie nie gevolge teen die oortreeders nie …. hul doen aansoek vir mediese parool ….en dan ontvang hul volle salarisse.

JACF ·

More.
Stuur my asb die kreteria vir kommentaar om dit geplaas te kry.
Mag ek vra watter gedeeltes van my opmerking oor korrupsie het nie voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf nie.
Mooi dag.
Koos van der Lith.

Yvonne ·

Het die mense dan geen gewete nie…ek meen DR’s etc is veronderstel om met die geleerdheid meer insig te he as die gewone man op die straat….gulsigheid en gierigheid kry toe die oorhand

Frank John ·

As die leiers nie integriteit het nie kan die gesondheids departement se integriteit nie herstel word nie. Die leiers stel die voorbeeld. Waar na toe hulle lei sal die gevolg ook gaan.
“Monkey see-monkey do” dis hoe dit werk.

Jack ·

Jy kan nie iets herstel wat van binne weggevreet word deur anc kaders nie. Dit is dieselfde as n wit gepleisterde graf. Die dood sal altyd teenwoordig wees. Ek glo geen inligting van die departement nie net so min as van die anc en sy leiers. Die probleme het reeds begin met mev zuma voorheen afbreker van die departement.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.