Noord-Kaap-boer op sy plaas doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 64-jarige boer is Donderdagaand op sy plaas 25 km buite Kuruman in die Noord-Kaap doodgeskiet.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die boer in die bors geskiet is. Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind. “Die polisie is tans nog op die toneel. Dit lyk nie asof enigiets gesteel is nie, maar ons kan dit nog nie met sekerheid sê nie. Dit sal deel vorm van die ondersoek,” het hy gesê.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê lede van AfriForum se plaaslike veiligheidstrukture was kort ná die voorval op die toneel. “Blykbaar het ʼn werker [die boer] gebel en gesê hy hoor mense buite. Toe hy [die boer] by die stoepdeur uit is, het hulle hom in die bors geskiet en weggehardloop.” Die man se vrou het niks oorgekom nie, het hy gesê.

Volgens Cameron is een verdagte reeds in hegtenis geneem. Kock het dit egter ontken en gesê die polisie weet nog nie hoeveel verdagtes gesoek word nie.

Maroela Media kan nie in hierdie stadium die boer se naam bekend maak nie omdat al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

begin eerste by die werker wat die oproep gemaak het , want ek is oortuig dat hy oor meer inligting beskik.

Peet Schabort ·

Ek stem saam Gerhard maar dit kan maklik wees dat hy gedwing is om die oproep te maak. Of hy gaan dit gebruik as ‘n rede.
Dit lyk tog of die uitgaan in die nag ‘n uiters gevaarlike situasie is veral op ‘n plaas. Hoevele boere is nie al so om die lewe gebring.
Sterkte aan die familie asook met ‘n drastiese ommeswaai in die boerdery.

Theresa ·

Jou mond is mos groot Mcebo Dlamini en julle is die enigstes wat reg is in die land. Wat sê jy van al hierdie gevalle waarvan daar elke dag in die koerant gelees word? Die wiel gaan nog draai – wag maar!

pop ·

Die leiers van ons land sweep hulle op, so nou dink hulle dis reg om witmense as voelvry te jag.

Sarie ·

Die leiers sweep hulle op en Naspers verdraai en swyg die feite soos hulle nou weer Treurgrond as film oor die onderwerp afkraak. Selfs Leon van Nierop het ook voor in die koor op RSG hom by die juigkommando van anti Afriforum, Solidariteit en veral Steve aan gesluit. ‘n Mens kan maar net jou hande saamslaan.

CHRISTA ·

Dit lyk of NET Zuma ‘n reg het om veilig in ons land te wees, daarom word ‘n kwart miljard bestee om hom veilig te hou!!!

anti- jacob ·

En ons het betaal om Zuma se hoenders veilig te hou?? NOG ‘n kommersiele kosprodusent afgemaai! Plaas moet verkoop word en hele werksmag sonder werk en heenkome. Sterkte aan hierdie familie.

Martie ·

Dit is so hartseer. Ons is familie van die Boer – skielik is dit nie meer ‘ net nog ‘n Boer’ nie…dit is ‘n man met ‘n vrou,kinders en kleinkinders. Hoeveel mense moet nog vermoor word voordat iemand gaan ingryp! Dit moet nou end kry!

SNEL ·

Jammer dat n man, pa en oupa sy lewe so onnodig moes verloor. Baie sterkte aan almal van julle.

