Noodsaaklike Agoa-vergadering Maandag belê

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma  by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Beamptes van Suid-Afrika en Amerika sal Maandag ʼn noodsaaklike, dringende vergadering hou in ʼn poging om handelskwessies op te los voor Suid-Afrika dalk ʼn gedeelte of sy volle R21 miljard per jaar-ooreenkoms van belastingvrye toegang tot die winsgewende Amerikaanse mark verloor.

Indien die kwessies nie voor 30 September opgelos word nie, kan Suid-Afrika geweier word, gedeeltelik of ten volle, om enige voordeel te trek uit sy deelname in die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).

Agoa sou op 30 September verstryk. Die Amerikaanse kongres het dit onlangs vir 10 jaar verleng, maar het Suid-Afrika uitgesonder en sy volgehoue deelname op voorwaarde gestel dat die land groter toegang bied in sy mark vir Amerikaanse pluimveeprodukte, beesvleis, en varkvleisinvoere.

Die Amerikaanse administrasie, wetgewers en die veiligheidsbedryf eis ook dat Suid-Afrika sy voorgestelde wetgewing, wat buitelandse veiligheidsmaatskappye sal verplig om minstens 51% aandele aan Suid-Afrikaners te verkoop, te wysig.

Die kongres het ʼn sperdatum van 30 September aan Suid-Afrika gestel.

Suid-Afrika het reeds onderneem om konsessies op meeste van dié kwessies te maak, veral in Januarie toe hy ingestem het om minstens 65 000 ton Amerikaanse pluimveeprodukte per jaar in te voer.

Amerika glo egter Suid-Afrika skep nuwe hindernisse om oues te vervang. Die land laat nog steeds nie Amerikaanse pluimveeprodukte toe nie, uit kommer oor ʼn uitbreking van voëlgriep in Amerika. Die land het soortgelyke kommer oor beesvleis en varkvleis geopper.

Trevor Kincaid, adjunkassistent van Amerikaanse handel, het aan ANA gesê Suid-Afrika staan die risiko om baie belangrike invoerevoordele te verloor onder Agoa, indien die land nie vinnig optree nie.

Suid-Afrika het verlede jaar R21 miljard belastingvry onder Agoa na Amerika uitgevoer. Die grootste kategorie is motors ($1.3 miljard); ferromangaan ($183 miljoen); lemoene ($41 miljoen) en wyn ($33 miljoen).

Amerika kan ʼn gedeelte of al hierdie spesifieke voordele van Suid-Afrika ontneem.

Lees ook: SA sleep voete met Agoa-ooreenkoms

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Winston ·

Obama ken baie duidelik nie vir Zuma nie. SA laat alle geleenthede deur hulle vingers glip as gevolg van regstellende aksie en ekonomiese bemagtiging. Kundigheid word blatant ignoreer. Zuma word wakker asb. Jy koop te veel gesig by die verkeerde mense.

Pieter V ·

Zuma heel met die nasies en mense waar hy vir homself die grootste voordeel trek,soos die Russe en Sjinese ,die Guptas , dit gaan meer oor self verrykking as vir die land en die mense.

Peet Schabort ·

Kyk mooi na die embleem op die twee kateders. Dit stel eintlik ‘n kewer voor wat besig is om ons geld stadig maar seker op te vreet.

Olga Joubert ·

Wonder maar net of hy onder die sower ge plaas gaan word om weer lewe te kry om die geld te kan sandeer.

Anti-Haas ·

Dis die geval van :” Vrek jou hoenders op ‘n streep????? – Sit hulle in ‘n hok, dan vrek hulle op ‘n hoop.”
Zumpies gaan die land in resessie plaas met sy swak besluite……..

Martin ·

Nou is die AL BASHIR (spelling) ding ook nog op pad. Die Zuma kerel staar ‘n interressante tyd in die oog.

kobus ·

Zuma steun en bestee eerder kommunistiese lande voordat hy suid afrika belange steun.Die anc is nog altyd n kommunistiese party voor of na ’94 en mislei al sy kiesers en andere tot nadeel van die ekonomie,hierdie land en al sy mense

jacques ·

Dankie Zuma dat jy eerder aan ons gesondheid dink as om besmette gemors kos van die USA invoer.
Suid Africa is nie die enigste land wat kos belet uit die USA nie,daar is ook baie Europe lande wat sekere produkte en medesyne belet van die USA want dis GIF.
Gaan doen maar eers self naforsing voor julle my wil sleg vertel.

Martin ·

Jaques, nee ons het nie ‘n probleem met wat jy sê nie, maar ek glo nie dit gaan vir Zuma oor ons gesondheid nie. Daar is beslis iets heel anders agter sy agenda.

pop ·

Laas week het Cyril mos vir ons gese ons is verniet negatief, Zuma is glo die mees geliefde mens daar oorkant. “he is loved by everyone” Slaan my dronk , die opkommery ewe skielik van mnr Ramaphosa vir Zuma. Ek wonder hoeveel hy kry om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.