Andre Marais ·

Martie Ek lees dat Jy Familie is van die “Iemand” (met Respek gesê en Ek verwys na die “64 Jarige Boer 25 Kilometer buite Krurman”) wil Ek eerstens Ons Innige Meegevoel uitspreek en Bid vir Julle wat deur hierdie Beproewing moet gaan.
Ek sê nou al vir Jare dat daai “Iemand” wat daar altyd na verwys word is wat my so Bang (NEE KWAAD) maak want wanneer word daai Iemand wat ons altyd van hoor en of dan van lees ‘n Familie Lid: ‘n Pa, ‘n Ma, ‘n Vrou, ‘n Kind of dan selfs net ‘n Goeie Dierbare Vriend/in en so moet Ons sit en wag en toekyk hoe gebeur dit Daagliks (op Groot Skaal sou Ek dink) en die gevoel is dit beweeg al hoe nader na Ons toe want as daar ‘n lysie moet opgetrek word van Mense wat “Iemand” geken het wat Vermoor is gaan die meerderheid van Ons Hulle Name op daai Lysie griffel.
Ek is in Besigheid al vir 38 Jaar en het ook ‘n Dierbare Moeder en Vrou en Kinders en Kleinkinders en ‘n Sussie (wat Plaas Boere is al vir 35 Jaar) en ALMAL van Ons het “Iemand” geken of weet van “Iemand” wat Vermoor is en dit is ‘n Baie Hartseer Verhaal.
Rus in Vrede “64 Jarige Boer”

LEON ·

SARIE

MOEINIE WORRY OOR LEON VAN NIEROP NIE ,HY WENS HY WAS BEROEMED SOOS STEVE.

Sarie Ferreira ·

.Ek hoop net jy weet darem wat in die land aangaan en leef nie ook in ontkenning soos die meeste libs nie. Hierdie moord is n duidelike bewys dat hierdie moorde op ons boere nie gewone misdaad is nie maar inderdaad volksmoord soos bevestig deur dr. Gregory Stanton van Genocide Watch.

pieter ·

Sterkte aan die familie met die verlies – ek dink da moet dringend n kommisie aangestel word om te bepaal waar kry die misdadigers di vuurwapens want elke misdaad in die land is da onwettige vuurwapens ,luukse voertuie ,blouligte,somtyds polisie uniforms ens betrokke en dit moet dringend gedoen word in ons tronke is gevangenis begin da la hul verduidellik wa hul dit gekry het en ondersoek da verder

Henk Venter ·

Ons moet begin daarop aandring dat die polisie weer mense aankla van betreding wat steeds `n misdaad is maar deur die polisie geignoreer word. Mense oortree net waar hulle wil en kan so hulle gruweldade behoorlik beplan.

Annatjie ·

My meegevoel aan die Gesin en familie, mag die Here jul Omarm en vertroos!

Pierre Rossouw ·

My innige simpatie met die familie. Ons dra julle aan ons Hemelse Vader op.

Kaaiman ·

Daar is net een ding wat gaan werk teen plaas- en dorpsaanvalle (wat terloops net soveel voorkom as plaasaanvalle): Wees gereed, moenie dom/braaf wees om uit te gaan as jy iets hoor nie. Skerp jou eie veiligheid op, neem beheer van jou situasie en jou mense om jou s’n, bewapen jouself en skiet terug. Die vyand is lafaards – hoekom kom hulle gewapen snags of net wanneer jy verras kan word – en waar teikens teruggeveg het, hol hulle weg! Ons het dit in die doodsakker op die grens ondervind: Hulle lê hinderlaag, jy stap in, hulle skiet, jy skiet terug en dood ‘n paar, die res hardloop. Vra maar die ouens wat daar was. Maar, WEES GEREED MET GOEIE SEKURITEITSMAATREëLS!

Janine ·

Hou ons asb op hoogte. Wat was die motief? Dat hy blank was? My innige simpatie aan die familie. Van die laaste 10 begrafnisse wat ek bygewoon het, was 8 mense vermoor insluitende my broer se twee kinders en my vriendin se dogter en skoonseun. Dis hartverskeurend.

Peet Rademan ·

Sterkte aan die familie het ook n friend verloor en begrawe die week mens se hart is baie seer daar is niks wat n mens se hartseer kan weg vat nie dit is net tyd wat dit sal ligter maak .Die friend sal altyd in n mens se gedagtes wees maar as n mens n pa of n friend , man , pa, seun op sô manier verloor maak dit n mens baie kwaad want hoekom hy het niks aan die persoon gedoen wat hom geskit het sterkte aan ons boere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.